Leefstyl
Stimuleer jou sintuie en leef jou uit: LitNet se ruimte vir elke leefstyl-voorkeur.
Stimulate your senses and express yourself: LitNet makes room for every lifestyle preference.
Rugby of niks: Interskole kraai koning in die Boland en op jou TV
2025-01-02"Die agt episodes verken onder meer wat dit verg om vir die eerste span van Gimmies of Boishaai uit te draf, wat daardie trui vir die seuns beteken, en waar geloof en toewyding inpas."
Lost in translation
2024-12-23"Die man, met ’n kaalkop soos ’n biljartbal, maak ’n groot fout: Hy dink Google Translate kan romanse red. Sy selfoon lê op die tafel. Die skerm vol vetvlekke van sy vingers. Met die konsentrasie van iemand wat ’n bom probeer ontlont, begin hy tik."
Saskatchewan: ’n onderhoud met Thalana Tondevold
2024-12-20Thalana Tondevold, ’n Suid-Afrikaner wat die plaasdorpie Saskatchewan in Kanada haar tuisdorp gemaak het, gesels met Sonyah Holder: "Albei my ouers het op plase grootgeword. Ek pas hier in soos ’n hand in ’n handskoen. Plaaslewe help teen die heimwee wat ek soms ervaar en my verlange na Suid-Afrika."
Persverklaring: Studentedeelnemers kan nou registreer vir die 20ste Stellenbosch Internasionale Kamermusiekfees
2024-12-18Die 20ste Stellenbosch Internasionale Kamermusiekfees vind van 4 tot 13 Julie 2025 plaas en deelnemers kan nou registreer. Die fees is die enigste van sy soort in Afrika en trek jaarliks omtrent 300 studente. | The 20th SICMF will take place from 4 to 13 July 2025 and registrations are now open. The festival is the only one of its kind in Africa and draws up to 300 participants every year.
Hier.Na op DStv Box Office: ’n onderhoud met Trudy van Rooy
2024-12-18"But ultimately what helped me uncover Fairuz and all my characters in general, was working to discover our shared humanity." Trudy van Rooy gesels met Naomi Meyer oor haar rol in die kykNET Silwerskermfees-film Hier.Na, wat vanaf 16 Desember 2024 op DStv BoxOffice vir stroming beskikbaar is.
Persverklaring: Stories ingewag vir 10de Woordfeeskortverhaalkompetisie
2024-12-17Skryf nou in vir die Stellenbosch Woordfees 2025 se kortverhaalkompetisie – jy wen dalk R30 000. Hierdie bundel het ’n literêre instelling geword en "dien as ’n soort jaarboek waarmee Afrikaanse skrywers iets van die spesifieke tydsgees weerspieël met elke oes kortverhale," sê Saartjie Botha, direkteur van die Stellenbosch Woordfees.
Persverklaring: Feesprogram vir KKNK 2025 bied al die ietse
2024-12-13"Die 29ste KKNK, geborg deur Absa, is saamgestel en verpak om in alle kunsvorms en genres, vermaak vir alle ouderdomme in te sluit. Daar is iets vir almal." So sê Hugo Theart, uitvoerende hoof en artistieke direkteur van die KKNK, wat volgende jaar Dinsdag 1 tot Sondag 6 April op Oudtshoorn aangebied word.
Persverklaring en uitnodiging: Skryf in vir die ATKV se Crescendo-mentorskapprogram
2024-12-13Voornemende deelnemers aan die volgende Crescendo-projek het nog tot 31 Desember 2024 kans om in te skryf. Die ATKV-Crescendo nooi uit: "Skryf nou in! Moenie wag nie! Stuur vir ons daai liedjie wat jy self geskryf het."
One pot cookbook for South Africans deur Louisa Holst: ’n resensie
2024-12-13"Hierdie boek is saamgestel deur Louisa Holst (wat bekend is vir haar Air fryer-kookboek), en die geregte is gepas vir familie-etes. Die eenvoud van die resepte sal baie mense aanstaan. Van die disse lyk vir my te vanselfsprekend, maar vir ’n onervare kok sal dit nuttig te pas kom."
Tabby McTat: ’n onderhoud oor die Suid-Afrikaanse animasieprent wat ’n internasionale Emmy verower het
2024-12-12Sarah Scrimgeour en Jac Hamman, regisseurs van die animasieprent Tabby McTat, ’n verwerking van Julia Donaldson en Axel Scheffler se gelyknamige prenteboek, gesels met Maryke Roberts: "Oor die algemeen probeer ons om ’n film te maak wat toeganklik is, maar nie afgewater is op enige vlak nie."
Toorkombuis: Krismis met die radio en gemmerbroodmannetjies
2024-12-11"Wanneer my ouma by ons kom kuier het, moes ek smiddae halfvier saam met haar regskuif en stelling inneem by die radio vir Esmé en Jan se resepte in So maak mens. Dan moes ek fyn luister en vir haar die resep neerskryf."
Skermgreep: Civil war
2024-12-11"Moenie verwag dat Civil war ’n sensasiebeluste geskiet en bevryding van rebelle teen die despote uitbeeld nie. Dis ’n dapper, onbevreeste kyk na ’n land waarin beheer verloor is."
Press release: Comedy, music and dance make the Baxter’s 2024 festive season line-up and New Year’s Eve party
2024-12-09To usher in the summer, the Baxter’s festive season line-up for 2024 features comedy, music and dance with top South African artists, culminating in the hugely popular and exciting New Year’s Eve party on 31 December.
Persverklaring: ATKV-toneelaanbod in 2025 "magneties"!
2024-12-06Die ATKV se toneelaanbod is elke jaar verfrissend. Die toneelaanbod is nog ’n wyse waarop die ATKV belê in kreatiwiteit en verrykende stories wat gemeenskappe landswyd inspireer en bemagtig. Vanjaar bring die ATKV weer sy vier toneelprojekte na gehore onder ’n nuwe inspirasietema: "Magneties"!
ATKV-Crescendo-feesviering: foto’s en video’s van dié goue geleentheid
2024-12-03ATKV-Crescendo is reeds vyftig jaar lank ’n talentontwikkelingsprojek vir opkomende liedjieskrywers en het kunstenaars soos Anneli van Rooyen, Karin Hougaard, Jodi Jantjies en Selby Williams se loopbane afgeskop. Om die vyftigste verjaardag van die projek te vier, is twee optofgeleenthede op Vrydagaand die 29ste November en Saterdagaand die 30ste November 2024 by die Daisy Jones Bar in Stellenbosch aangebied. Pierre van Niekerk het Vrydagaand gaan foto’s neem.
Persverklaring: Uitnodiging – Rondleiding deur Jan van der Merwe, samesteller van ’n Versameling afgediende muses
2024-11-27U word hartlik uitgenooi na ’n rondleiding deur Jan van der Merwe (ook die samesteller) van die kunsuitstalling, ’n Versameling afgediende muses deur Ruhan Janse van Vuuren en Bastiaan van Stenis, op Maandag 2 Desember 2024.
Persverklaring: ATKV-Suidoosterfees-koorkompetisie – Wes-Kaapse amateurkore kan nou inskryf
2024-11-27Die ATKV en die Suidoosterfees het weer goeie nuus vir amateurkore wat gemeenskappe in die Wes-Kaap se harte met hul stemme verower. Inskrywings vir die jaarlikse ATKV-Suidoosterfees-koorkompetisie is nou oop.
Persverklaring: kykNET vier 25 jaar van wêreldklas – in Afrikaans
2024-11-26Dit het soos soveel suksesverhale klein begin, maar die droom was groot: begin ’n TV-kanaal in Afrikaans vir almal wat die taal praat. Meer nog – skep inhoud in Afrikaans wat kan meeding met die beste in die wêreld, ontdek nuwe talent voor en agter die skerms en gee vir kykers die beste moontlike kykstof.
Gordyn lig oor enkele dae vir My fair lady: ’n onderhoud met Graham Hopkins
2024-11-26Graham Hopkins gesels met Maryke Roberts oor My fair lady wat van 12 Desember tot 12 Januarie in die Kunstekaap Operahuis opgevoer word voor dit na Johannesburg en Durban reis: "Kuns is universeel en goeie kuns weerspieël die mensdom, onbeperk deur tyd en konteks. Ons moet ’n eng, hier-en-nou beoordeling van teater vermy."
Luna Paige kom huis toe
2024-11-26"Die langpad sal weer haar woning word. Hierdie toer was skynbaar ’n bevestiging en ’n erkenning aan haarself, dat sy op haar gelukkigste is wanneer sy in haar bakkie van dorp na dorp ry om op te tree."
