Leefstyl

Stimuleer jou sintuie en leef jou uit: LitNet se ruimte vir elke leefstyl-voorkeur.
Stimulate your senses and express yourself: LitNet makes room for every lifestyle preference.

Persverklaring: Klein Karoo Klassique Galakonsert beloof musikale bekoring

LitNet Musiek 2025-07-31

Maestro Richard Cock en die Kaapstadse Feesorkes is terug op die verhoog by Klein Karoo Klassique. Die immergewilde Charl du Plessis Trio en opkomende operaster Nonhlanhla Yende sluit by hulle aan vir die Klein Karoo Klassique Galakonsert op Saterdag 9 Augustus om 19:30.

Unruly: ’n teaterresensie

Maryke Roberts Teater 2025-07-31

"Ek verstaan weldra die rede vir die diep asemhaal, want die onderwerp is ’n vlambare een: Mense is óf teen bobbejane óf vir hulle. Daar is min draadsitters. Elkeen daar ken iemand of is self die slagoffer van bobbejane se verwoesting in huise en tuine."

Emily Hobhouse en Olive Schreiner: Twee koppiges in die Karoo

Elsabé Brits Etienne van Heerden Veldsoirée 2025-07-30

"Enigmaties en eksentriek. Twee koppige vroue inderdaad. Beide is gebore in die Victoriaanse era. Olive was vyf jaar ouer as Emily, wat in 1860 gebore is."

Persverklaring: TV-benoemings vir vanjaar se kykNET-Silwerskermtoekennings 2025 bekend

LitNet kykNET Portaal 2025-07-30

Elke jaar gaan die gesogte kykNET-Silwerskermtoekennings vir Film en TV net van krag tot krag. En vanjaar se televisiebenoemdes, wat verskeie genres en formate insluit, weerspieël weer eens die uitsonderlike talent en kreatiwiteit in die Afrikaanse vermaaklikheidslandskap.

Persverklaring: ’n Liefdesgeskiedenis – ’n RSG-middagvervolgverhaal uit die argief

LitNet Leefstyl 2025-07-29

’n Liefdesgeskiedenis is RSG se volgende middagvervolgverhaal. Luisteraars kan vanaf Maandag 4 Augustus op weeksdae om 14:45 inskakel vir ’n verhaal vol romantiese intrige. Dié argiefopname is ’n juweel uit die ryk geskiedenis van radiovervolgverhale in Afrikaans. Dit is ook ’n huldeblyk aan die groot geeste wat die weg gebaan het vir vervolgverhale om vandag nog te floreer.

The Barber of Seville by Theatre on the Bay: ’n onderhoud met William Berger

Naomi Meyer, William Berger Teater 2025-07-29

William Berger bied ’n luisterryke voorsmakie – letterlik! – van wat die gehoor van hierdie vermaaklik opera binnekort sal kan aanhoor. Lees en luister ’n onderhoud met William Berger, die bekroonde baritonsanger, wat die rol van Figaro sal vertolk.

Press release: Cape Town Opera presents Rossini’s The Barber of Seville at Theatre on the Bay, directed by Sylvaine Strike

LitNet Lifestyle and entertainment 2025-07-29

Cape Town Opera brings Rossini’s beloved comic masterpiece The Barber of Seville to Theatre on the Bay from 5 to 17 August 2025 in a vibrant new production directed by acclaimed theatre-maker Sylvaine Strike.

Seen elsewhere: The best Veldsoirée

Melissa Riordan Etienne van Heerden Veldsoirée 2025-07-29

"We are so blessed to live in a country with minds like the ones encountered here."

Speelgoed van glas: ’n teaterresensie

Maryke Roberts Teater 2025-07-29

"[D]ie toneelstuk – een wat Tennessee Williams in die veertigs ’n ster-teksskrywer gemaak het – is eintlik ’n bietjie van ons almal se storie. Scheepers se oorspronklike vertaling in Afrikaans het dieper gesny as wat ek aanvanklik sou besef. ... En as jy kans kry, gaan kyk beide die Afrikaanse en die Engelse stuk – dit sal twee verskillende gewaarwordinge meebring."

Persverklaring: Showmax se Diepe waters-span maak hul harte oop vir dierewelsyn op Mandela-dag

LitNet TV 2025-07-28

"Diere het nie 'n stem nie. Ons moet hul stemme wees. Al wat hulle gee, is liefde, en hulle verdien dieselfde."

Persverklaring: Vrede in aksie, vroue neem voortou vir eenheid en genesing by Kunstekaap

LitNet Teater 2025-07-22

Vanjaar se Vrouefees bied ’n kragtige tapisserie van stemme, kunste, musiek, literatuur en geleefde ervarings, met aktiwiteite wat regstreeks fokus op die dringende behoefte aan genesing en hoop.

’n Resensie van Hoofseun deur Tollie Parton

Hermione le Roux-Ellis Teater 2025-07-21

"Wat beteken dit om queer en Afrikaans te wees? Verskil ons werklik so baie van mekaar? En hoe het die hoofseun hoofmeisie geword?"

Toorkombuis: ’n Kerrie-warm tuiskoms

Karen Hart Kos en wyn 2025-07-21

"Wanneer my klante smiddae vyfuur hul kosbestellings kom afhaal, raak ek skaam vir die chaos in my klein kombuisie na die dag se kokery. Maar al waaroor hulle kan praat, is die wonderlike geure wat in my huisie hang. En op dié Sondagaand is dit, saam met die kerrie, die onthou wat warm om my hart kom lê."

Wil jy kaartjies na Jo Black se vertoning wen?

LitNet Musiek 2025-07-20

Die teater gee twee kaartjies weg aan ’n gelukkige LitNet-leser. Jy en ’n metgesel sal dan een van hierdie geleenthede gratis kan bywoon.

Food for a purpose: ’n onnerhoud met Naslie Khan

Tasneem Daniels, Naslie Khan Leefstyl 2025-07-20

"Die food industry het die krag om ekonomieë aan te dryf, kulture te vier, gesondheid te bevorder én ’n verskil te maak in mense se daaglikse lewe." Tasneem Daniels gesels met Naslie Khan.

’n Gedetailleerde program van die Etienne van Heerden Veldsoirée

LitNet Etienne van Heerden Veldsoirée 2025-07-18

Die Etienne van Heerden Veldsoirée vind plaas van 25 – 27 Julie 2025. Hier volg ’n gedetailleerde uiteensetting van die sprekers, hulle onderwerpe, wanneer hulle optree en waar hulle optree.

Uitnodiging: Om ’n bordjie kos

LitNet Kuns 2025-07-17

Kom woon die opening by op Saterdag 19 Julie om 11:00 by die Breytenbach-galery.

Vrystaat Kunstefees 2025: Toor | Bos – an interview / ’n onderhoud

Naomi Meyer, Dineke Orton Feeste 2025-07-17

"Slippers and Roodt each chose one of Van Schalkwyk’s artworks and, with exceptional skill, pieced together a poem that relates directly to the chosen work." | "Slippers en Roodt het elk een van Van Schalkwyk se kunswerke gekies en met uitsonderlike vaardigheid ’n gedig geskep wat direk verband hou met die gekose werk." 

Persverklaring: Koormusiek met hart by Klein Karoo Klassique

LitNet Musiek 2025-07-16

"Musiek wat met die hart praat – toeganklik, roerend met diep menslikheid." Dít is wat liefhebbers van koormusiek volgens die gevierde koorleier André van der Merwe kan verwag wanneer 65 koorlede van die Voces Cordis-koor op Sondag 10 Augustus om 12:30 vir die eerste keer op die verhoog by Klein Karoo Klassique verskyn.

Dis waaroor teater gaan: Ma skryf matriek in die Baai

Izak de Vries Teater 2025-07-16

"Waar PG du Plessis ons na die Afrikaner-adel se voorkamer geneem het, neem Louis  de Villiers se stuk ons na die sit- en eetkamer van die Afrikaner-middelklas. En dis die punt. Ons kén die mense op die verhoog."

Top