Leefstyl

Stimuleer jou sintuie en leef jou uit: LitNet se ruimte vir elke leefstyl-voorkeur.
Stimulate your senses and express yourself: LitNet makes room for every lifestyle preference.

Persverklaring: Rooiwarm Kaapse jazz by vanjaar se Hermanus FynArts – 6 tot 16 Junie 2025

LitNet Feeste 2025-05-07

Volgens Ramon Alexander, wat ook die musikale direkteur van Kaapse Kabaret en We hear music is wat Junie na FynArts kom, kan "almal van jazz hou. Dis soos goeie kos."

Die Reünie in die Kelder: Valiant Swart en die Akkedis Band: ’n onderhoud met Rudi Dennis

Jannike Bergh, Rudi Dennis Musiek 2025-05-07

"Ons het saam getoer in 1998. Vier ouens, twee bands. Valiant was op dromme vir Akkedis en ek op acoustic. Dan switch ek en Valiant en word dit die Valiant Swart Band!" Hierdie Saterdag, 10 Mei, herenig Akkedis met Valiant Swart by die Lourensford Kelder in Somerset-Wes. Rudi Dennis, trom- en kitaarspeler, vertel meer oor dié geleentheid.

Persverklaring: RSG Radioteater se nuwe middagvervolgverhaal Bly hardloop op vanaf Vrydag 9 Mei om 14:45

LitNet Leefstyl 2025-05-06

Bly hardloop, deur Mari Snyman, is die nuwe middagvervolgverhaal wat op RSG begin vanaf 9 Mei, elke weeksdag om 14:45 tot 15:00.

Persverklaring: RSG Radioteater se Ken jy vir Fytjie Eland? op Donderdagaand 8 Mei om 20:00

LitNet Leefstyl 2025-05-06

Dit is juis hierdie opmerking van Malherbe wat my grootste inspirasie was om ’n teks te skep waarin ek soveel prakties moontlike variëteite van ons taal kon weergee: Griekwa-Afrikaans, Klein-Karoo-Afrikaans, Kaapse Afrikaans en die sogenaamde Standaardafrikaans.

29ste KKNK het regtig iets vir almal gehad

Maryke Roberts KKNK 2025-05-06

"Dis die tweede keer dat ek Die swartmerrie gaan kyk. Verlede jaar was ek weggeblaas; vanjaar was dit nóg beter. Dit word net voor sononder opgevoer. Dis ’n verlate treinspoor en verslete perron waar die storie ontvou. Daar is swaeltjies wat huis toe kom as dit skemer raak; die son gooi goue patrone teen die mure. Die gehoor sit ingedruk op stellasies en word deel van Simon 'Tjoekepaf' Baadjies se hartseer."

Persverklaring: Nagtegaal-tekspryswenner Dianne du Toit Albertze betower met "uitmuntende tegniek"

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-05-06

Vir haar wenteks, Huis van sand, ontvang Du Toit Albertze naas prysgeld van R100 000 ook mentorskap en ondersteuning met die finale afronding van die teks, asook ’n speelvak by vanjaar se Toyota Stellenbosch Woordfees.

Skermgreep: Sinners – ’n filmresensie

Leon van Nierop Film 2025-05-05

"Elke stukkie gereedskap wat film bied, word hier aangewend om ’n oorspronklike verhaal te skep waarin selfs vampierclichés ’n nuwe baadjie aantrek. Dit is oorweldigend, veral in IMAX-teaters, waar die gehoor meer as ooit tot in die hart van die dier beweeg."

Pareltjes uit Amsterdam: De Hollandsche Manege

Johan Allers Leefstyl 2025-05-04

Oudkorrespondent Johan Allers woon al vir langer as drie dekades in Amsterdam. Nou afgetree, spring hy gereeld op sy fiets op soek na nuwe en ou pareltjes uit Amsterdam. In die volgende video in hierdie weeklikse reeks besoek hy die oudste perdeskool in Nederland. De Hollandsche Manege is in die hartjie van Amsterdam geleë.

Persverklaring: Pieter Madibuseng Odendaal – Ontaard, die album | Musiekvideo- en albumvrystelling op 5 Mei 2025

LitNet Musiek 2025-05-02

Ontaard is Odendaal se debuut spoken word album, gebaseer op sy beprese digbundel met dieselfde titel. Die woorde was telkens die impuls vir die musiek, sodat elke snit ’n refleksie van die vibe van die spesifieke gedig is. Die genre-invloede is daarom divers – van jazz tot klassiek, inheemse musiek tot dubstep, amapiano tot rock. Alhoewel Odendaal die meeste van die musiek self gekomponeer het, en ook die klavier op die album speel, het verskeie kunstenaars meegewerk om die klanklandskap op Ontaard te skep.

Persverklaring: Aasvoëls-kortfilm gaan Cannes toe

LitNet Film 2025-05-02

Die Suid-Afrikaanse kortfilm Aasvoëls, deur die skrywer en regisseur Dian Weys, is amptelik deur die 78ste Cannes Filmfees gekies om vir die Kortfilm Palme d’Or (Goue Palm) te kompeteer. Die filmfees, wat jaarliks aan die Franse suidkus plaasvind, word as die wêreld se mees gesogte filmfees beskou.

Wêreldtrekklavierdag 2025 in die Endlersaal: ’n gesprek met Leon Oosthuizen en ander entoesiastiese trekklavierspelers

Naomi Meyer, Leon Albert Oosthuizen, Louis Verwey, André van Vuuren Musiek 2025-05-02

"Die gehoor gaan van die mooiste Afrikaanse musiek hoor, gesing deur die Stellenbosse jeug, en werke met die akkordeon – van klassieke tot volksmusiek."

Kwiksilwers: ’n onderhoud oor die film

Maryke Roberts, Jordy Sank Film 2025-05-02

"Die ware 'hoofkarakter' in hierdie film, Kwiksilwer, die vintage Ford Granada, is nie sommer enige kar nie. Vir Elsabe Marais (Lida Botha) is dit ’n tydkapsule vol herinneringe aan haar oorlede man, wat gereeld saam met haar avonture in dié motor aangepak het."

A sense of direction

Anthony Akerman, Athol Fugard Interviews 2025-05-01

"I asked if I could interview him about directing before he returned home, and he readily agreed. I opened a bottle of Beaujolais Nouveau and turned on the tape recorder. I was 32 and Athol was 49."

Suidoosterfees 2025: Hortjies dig, ’n onderhoud met Joanie Combrink en Chris van Niekerk

Naomi Meyer, Joanie Combrink, Chris van Niekerk Suidoosterfees 2025-04-30

"As jy soos Peter Blum en soos ons nog kan verwonderd staan oor ’n kunstenaar se briljantheid met woorde en die nuutheid van ’n ongewone taalskepping, en as die liefde in al sy vorme nog jou oë kan laat blink, dan is hierdie toneelstuk vir jou."

Suidoosterfees Junior 2025: Woordedief, ’n onderhoud met Margit Meyer-Rödenbeck

Naomi Meyer, Margit Meyer-Rödenbeck Suidoosterfees 2025-04-30

"Kinderteater is van 3 tot 103. Dis so lekker om te sien hoe die kleintjies hulle verkneukel, en daar is baie gehoordeelname. Jy sal sien: As jy kom kyk, gaan jy nie net kan bly sit nie!" Woordedief is gebaseer op Best Books van NB-Uitgewers se reeks boekies wat geskryf is met die oog op voorgeskrewe tekste vir die Grondslagfase.

In gesprek met Kathie Viljoen oor 2025 SOF Junior, ’n deel van die Suidoosterfees

Izak de Vries, Kathie Viljoen Suidoosterfees 2025-04-29

Kathie Viljoen is een van die mense wat stil-stil werk om jongmense in die teater te kry tydens die Suidoosterfees. Izak de Vries het met haar gesels oor die Leesfees wat aangebied word deur Penguin Random House en deur die AON en SOF geborg word.

Jazz in die Baai: ’n Fotogalery

Izak de Vries Musiek 2025-04-29

"Jazz is ’n enorme deel van die Baai se identiteit. Dalk moet ’n mens terugstaan en sê musiek is die hartklop van die Baai."

Persverklaring: RSG Radioteater se Konneksie op Donderdagaand 1 Mei om 20:00

LitNet Leefstyl 2025-04-29

Marion Erskine se Konneksie is die wendrama van die 2024 RSG Radiodramaskryfkompetisie in samewerking met die ATKV.

Persverklaring: Afrikaans 100 Vlugskrifte deur Klinkklaar Vokale en Instrumentale Ensemble by NALN op 13 Mei 2025

LitNet Boeke en skrywers 2025-04-29

Op 8 Mei 2025 word die honderdste bestaansjaar van Afrikaans as amptelike taal gevier. Met hierdie viering in gedagte, het verskeie kunstenaars besluit om projekte rondom die getal 100 te loods. 100 Vlugskrifte word op 13 Mei 2025 om 18:00 by NALN aangebied en meer as veertig digters se werk is in die toonsettings gebruik. 

Pareltjes uit Amsterdam: Hanlie Retief aan’t Keizersgracht

Johan Allers Leefstyl 2025-04-27

Oudkorrespondent Johan Allers woon al vir langer as drie dekades in Amsterdam. Nou afgetree, spring hy gereeld op sy fiets op soek na nuwe en ou pareltjes uit Amsterdam. In die volgende video in hierdie weeklikse reeks gesels hy met Media24-joernalis Hanlie Retief. Hanlie was in Maart en April 2025 die "Joernalis in die Huis" op Keizersgracht.

Top