Uitnodiging: Om ’n bordjie kos

  • 0

ek sny die brood en drink die wyn
en hou my hart van gode rein.

- NP van Wyk Louw (Tristia)

Marthinus Versfeld, bekende filosoof, het veral klem gelê op die waarde en belangrikheid van 'n goeie bord kos en hoe dit mense bymekaar bring. In sy boek Klip en klei vertel hy dat 'n goeie kok ook ’n dokter is, “hoofsaaklik 'n sieledokter. Dit is sy taak om jou met die wêreld te versoen.”

Hy maan ons om vrolik en hoflik te wees as ons die vleis bedien, dat die vleis nie dood moet wees nie en met die gees van die mens moet herlewe, “want aan almal is ons die aarde skuldig.”

Kom woon die opening by op Saterdag 19 Julie om 11:00 by die Breytenbach-galery.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top