
LitNet wil graag interessante, mooi, snaakse of selfs hartseer stories hoor oor julle troues. Wat was spesiaal aan julle geleentheid? Daar is ’n prys van R2 000 te wen vir die beste vertelling.
Hoe gaan dit werk?
- Stuur jou skrywe na izak@litnet.co.za.
- Die voorgestelde lengte is ongeveer 600 woorde. Langer en korter verhale sal wel oorweeg word, maar voorkeur sal verleen word aan verhale met keurige taalgebruik.
- LitNet se redaksie sal die wenner aankondig. Daar sal geen korrespondensie oor die uitslag gevoer word nie.
- ’n Foto van julle geleentheid sou gaaf wees, maar vermy asseblief foto’s met kinders op, tensy daardie kinders nou reeds volwasse is. Laat ons weet wie die fotograaf is, sodat ons hulle naam kan noem.
- LitNet behou die reg voor om inskrywings nie te plaas nie.


Kommentaar
Reg so; op soek na vraestelle.
Goeiedag! Dankie vir jou navraag. Daar is heelwat vraestelle op LitNet beskikbaar en dit kan help met eksamenvoorbereiding. Hier is 'n skakel na die indeks van vraestelle waar alles op een plek bymekaar is: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/. Die vraestelle is ingedeel volgens graad en vakgebied. Blaai daardeur om te sien wat beskikbaar is en klik op die skakels om die vraestelle en memoranda gratis in PDF af te laai. Sterkte met die voorbereiding! Groete, Naomi Meyer, senior inhoudsbestuurder