
Uitgewers word uitgenooi om boeke in te skryf vir die Jan Rabie-Rapportprys 2026 vir debuut- of tweede prosawerke in Afrikaans. Die prys maak deel uit van die Netwerk24 kykNET Rapport boekpryse en word jaarliks toegeken.
Die doel met die prys is om erkenning en blootstelling te gee aan nuwe en opkomende skrywers wat opwindende belofte toon in hul werk, en om hulle aan die begin van hul skrywersloopbaan finansieel te ondersteun. Die prysgeld beloop R200 000.
Die sperdatum vir inskrywings is Donderdag 27 November. Boeke wat ná hierdie datum verskyn, moet die koördineerder teen Dinsdag 6 Januarie 2026 bereik.
REËLS
- Volwasse Afrikaanse romans, novelles en kortverhaalbundels wat vir die eerste keer tussen
1 Januarie 2025 en 31 Desember 2025 gepubliseer is, kom in aanmerking vir die prys. - Die prys word beperk tot debuut- of tweede prosawerke.
- ’n Tweede werk deur ’n skrywer wat reeds die Jan Rabie-Rapportprys gewen het, sal nie oorweeg word nie.
- Skrywers se toestemming moet in alle gevalle vooraf verkry word.
- Boeke moet oorspronklik in Afrikaans geskryf wees en moet die skrywer se eie werk wees. Indien ’n boek gelyktydig in Afrikaans en Engels verskyn het, kom die Afrikaanse uitgawe in aanmerking vir die prys mits dit deur die skrywer self geskryf of vertaal is.
- Geen selfpublikasies word oorweeg nie.
- Bundels met meer as een skrywer word nie oorweeg nie.
- Die besluit van die keurders is finaal. Geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
- Indien ’n boek op die kortlys is, sal die uitgewer versoek word om die volgende te verskaf:
- ’n jpeg van die omslag
- ’n onlangse hoëresolusiefoto van die skrywer
- Geen inskrywingsfooi is betaalbaar nie.
- Voltooide inskrywingsvorms (elektronies aangestuur) sowel as vyf eksemplare van elke boek moet die koördineerder bereik teen die sperdatum: Donderdag 27 November 2025.
Inskrywingsvorms is verkrygbaar by die koördineerder:
Anita van Zyl
anita@vanzylpr.co.za
083 709 6677
Lees ook:

