Leefstyl

Stimuleer jou sintuie en leef jou uit: LitNet se ruimte vir elke leefstyl-voorkeur.
Stimulate your senses and express yourself: LitNet makes room for every lifestyle preference.

Persverklaring: Die Endlerkonsertreeks 2025 – ’n inspirerende begin vir die jaar

LitNet Musiek 2025-02-17

Die eerste seisoen van die gesogte Endlerkonsertreeks, aangebied deur die US Konservatorium, open op Vrydag 21 Februarie. Gehore kan uitsien na uitvoerings deur bekende internasionale kunstenaars, soos die Nederlandse orrelis Minne Veldman en die Russiese pianis Roustem Saitkoulov, sowel as ’n ryk verskeidenheid kamermusiek, koorwerke, orkesmusiek en jazz. 

Press release: Africa’s first AI opera autoplay redefines performance art

LitNet Lifestyle and entertainment 2025-02-17

Africa’s first AI-generated opera is set to disrupt traditional performance art with a bold and immersive production that blends choreography, generative soundscapes and machine learning. Due to be performed at Flipside at the Baxter Theatre from 26 to 29 March 2025, autoplay by acclaimed choreographer and director Louise Coetzer interrogates the intersection between identity, autonomy and the digital landscapes that define modern existence.

Persverklaring: Kommie, kommie – Dirk het ’n nuwe liedjie vir jou!

LitNet Musiek 2025-02-14

Luister vanaf 14 Februarie na Dirk van der Westhuizen se super-catchy somer-song "Kommie kommie" en herleef weer daai vakansieliefde terwyl jy die dansvloer vol dans!

Persverklaring: Kuns is alles by Suidoosterfees 2025

LitNet Suidoosterfees 2025-02-14

Kuns is meer as vermaak – dit help ons om die lewe en die wêreld beter te verstaan, en by feeste skep dit kosbare werksgeleenthede en stimuleer die plaaslike ekonomie. Vanjaar word die Suidoosterfees van 30 April tot 4 Mei in Kaapstad aangebied, waarna SOF Junior, ’n minifees vir onderwysers en skoliere, van 5 tot 8 Mei volg.

Soos pynappel op pizza is net reg vir Valentynsdag

Izak de Vries Film 2025-02-13

"Natuurlik begin die twee sjefs ook met mekaar gesels, en dis waarvoor die film op Valentynsdag begin draai."

Toorkombuis: Karen se bleddie lekker steak

Karen Hart Kos en wyn 2025-02-13

"Ek kon kwalik aan iets anders dink toe die sjef daardie wonderlike stuk vleis daar uit die hittige oond haal. Dis in die oond gebraai, kon jy sien, en nie oor die oop vuur van steakrestaurante nie. En dit het gedrup van die botter. Daardie hemelse stuk vleis land toe in die asblik ... danksy Mislike Miranda."

Skermgreep: The brutalist – ’n filmresensie                       

Leon van Nierop Film 2025-02-11

"Soos There will be blood (2007) sal hierdie rolprent uiteindelik uitstaan as ’n baken in die Amerikaanse rolprentbedryf wat deesdae, veral met superheldfilms, al hoe meer vervlak. ’n Bobaas film."

An unromantic comedy: a theatre review

Paul Kammies Lifestyle and entertainment 2025-02-11

"What this team accomplishes is the practice of engagement; everyone in the theatre was laughing, commenting, gasping – An unromantic comedy is, at its centre, loaded with comedy. Taking a look at the inner narratives of the play, I am posed questions that have my eyebrow muscle in a flex."

Persverklaring: Spaar met Suidoosterfees se Valentynsweek-promosie

LitNet Suidoosterfees 2025-02-11

Wees ons Valentyn en deel jou liefde met Suidoosterfees! Koop tydens Valentynsweek, 10 tot 14 Februarie, twee kaartjies vir enige van die feesproduksies in hierdie persverklaring en kry 50% afslag op die tweede kaartjie.

Persverklaring: Kyk! Brendan Peyper is terug

LitNet Musiek 2025-02-10

"Kyk" bring vars klanke en diep lirieke wat ons kans gee om Brendan Peyper nog beter te leer ken. Die nuwe enkelsnit en video van "Kyk" is nou beskikbaar op die platform van jou keuse.

Uitnodiging: Kom kuier en fliek saam met Katinka Heyns op 15 Februarie by die FAK Kaap-kantoor

LitNet Leefstyl 2025-02-10

Die FAK onthou Dalene Matthee en huldig haar groot Afrikaanse literêre nalatenskap en nooi ons FAK-lede, vriende en belangstellendes uit na ’n praatjie deur Katinka Heyns, gevolg deur die buitelugvertoning van hierdie film. Kom luister hoe sy vertel van haar ontmoetings met Dalene Matthee en die maak van Fiela se kind die rolprent.

Persverklaring: Breyten Breytenbach se lewe en werk op 23 Februarie 2025 by die Breytenbach Sentrum in Wellington gevier

LitNet Boeke en skrywers 2025-02-10

Die Sentrum kan op Sondag 23 Februarie 2025 vanaf 14:00 besoek word. Gaste kan ’n besonderse #altydbreyten-uitstalling in die galerye besigtig, en ook die boekwinkel en digterstuin besoek. Die amptelike program vind van 18:00 tot 20:00 plaas.

I can buy myself flowers: Die waarhede van vrouwees met komedie én deernis omarm

Maryke Roberts Teater 2025-02-07

"Dis ’n lekker manier om te besef jy is nie alleen in jou stryd as middeljarige vrou nie; jy kan ’n verskil in ander se lewens maak as jy jouself reg inspan, en geen gebeurtenis in jou lewe is noodwendig die einde nie – dis dikwels ’n nuwe begin."

KKNK 2025: In gesprek met Veronique Jephtas oor Sonde met die spoke

Yolanda du Toit, Veronique Jephtas KKNK 2025-02-06

"Spoke rus nie. Ek sou nie rus as ek ’n spook was nie."

KKNK 2025: In gesprek met Carel Nel oor ’n Begin

Yolanda du Toit, Carel Nel KKNK 2025-02-06

"Die gehoor kan uitsien na lekker lag. Ek dink die stuk is baie komies, maar ook teer, eg en eerlik en ’n klein bietjie sad."

Persverklaring: Oudtshoorn skitter met kykNET Fiësta-benoemings

LitNet kykNET Portaal 2025-02-05

Die swartmerrie, ’n plekspesifieke drama deur die KKNK se Karoo Kaarte-span, is vir drie kykNET Fiësta-pryse benoem.

Die jaar van die slang

Zalman Davis Reis 2025-02-05

"Ons sit by ’n vuurherd. Ek en drie H’mong-vroue. Voor ons prut ’n groot pot sous met verskillende groente vir later se hotpot-ete. Agter, in die kombuis, staan twee mans met groot messe. Hope varkvleis lê in blokkies opgekap. Buite is dit onmenslik koud, maar die perskebome bot." 

Wêreldhardopleesdag, 5 Februarie 2025: Jaco Jacobs lees voor uit Dit is nie ’n boek nie

Jaco Jacobs LitNetKanaal op YouTube 2025-02-05

Jaco Jacobs lees voor op Wêreldhardopleesdag! Hier is ’n voorlesing vir al die kinders en vir almal jonk van gees.

Persverklaring: Drie plaaslike romkoms op Showmax in maand van liefde

LitNet Leefstyl 2025-02-04

Raak verlief hierdie Februarie met drie splinternuwe Showmax Original- romantiese komedies: Soos pynappel op pizza (met Schalk Bezuidenhout en Kate Pinchuck); Gebokste liefde (met Tarryn Wyngaard en Jandré le Roux); en Not my type (met Lorraine Moropa en Lulama Nyembezi).

The tempest: meesters in aksie onder die sterre

Maryke Roberts Teater 2025-02-04

"Jy dink jy ken die storie. Maar dan sit jy een Sondagaand onder die sterre en vlieswolkies van Maynardville-opelugteater in Wynberg en ’n hele ander storie ontvou, danksy die briljante brein van Sylvaine Strike in die regisseurstoel."

Top