Leefstyl

Stimuleer jou sintuie en leef jou uit: LitNet se ruimte vir elke leefstyl-voorkeur.
Stimulate your senses and express yourself: LitNet makes room for every lifestyle preference.

Die nuusmakers: Nuwe kykNET-dramareeks het tonge los

Maryke Roberts, Rolanda Marais kykNET Portaal 2025-06-24

Rolanda Marais gesels met Maryke Roberts oor haar rol in die nuwe kykNET-reeks, Die nuusmakers: "Kykers soek iets vars. Ons het nog nooit so ’n aktuele drama gehad wat soveel politieke en sosiale waarhede van ons land aanspreek nie. Om ’n blik agter die skerms van ’n nuuskantoor te kry, om die gesprekke tussen joernaliste te sien – hoe besluit word wat nuuswaardig is en wat nie – is vir my baie fassinerend."

Toorkombuis: ’n onderhoud met Karen Hart

Naomi Meyer, Karen Hart Kos en wyn 2025-06-23

"Maar wanneer ek nou terugdink, het kook en bak my baie vroeg al gefassineer. Ek kan baie ver terug onthou – van my eerste herinneringe strek so ver terug as toe ek as tweejarige in Shannon op ’n plot buite Bloemfontein gebly het."

Deel en wees deel: Toyota Stellenbosch Woordfeesprogrambekendstellingsfunksie 2025

Naomi Meyer, Lasché van Heerden Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-06-20

Die Toyota Stellenbosch Woordfeesprogrambekendstelling het op 19 Junie 2025 plaasgevind. Hier is enkele foto’s van die geleentheid en vanjaar se program. Kom deel in alles wat op die spyskaart is.

Persverklaring: Die 13de kykNET Silwerskermfees beloof ’n betowerende ervaring

LitNet kykNET Portaal 2025-06-20

“Die Silwerskermfees bring denkers, doeners, makers en towenaars oor generasies en provinsies heen saam in die naam van film,” sê Waldimar Pelser. Vanjaar vind die fees van Woensdag tot Saterdag, 20 tot 23 Augustus, by die Bay Hotel en Theatre on the Bay in Kampsbaai plaas.

Persverklaring: Toyota Stellenbosch Woordfees 2025 – programbekendstelling

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-06-20

Die 2025 Toyota Stellenbosch Woordfees is gisteraand op onvergeetlike wyse bekendgestel by die elegante Lanzerac-wynlandgoed in Stellenbosch, waar media en borge bymekaargekom het om die amptelike bekendstelling van vanjaar se feesprogram te vier.

Persverklaring: Momentum Aardklop kyk terug en vereer ...

LitNet Aardklop 2025-06-19

Die program vir 2025 se Momentum Aardklop-fees, #DieKunsVanFees, is pas bekendgestel.

Press release: Access, support and opportunity forged my path to Khayelitsha Fashion Week

Marlene le Roux Lifestyle and entertainment 2025-06-19

"To top it all, Khayelitsha Fashion Week gave me the courage to walk the runway without my crutches! Draped in the beautiful designs of the highly talented local creatives!"

Program: Etienne van Heerden Veldsoirée

LitNet Etienne van Heerden Veldsoirée 2025-06-19

Kom word deel van ’n besonderse ervaring.

Daar is ’n witvlerknagtegaal wat net in Sanskrit sing

Dominique Botha LitNetKanaal op YouTube 2025-06-19

Hierdie voordrag deur Dominique Botha word as deel van die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad aangebied. Dit is oorspronklik tydens verlede jaar se Etienne van Heerden Veldsoirée op 20 Augustus 2024 te Nxuba (Cradock) gehou.

Persverklaring: RSG Radioteater, Die laaste ontsnapping op Donderdagaand 19 Junie om 20:00

LitNet Leefstyl 2025-06-17

Die meeste mense is geïnteresseerd in die tronk. Die skrywers van Die laaste ontsnapping, Stefaans Coetzee en Annerle Barnard, wil luisteraars ’n blik in daardie onbekende wêreld gee.

Persverklaring: Momentum Aardklop stel sy program vir 2025 bekend

LitNet Aardklop 2025-06-13

Momentum Aardklop se program vir 2025 is pas bekendgestel! Die fees vind vanjaar van 7 tot 12 Oktober oudergewoonte in Potchefstroom plaas. Daar is komedie, drama, tragikomedie, musiek in bykans elke denkbare genre van klassiek tot voetestamp, en vermaak vir die jonger geslag. Daar is gesprekke, laatnagkuiers, kos te kus en te keur, tienertoneel, rondleidings en boeke vir Afrika. Daar is legendariese name, en nuwe name waarvan kennis geneem moet word. Daar word teruggekyk en vereer, en vorentoe gekyk en geïnnoveer.

Toorkombuis: Ek onthou vir Mamma – en haar peppermint crisp-tert

Karen Hart Kos en wyn 2025-06-12

"My ma kon nie bak om haar lewe te red nie. ... Deel van haar pligte as skoolhoof se vrou was om reg te staan met koeke en terte vir funksies en verjaardae in die personeelkamer. Ek weet nie hoe nie, maar op die een of ander manier het sy oorleef. ... Een van haar reddingsboeie was daardie peppermint crisp-tert wat nou nog by my spook."

Die vrou met die trollie

Zalman Davis Reis 2025-06-12

"Sy staan die meeste oggende aan die einde van Phạm Văn Đồng-pad, naby ’n elektriese paal met ’n plastieksak daaraan vasgebind. ’n Bejaarde vrou. Sy dra altyd dieselfde koniese hoed, dieselfde wit handskoene en beweeg met dieselfde skewe stap. Sy loop vinnig, maar sonder om te jaag. Haar trollie, bymekaargehou met tou en geroeste draad, rol voor haar uit en maak ’n skuurgeluid met elke stoot."

Press release: La ronde at the Baxter from June 20 to 12 July

LitNet Lifestyle and entertainment 2025-06-11

Nothing is quite as it seems in Arthur Schnitzler’s provocative play La ronde, directed by Leila Henriques, as it heats up the Baxter Studio stage this winter from 20 June to 12 July 2025. Far more than an erotic carousel, the play exposes the transactional nature of modern relationships, where the lines between agency, desire and self-worth are constantly blurred.

Persverklaring: RSG Radioteater, Broodlyn op Donderdagaand 12 Junie om 20:00

LitNet Leefstyl 2025-06-11

As kind het Franklyn die besluit gemaak om nooit weer onder die broodlyn te lewe nie. Hy sal self bepaal waar die broodlyn lê, maar regverdig die doel altyd die middele?

Annie+Helen, ’n drama oor Helen Keller

Maryke Roberts Teater 2025-06-11

"Die bekroonde akteur Willem Dafoe het op ’n keer gesê: 'Goeie teater daag ons denkwyse uit en moedig ons aan om te fantaseer oor die wêreld waarvan ons droom.' Hierdie stelling is waar vir baie klassieke teaterstukke, maar beslis van toepassing op die pas bekroonde Annie+Helen, ’n drama oor Helen Keller wat vanjaar by die KKNK op Oudtshoorn gedebuteer het."

Persverklaring: Deon Maas se kunsuitstalling Ou koeie open op 14 Junie 2025 by die Breytenbach Galery

LitNet Kuns 2025-06-11

Met sy uitstalling Ou koeie gebruik filmmaker, joernalis en skrywer Deon Maas oorspronklike koerantfoto’s, spuitverf en fotostate om kommentaar op die Suid-Afrika van die 1970’s en 1980’s te lewer, en herroep hy momente en mense uit dié stormagtige jare. Dit open op 14 Junie 2025 om 13:00 by die Breytenbach Galery in Wellington, met akteur Gerard Rudolf as openingspreker.

Skermgreep: The Phoenician scheme – ’n filmresensie

Leon van Nierop Film 2025-06-10

"Wat is reg en wat is verkeerd? Vra die rolprent. In The Phoenician scheme is daar baie verkeerd! Dit skep ’n teelaarde om ’n rolprentavontuur te begin wat slegs by Anderson se dissipels sal aanklank vind."

Persverklaring: Dié skrywers haal die 2025 Stellenbosch Woordfeeskortverhaalbundel

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-06-10

Drie-en-twintig verhale is gekies vir publikasie in die tiende Stellenbosch Woordfeeskortverhaalbundel. Vanjaar se kompetisie het 329 inskrywings gelok. Die algehele wenner sal by die bundelbekendstelling by vanjaar se Stellenbosch Woordfees aangekondig word. 

Persverklaring: Die tragiese saak van Pamina Vermaak – boek tot skerm: ’n bespreking, 11 Junie, Oude Leeskamer

LitNet Boeke en skrywers 2025-06-09

Die gewilde trefferboek deur Annie Klopper, Die tragiese saak van Pamina Vermaak, waarop die film gegrond is, is in 2018 gepubliseer en vyf jaar later omskep in ’n film deur Kabous Meiring. Sluit op Woensdag 11 Junie om 18:00 by ons aan in Jannie se Leeskamer vir ’n bespreking met regisseur, Kabous Meiring, draaiboekskrywer, Bibi Slippers en skrywer, Annie Klopper.

Top