Leefstyl
Stimuleer jou sintuie en leef jou uit: LitNet se ruimte vir elke leefstyl-voorkeur.
Stimulate your senses and express yourself: LitNet makes room for every lifestyle preference.
Persverklaring: Christia Visser stel opvolg van "Die deur" bekend: "Ek sien jou"
2024-10-30"Die deur" het met sy vrystelling groot opslae gemaak, maar Christia het nog nie die volle storie vertel nie. Sy vertel nou die res van die storie in haar nuwe enkelsnit, "Ek sien jou". Luister dit nou op die platform van jou keuse.
Persverklaring: Wie weet waar die Willelinge woon?
2024-10-29FilosofieKafee, 1 November 2024, by die ATKV-Bôrdienghuis Teater, Breytenbach Sentrum, Wellington.
The island returns to New Brighton
2024-10-29"Antigone’s speech is always a sad moment, and King Creon’s cruelty a stark reminder that rulers need to have limits to their powers."
Persverklaring: Woordtrofees-wenners 2024
2024-10-29Die wenners van die 2024 Woordtrofees is op 28 Oktober tydens ’n toekenningsgeleentheid by die Nooitgedacht-wynlandgoed bekroon. Benewens die topboekverkopers by die EasyEquities Skrywersfees in die genres fiksie, poësie, niefiksie en leefstyl, is ’n aantal spesiale pryse toegeken, onder andere die nuwe Martie Retief Meiring-toekenning, die In verbondenheid-toekenning asook die WOW-trofees vir skool en opvoeder van die jaar.
Persverklaring – Kunsuitstalling: ’n Versameling afgediende muses open 6 November 2024 in Pretoria
2024-10-28Die amptelike opening van ’n Versameling afgediende muses, ’n kunsuitstalling met werke deur Bastiaan van Stenis en Ruhan Janse van Vuuren en saamgestel deur Jan van der Merwe, vind plaas op Woensdag 6 November 2024 by die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns in Pretoria.
Persverklaring: Saturnus verhelder Taalmonument
2024-10-28Inwoners en besoekers sal die skitterende sterrehemel – spesifiek die planeet Saturnus – van nader leer ken tydens die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) se Sterrekykpiekniek op Paarlberg op Saterdag 2 November 2024. Dit beloof om ’n feestelike aand in die beeldskone omgewing te wees; boonop is ’n pragtige sonsondergang en ’n gratis besoek aan die ikoniese beeldhouwerk ingesluit, én is die aand ten bate van ’n goeie saak.
Uitnodiging: Blink gedigte – toonsettings deur Chris du Plessis | Ampie Teater, Wellington, 2 November 2024
2024-10-28Blink gedigte – toonsettings deur Chris du Plessis vind op Saterdag 2 November om 19:00 plaas by die Ampie Teater, Breytenbach Sentrum, Wellington.
Los uit! deur Sjaka Septembir: ’n teaterresensie
2024-10-28"In Sjaka September se debuutnarrespel slaag hy meesterlik daarin om gek te skeer met die kinderlike drang om reëls te oortree en te wil vat en gryp as grootmense uitdruklik sê: 'Los uit!'"
Persverklaring: Mendelssohn se Elijah by Endlersaal in November
2024-10-25As een van die finale aanbiedings van die 2024-Endler-konsertreeks, dirigeer Johan de Villiers op 16 en 17 November twee uitvoerings van Felix Mendelssohn se oratorium Elijah. Brittany Smith (sopraan), Minette du Toit-Pearce (mezzo), Siphe Mdena (tenoor) en Conroy Scott (bariton) tree as soliste op, met laasgenoemde in die titelrol van Elija, waarvoor hy ná die 2018-Woordfees die trofee vir die beste vertolker in vokale klassieke musiek toegeken is.
Persverklaring: Die landwye Taboektoer met Bacchus Nel, Riku Lätti en Jackie Lätti – 25 Oktober tot 17 November
2024-10-24Die Taboektoer met Riku en Jackie Lätti (Wes-Kaap) en Bacchus Nel (Gauteng) begin 25 Oktober in die noorde van die land met ’n reeks konserte en boekgesprekke in Pretoria, Johannesburg, Potchefstroom, Parys, Bloemfontein, Nieu-Bethesda en St Francis. Die toer eindig by Die Koelkamers in Paternoster met ’n stewige Wasgoedlyn-program, van 15 tot 17 November.
Foto’s: NATi Jong Sterre skitter met voorlesings by New Voices
2024-10-24BASA (Business and Arts South Africa) maak mediadekking van die geleentheid moontlik. Jeremeo le Cordeur deel hier sy treffendste foto’s van elke NATi Jong Sterre-produksie wat in 2025 by die Suidoosterfees gaan debuteer.
Persverklaring: Die Proscenium-dramakompetisie se inskrywings vir 2025 het pas oopgemaak
2024-10-23Die Proscenium-dramakompetisie se inskrywings vir 2025 het pas oopgemaak. ’n Hoogtepunt waarna finaliste kan uitsien, is om ingesluit te word in die geselskap van ’n verhoogproduksie wat onder leiding van ’n professionele regisseur by een of meer nasionale kunstefeeste opgevoer gaan word.
Press release: Invitation – Muzukidz year-end concert on 27 October
2024-10-23Muzukidz is happy to announce that 2024 has been another wonderful year for our budding young violinists! And to celebrate this, we invite you to save the date for our annual year-end concert taking place on 27 October 2024 at the beautiful Hugo Lambrechts Auditorium in Parow.
Hermeneutiek: Om met jou lyf te lees en te luister
2024-10-23"Vanaf interpreteer met jou hele lyf moet ons gaan na preek en praat vanuit daardie lyf. En nee, hiermee word nie ’n soort emosionaliteit bedoel nie. Soos Danie Marais in Ek en jy bestaan nie dig: 'Wit trane is net sout / in ou wonde.'"
Persverklaring: Liza Nel verf die dorp "Rooi"
2024-10-23Rose is rooi, die kleur van liefde is rooi, en so is Liza Nel se nuwe enkelsnit ook "Rooi"! Luister dit nou op die platform van jou keuse.
An interview with Franka Kirby, one of Suidoosterfees’s NATi Rising Stars
2024-10-22"I can’t thank the leaders of the NATi programme enough for this opportunity they have presented to us."
Persverklaring: Jo Black vertel die storie van "Die brug"
2024-10-22Jo Black kán ’n storie vertel, en as hy begin sing, gee hy dieselfde storie vlerke. Hierdie keer vertel Jo Black die storie van "Die brug", en die enkelsnit is nou beskikbaar. Luister dit nou op die platform van jou keuse.
Persverklaring: STR(A)Y deur Elizabeth Gunter – ’n rondleiding deur die kunstenaar
2024-10-21’n Rondleiding van die kunsuitstalling STR(A)Y deur Elizabeth Gunter vind plaas in die teenwoordigheid van die kunstenaar op Saterdag 26 Oktober om 11:00 by die Breytenbach Sentrum in Wellington.
Persverklaring: RUK EN RYM-wenners lei nuwe, klankryke hoofstuk in
2024-10-21Die Taalgenoot-RUK EN RYM-finaal op Saterdag 12 Oktober was ’n alternatiewe smeltkroes vol vonkende talent. Volgens Jaco van der Merwe, die projek se kreatiewe regisseur was dit "baie bemoedigend om die feit bevestig te hê dat Afrikaanse musiek nié ’n genre is nie, maar dat Afrikaans as ’n taal gebruik word om op baie verskillende maniere uitdrukking te gee".
Elke naweek nogge funeral – ’n dialoog met Jitsvinger
2024-10-18"Die song beoog om die silent genocide oppie Cape Flats na die lig te bring veral tydens die political rallies wat praat van job creation en beter public service terwyl families elke naweek ’n jong familielid na die dood moet afstaan as gevolg van die ongoing gang violence." Tasneem Daniels gesels met Jitsvinger.
