Leefstyl
Stimuleer jou sintuie en leef jou uit: LitNet se ruimte vir elke leefstyl-voorkeur.
Stimulate your senses and express yourself: LitNet makes room for every lifestyle preference.
Pareltjes uit Amsterdam: De Hollandsche Manege
2025-05-04Oudkorrespondent Johan Allers woon al vir langer as drie dekades in Amsterdam. Nou afgetree, spring hy gereeld op sy fiets op soek na nuwe en ou pareltjes uit Amsterdam. In die volgende video in hierdie weeklikse reeks besoek hy die oudste perdeskool in Nederland. De Hollandsche Manege is in die hartjie van Amsterdam geleë.
Persverklaring: Pieter Madibuseng Odendaal – Ontaard, die album | Musiekvideo- en albumvrystelling op 5 Mei 2025
2025-05-02Ontaard is Odendaal se debuut spoken word album, gebaseer op sy beprese digbundel met dieselfde titel. Die woorde was telkens die impuls vir die musiek, sodat elke snit ’n refleksie van die vibe van die spesifieke gedig is. Die genre-invloede is daarom divers – van jazz tot klassiek, inheemse musiek tot dubstep, amapiano tot rock. Alhoewel Odendaal die meeste van die musiek self gekomponeer het, en ook die klavier op die album speel, het verskeie kunstenaars meegewerk om die klanklandskap op Ontaard te skep.
Persverklaring: Aasvoëls-kortfilm gaan Cannes toe
2025-05-02Die Suid-Afrikaanse kortfilm Aasvoëls, deur die skrywer en regisseur Dian Weys, is amptelik deur die 78ste Cannes Filmfees gekies om vir die Kortfilm Palme d’Or (Goue Palm) te kompeteer. Die filmfees, wat jaarliks aan die Franse suidkus plaasvind, word as die wêreld se mees gesogte filmfees beskou.
Wêreldtrekklavierdag 2025 in die Endlersaal: ’n gesprek met Leon Oosthuizen en ander entoesiastiese trekklavierspelers
2025-05-02"Die gehoor gaan van die mooiste Afrikaanse musiek hoor, gesing deur die Stellenbosse jeug, en werke met die akkordeon – van klassieke tot volksmusiek."
Kwiksilwers: ’n onderhoud oor die film
2025-05-02"Die ware 'hoofkarakter' in hierdie film, Kwiksilwer, die vintage Ford Granada, is nie sommer enige kar nie. Vir Elsabe Marais (Lida Botha) is dit ’n tydkapsule vol herinneringe aan haar oorlede man, wat gereeld saam met haar avonture in dié motor aangepak het."
A sense of direction
2025-05-01"I asked if I could interview him about directing before he returned home, and he readily agreed. I opened a bottle of Beaujolais Nouveau and turned on the tape recorder. I was 32 and Athol was 49."
Suidoosterfees 2025: Hortjies dig, ’n onderhoud met Joanie Combrink en Chris van Niekerk
2025-04-30"As jy soos Peter Blum en soos ons nog kan verwonderd staan oor ’n kunstenaar se briljantheid met woorde en die nuutheid van ’n ongewone taalskepping, en as die liefde in al sy vorme nog jou oë kan laat blink, dan is hierdie toneelstuk vir jou."
Suidoosterfees Junior 2025: Woordedief, ’n onderhoud met Margit Meyer-Rödenbeck
2025-04-30"Kinderteater is van 3 tot 103. Dis so lekker om te sien hoe die kleintjies hulle verkneukel, en daar is baie gehoordeelname. Jy sal sien: As jy kom kyk, gaan jy nie net kan bly sit nie!" Woordedief is gebaseer op Best Books van NB-Uitgewers se reeks boekies wat geskryf is met die oog op voorgeskrewe tekste vir die Grondslagfase.
In gesprek met Kathie Viljoen oor 2025 SOF Junior, ’n deel van die Suidoosterfees
2025-04-29Kathie Viljoen is een van die mense wat stil-stil werk om jongmense in die teater te kry tydens die Suidoosterfees. Izak de Vries het met haar gesels oor die Leesfees wat aangebied word deur Penguin Random House en deur die AON en SOF geborg word.
Jazz in die Baai: ’n Fotogalery
2025-04-29"Jazz is ’n enorme deel van die Baai se identiteit. Dalk moet ’n mens terugstaan en sê musiek is die hartklop van die Baai."
Persverklaring: RSG Radioteater se Konneksie op Donderdagaand 1 Mei om 20:00
2025-04-29Marion Erskine se Konneksie is die wendrama van die 2024 RSG Radiodramaskryfkompetisie in samewerking met die ATKV.
Persverklaring: Afrikaans 100 Vlugskrifte deur Klinkklaar Vokale en Instrumentale Ensemble by NALN op 13 Mei 2025
2025-04-29Op 8 Mei 2025 word die honderdste bestaansjaar van Afrikaans as amptelike taal gevier. Met hierdie viering in gedagte, het verskeie kunstenaars besluit om projekte rondom die getal 100 te loods. 100 Vlugskrifte word op 13 Mei 2025 om 18:00 by NALN aangebied en meer as veertig digters se werk is in die toonsettings gebruik.
Pareltjes uit Amsterdam: Hanlie Retief aan’t Keizersgracht
2025-04-27Oudkorrespondent Johan Allers woon al vir langer as drie dekades in Amsterdam. Nou afgetree, spring hy gereeld op sy fiets op soek na nuwe en ou pareltjes uit Amsterdam. In die volgende video in hierdie weeklikse reeks gesels hy met Media24-joernalis Hanlie Retief. Hanlie was in Maart en April 2025 die "Joernalis in die Huis" op Keizersgracht.
Persverklaring: Maak só vir ’n gerieflike, onvergeetlike Suidoosterfees-ervaring
2025-04-25Van 30 April tot 4 Mei word ’n groot toeloop van feesgangers by die Kunstekaap in Kaapstad verwag. By vanjaar se fees is kuns álles en feesgangers kan gerus die volgende wenke in gedagte hou vir ’n gerieflike ervaring propvol onvergeetlike indrukke wat die gees nog lank gaan voed.
Suidoosterfees 2025: Proscenium-jeugteater in die kalklig
2025-04-25"Niks kom ... by ’n lewende opvoering nie, so kom kyk by die Suidoosterfees na die Proscenium Jeugteater in die kykNET Kamer. Toegang is gratis. Daar is vier groepe wat elkeen drie keer optree en die vier stukke saam in elke groep duur nie langer as ’n uur nie."
’n Mohammedaan en sy vark
2025-04-25"Op die skinkbord is ’n rooi hoop rys. En bo-op sit ’n heelgekookte hoender met ’n rooi roos in sy bek. 'What the ... ?' vra Mohammed in lettergrepe."
The ephemeral nature of things: ’n onderhoud oor ’n kunsuitstalling, die natuur en die kortstondigheid van die lewe
2025-04-25"Ek dink nie dat ek probeer om die kyker se verhouding met die aarde te verander nie, soseer as wat ek probeer om aandag te vestig op die feit dat die gevoelens van verlies en rou wat hulle moontlik ervaar, te wyte kan wees aan klimaatdroefheid. Vir my is dit belangrik om ’n gemeenskap van sorg te bou – vir mekaar en vir die wêreld. Om te weet dat ’n mens nie alleen in jou rou is nie, is belangrik."
Suidoosterfees 2025: Stormkaap: Kom drome andersom uit?: ’n onderhoud met Nathan Trantraal, André Trantraal en Ashley Marais
2025-04-24Maryke Roberts gesels met Nathan Trantraal, André Trantraal en Ashley Marais wat vanjaar by die Suidoosterfees onder die tema, Stormkaap: Kom drome andersom uit? uitstal. Dis die trio se eerste groot openbare uitstalling saam.
Persverklaring: Dans gaan jou na "woorde laat gryp" by Suidoosterfees
2025-04-24Produksies op die Suidoosterfees se dansprogram beloof om vanjaar weer mense te betower met aanskoulike tegnieke en passies. Figure of 8-dansteater, een van Kaapstad se voorste geselskappe, sorg saam met Suidoosterfees vir verskeie hoogtepunte op die dansspyskaart van 30 April tot 4 Mei.
Carlo Daniels in eenmanstuk van Kafka, Die uitweg, by die Suidoosterfees te sien
2025-04-24"Die stuk is baie opwindend. Dit verdien sy plek op die verhoog; dit gryp die verbeelding aan, maar dit handel ook oor temas van armoede, klas en baie ander aspekte van die lewe binne in ’n sisteem."
