Leefstyl
Stimuleer jou sintuie en leef jou uit: LitNet se ruimte vir elke leefstyl-voorkeur.
Stimulate your senses and express yourself: LitNet makes room for every lifestyle preference.
Persverklaring: Die tragiese saak van Pamina Vermaak – boek tot skerm: ’n bespreking, 11 Junie, Oude Leeskamer
2025-06-09Die gewilde trefferboek deur Annie Klopper, Die tragiese saak van Pamina Vermaak, waarop die film gegrond is, is in 2018 gepubliseer en vyf jaar later omskep in ’n film deur Kabous Meiring. Sluit op Woensdag 11 Junie om 18:00 by ons aan in Jannie se Leeskamer vir ’n bespreking met regisseur, Kabous Meiring, draaiboekskrywer, Bibi Slippers en skrywer, Annie Klopper.
Persverklaring: ATKV-DigiToneel – Top-8 gereed
2025-06-09Die ATKV se gewilde TV-realiteitsreeks Gekies vir die kollig keer in 2025 vir die vyfde keer terug na jou skerm – en vanjaar is die tema eenvoudig onweerstaanbaar: magneties. Soos hemelliggame wat mekaar aantrek in ’n perfekte wentelbaan, is agt uitsonderlike jong akteurs vanjaar gekies om na die stel van dié realiteitsreeks genooi te word, waar hulle hul finale treë gaan gee voordat die kameras vir hierdie seisoen begin rol.
Press release: Schreiner Karoo Writers Festival, 19–21 June 2025
2025-06-05The Schreiner Karoo Writers Festival is an annual literary celebration held in Cradock, South Africa, featuring writers mainly from the Karoo. Evening gatherings often include dinner-theatre performances, fireside chats, and open mic sessions, complemented by hearty Karoo cuisine and warm hospitality.
Persverklaring: "Deel" jou skribbels en wen ’n Woordfeeservaring vir twee
2025-06-05Die 2025 Toyota Stellenbosch Woordfees vier 25 jaar van kuns, kultuur en uitdrukking met die feestema "Deel". Jy kan deel wees van die feesvieringe deur jou skribbels, skrabbels en sketse met die feesbestuur te deel, en ’n Woordfeeservaring ter waarde van R2 000 te wen.
Liefdesbriewe van Jonker en Brink in nuwe toneelstuk vervat
2025-06-04"Sy lees voor uit hul briewe; sy vertel stories oor hul verhouding en haar dogter, Simone. Sy vertel dat woorde net soos mense spook en dat haar lewe nie ’n sonskyndag is nie; dis eerder ’n onstuimige diepblou see."
Persverklaring: RSG Radioteater – Albert Maritz se Hospitaalsaal in Bloem op Donderdagaand 5 Junie om 20:00
2025-06-03In ’n oorlogshospitaal word iets van alles in ’n kookpot gegooi. En binne die vier mure is min wegsteekplek.
Bitter winter: ’n briljante stuk deur Paul Slabolepszy
2025-06-03"Paul is een van Suid-Afrika se mees gerespekteerde dramaturge. Hy is bekend vir sy karaktergedrewe stories wat spreek tot die menslike aard wat beide nasionaal en internasionaal aanklank vind."
Kleure: Nádine se stem ’n geskakeerde palet saam met Johan Heystek
2025-06-02"En wragtie, daar blaas haar optrede my vooroordele heeltemal uit my harsings uit. Ek is nou ’n fên."
Pareltjes uit Amsterdam: Formafantasma – Oltre Terra
2025-06-01Oudkorrespondent Johan Allers woon al vir langer as drie dekades in Amsterdam. Nou afgetree, spring hy gereeld op sy fiets op soek na nuwe en ou pareltjes uit Amsterdam. In die volgende video in hierdie weeklikse reeks besoek hy die geleentheidsuitstalling Formafantasma – Oltre Terra by die Stedelijk Museum.
Andries Gouws: Wat jou ook dadelik van Andries sou tref, is sy Afrikaans
2025-05-30"Dis swaar om Andries te groet, maar nie swaar om hom te hou nie."
Witwarm gesprekke, heerlike Karoo-kos en knetterende vure vir die Etienne van Heerden Veldsoirée van 2025
2025-05-30"Om van 25 tot 27 Julie 2025, in die middel van die winter, ’n klomp mense oor boeke te laat gesels in die Karoo, kan net lekker wees. Darryl David, die baasbrein van boekefeeste in Suid-Afrika, vra mooi dat almal hulle serpe en musse en jasse sal inpak teen die koue, maar die program sal mense se harte warm maak."
Ons wag vir Godot: ’n onderhoud met die vertaler Naòmi Morgan
2025-05-30Naòmi Morgan praat oor haar vertaling van hierdie bekende toneelstukteks – en oor die werk en belang van die menslike vertaler: "Vertaling is vir my soos legkaart bou (met baie, baie blou lug!): Dit neem lank om die stukkie te vind wat perfek pas. En wanneer dit gebeur, is dit ’n heuglike oomblik."
Press release: Celebrating 20 years – Stellenbosch International Chamber Music Festival 2025
2025-05-29The Stellenbosch International Chamber Music Festival boasts the largest collective of world-renowned classical musicians at any festival on the African continent. The festival will take place from 4 to 13 July at the US Konservatorium in Stellenbosch this year.
Elders gesien: Die storie agter Koos Doep se "Herman"
2025-05-28"Soos ek dit onthou het Koos en Herman mekaar net skrams geken, maar die enkele kere wat die twee mekaar by sosiale geleenthede gesien het, het hulle goed oor die weg gekom."
Persverklaring: RSG Radioteater, SD Fourie se Rooi papawer op Donderdagaand 29 Mei om 20:00
2025-05-27Met die polsende musiek, Thea se ontbloting van ou gevoelens in die dans en Anna se heftige reaksie, speel die verhaal uit. Tragedie, liefde en ’n nuwe begin met ’n enkele rooi papawer op ’n skilderdoek.
Competition: Gqeberha, we are giving away tickets!
2025-05-26The theatre is giving away two tickets to one lucky LitNet reader. You and a companion will then be able to attend this event for free.
Kompetisie: Gqeberha, ons gee kaartjies weg!
2025-05-26Die teater gee twee kaartjies weg aan ’n gelukkige LitNet-leser. Jy en ’n metgesel sal dan hierdie geleentheid gratis kan bywoon.
Pareltjes uit Amsterdam: Die mooiste fietsloods in Amsterdam
2025-05-25Oudkorrespondent Johan Allers woon al vir langer as drie dekades in Amsterdam. Nou afgetree, spring hy gereeld op sy fiets op soek na nuwe en ou pareltjes uit Amsterdam. In die volgende video in hierdie weeklikse reeks vertel Johan meer oor die fietse van Amsterdam.
"Die swart man in die vertrek!" Veteraanakteur Fahruq Valley-Omar word 80!
2025-05-23"Fahruq se veelsydigheid en ervaring as akteur kom duidelik na vore in sy vermoë om karakters goed te vertolk en hom deeglik voor te berei vir enige rol wat hy deur middel van oudisies bekom."
Die dekonstruksie van Retta Blom: ’n filmresensie
2025-05-23"Met Henriëtta Gryffenberg as draaiboekskrywer, veral na Die dinge van ’n kind, het ek hoop gehad vir Die dekonstruksie van Retta Blom."
