Leefstyl

Stimuleer jou sintuie en leef jou uit: LitNet se ruimte vir elke leefstyl-voorkeur.
Stimulate your senses and express yourself: LitNet makes room for every lifestyle preference.

Persverklaring: "Deel" jou skribbels en wen ’n Woordfeeservaring vir twee

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-06-05

Die 2025 Toyota Stellenbosch Woordfees vier 25 jaar van kuns, kultuur en uitdrukking met die feestema "Deel". Jy kan deel wees van die feesvieringe deur jou skribbels, skrabbels en sketse met die feesbestuur te deel, en ’n Woordfeeservaring ter waarde van R2 000 te wen.

Liefdesbriewe van Jonker en Brink in nuwe toneelstuk vervat

Maryke Roberts Teater 2025-06-04

"Sy lees voor uit hul briewe; sy vertel stories oor hul verhouding en haar dogter, Simone. Sy vertel dat woorde net soos mense spook en dat haar lewe nie ’n sonskyndag is nie; dis eerder ’n onstuimige diepblou see."

Persverklaring: RSG Radioteater – Albert Maritz se Hospitaalsaal in Bloem op Donderdagaand 5 Junie om 20:00

LitNet Leefstyl 2025-06-03

In ’n oorlogshospitaal word iets van alles in ’n kookpot gegooi. En binne die vier mure is min wegsteekplek.

Bitter winter: ’n briljante stuk deur Paul Slabolepszy

Maryke Roberts Teater 2025-06-03

"Paul is een van Suid-Afrika se mees gerespekteerde dramaturge. Hy is bekend vir sy karaktergedrewe stories wat spreek tot die menslike aard wat beide nasionaal en internasionaal aanklank vind."

Kleure: Nádine se stem ’n geskakeerde palet saam met Johan Heystek

Izak de Vries Musiek 2025-06-02

"En wragtie, daar blaas haar optrede my vooroordele heeltemal uit my harsings uit. Ek is nou ’n fên."

Pareltjes uit Amsterdam: Formafantasma – Oltre Terra

Johan Allers Leefstyl 2025-06-01

Oudkorrespondent Johan Allers woon al vir langer as drie dekades in Amsterdam. Nou afgetree, spring hy gereeld op sy fiets op soek na nuwe en ou pareltjes uit Amsterdam. In die volgende video in hierdie weeklikse reeks besoek hy die geleentheidsuitstalling Formafantasma – Oltre Terra by die Stedelijk Museum. 

Andries Gouws: Wat jou ook dadelik van Andries sou tref, is sy Afrikaans

Frederik de Jager In memoriam 2025-05-30

"Dis swaar om Andries te groet, maar nie swaar om hom te hou nie."

Witwarm gesprekke, heerlike Karoo-kos en knetterende vure vir die Etienne van Heerden Veldsoirée van 2025

Izak de Vries Etienne van Heerden Veldsoirée 2025-05-30

"Om van 25 tot 27 Julie 2025, in die middel van die winter, ’n klomp mense oor boeke te laat gesels in die Karoo, kan net lekker wees. Darryl David, die baasbrein van boekefeeste in Suid-Afrika, vra mooi dat almal hulle serpe en musse en jasse sal inpak teen die koue, maar die program sal mense se harte warm maak."

Ons wag vir Godot: ’n onderhoud met die vertaler Naòmi Morgan

Naomi Meyer, Naòmi Morgan Boeke en skrywers 2025-05-30

Naòmi Morgan praat oor haar vertaling van hierdie bekende toneelstukteks – en oor die werk en belang van die menslike vertaler: "Vertaling is vir my soos legkaart bou (met baie, baie blou lug!): Dit neem lank om die stukkie te vind wat perfek pas. En wanneer dit gebeur, is dit ’n heuglike oomblik." 

Press release: Celebrating 20 years – Stellenbosch International Chamber Music Festival 2025

LitNet Lifestyle and entertainment 2025-05-29

The Stellenbosch International Chamber Music Festival boasts the largest collective of world-renowned classical musicians at any festival on the African continent. The festival will take place from 4 to 13 July at the US Konservatorium in Stellenbosch this year.

Elders gesien: Die storie agter Koos Doep se "Herman"

Andries Bezuidenhout Elders gesien 2025-05-28

"Soos ek dit onthou het Koos en Herman mekaar net skrams geken, maar die enkele kere wat die twee mekaar by sosiale geleenthede gesien het, het hulle goed oor die weg gekom."

Persverklaring: RSG Radioteater, SD Fourie se Rooi papawer op Donderdagaand 29 Mei om 20:00

LitNet Leefstyl 2025-05-27

Met die polsende musiek, Thea se ontbloting van ou gevoelens in die dans en Anna se heftige reaksie, speel die verhaal uit. Tragedie, liefde en ’n nuwe begin met ’n enkele rooi papawer op ’n skilderdoek.

Competition: Gqeberha, we are giving away tickets!

LitNet Lifestyle and entertainment 2025-05-26

The theatre is giving away two tickets to one lucky LitNet reader. You and a companion will then be able to attend this event for free.

Kompetisie: Gqeberha, ons gee kaartjies weg!

LitNet Musiek 2025-05-26

Die teater gee twee kaartjies weg aan ’n gelukkige LitNet-leser. Jy en ’n metgesel sal dan hierdie geleentheid gratis kan bywoon.

Pareltjes uit Amsterdam: Die mooiste fietsloods in Amsterdam

Johan Allers Leefstyl 2025-05-25

Oudkorrespondent Johan Allers woon al vir langer as drie dekades in Amsterdam. Nou afgetree, spring hy gereeld op sy fiets op soek na nuwe en ou pareltjes uit Amsterdam. In die volgende video in hierdie weeklikse reeks vertel Johan meer oor die fietse van Amsterdam.

"Die swart man in die vertrek!" Veteraanakteur Fahruq Valley-Omar word 80!

Belinda Jackson Teater 2025-05-23

"Fahruq se veelsydigheid en ervaring as akteur kom duidelik na vore in sy vermoë om karakters goed te vertolk en hom deeglik voor te berei vir enige rol wat hy deur middel van oudisies bekom."

Die dekonstruksie van Retta Blom: ’n filmresensie

Réney Warrington Film 2025-05-23

"Met Henriëtta Gryffenberg as draaiboekskrywer, veral na Die dinge van ’n kind, het ek hoop gehad vir Die dekonstruksie van Retta Blom."

Retta Blom val uitmekaar en word stelselmatig weer heel

Maryke Roberts Film 2025-05-23

"Ek stap met dikgehuilde oë uit, maar met ’n ligte hart. Antoinette het namens elke middeljarige vrou getriomfeer. Sy het alle vrese besweer van ouer word, onaantreklik en nutteloos voel."

KwaNojoli: The origins and Our voices are left with our bodies: The early black history of KwaNojoli – an interview with Mphuthumi Ntabeni

Naomi Meyer, Mphuthumi Ntabeni Interviews 2025-05-22

"Though our focus is on black history – because it has been neglected and deliberately suppressed – we tell the entire history, including the over-represented colonial and Afrikaner history. From the booklet, you learn not only about Governor Somerset and Bruintjieshoogte, but also about what was there before the European arrival. You learn who Nojoli was, and how all these histories interlock and are joined at the hip, despite our pretensions."

Die tweede illustrasiekursus by die Breytenbach Galery in Wellington: ’n onderhoud

Naomi Meyer, Elizabeth Gunter, Anne-Ghrett Erasmus, Mia Oosthuizen Kuns 2025-05-21

"Die waarde van illustrasies by kinderboeke in onweglaatbaar groot. Dit is waar die woordstorie en die visuele storie hande vat om min woorde om te tower tot ’n groot storie wat die kind se horisonne verbreed."

Top