Leefstyl
Stimuleer jou sintuie en leef jou uit: LitNet se ruimte vir elke leefstyl-voorkeur.
Stimulate your senses and express yourself: LitNet makes room for every lifestyle preference.
Los uit! deur Sjaka Septembir: ’n teaterresensie
2024-10-28"In Sjaka September se debuutnarrespel slaag hy meesterlik daarin om gek te skeer met die kinderlike drang om reëls te oortree en te wil vat en gryp as grootmense uitdruklik sê: 'Los uit!'"
Persverklaring: Mendelssohn se Elijah by Endlersaal in November
2024-10-25As een van die finale aanbiedings van die 2024-Endler-konsertreeks, dirigeer Johan de Villiers op 16 en 17 November twee uitvoerings van Felix Mendelssohn se oratorium Elijah. Brittany Smith (sopraan), Minette du Toit-Pearce (mezzo), Siphe Mdena (tenoor) en Conroy Scott (bariton) tree as soliste op, met laasgenoemde in die titelrol van Elija, waarvoor hy ná die 2018-Woordfees die trofee vir die beste vertolker in vokale klassieke musiek toegeken is.
Persverklaring: Die landwye Taboektoer met Bacchus Nel, Riku Lätti en Jackie Lätti – 25 Oktober tot 17 November
2024-10-24Die Taboektoer met Riku en Jackie Lätti (Wes-Kaap) en Bacchus Nel (Gauteng) begin 25 Oktober in die noorde van die land met ’n reeks konserte en boekgesprekke in Pretoria, Johannesburg, Potchefstroom, Parys, Bloemfontein, Nieu-Bethesda en St Francis. Die toer eindig by Die Koelkamers in Paternoster met ’n stewige Wasgoedlyn-program, van 15 tot 17 November.
Foto’s: NATi Jong Sterre skitter met voorlesings by New Voices
2024-10-24BASA (Business and Arts South Africa) maak mediadekking van die geleentheid moontlik. Jeremeo le Cordeur deel hier sy treffendste foto’s van elke NATi Jong Sterre-produksie wat in 2025 by die Suidoosterfees gaan debuteer.
Persverklaring: Die Proscenium-dramakompetisie se inskrywings vir 2025 het pas oopgemaak
2024-10-23Die Proscenium-dramakompetisie se inskrywings vir 2025 het pas oopgemaak. ’n Hoogtepunt waarna finaliste kan uitsien, is om ingesluit te word in die geselskap van ’n verhoogproduksie wat onder leiding van ’n professionele regisseur by een of meer nasionale kunstefeeste opgevoer gaan word.
Press release: Invitation – Muzukidz year-end concert on 27 October
2024-10-23Muzukidz is happy to announce that 2024 has been another wonderful year for our budding young violinists! And to celebrate this, we invite you to save the date for our annual year-end concert taking place on 27 October 2024 at the beautiful Hugo Lambrechts Auditorium in Parow.
Hermeneutiek: Om met jou lyf te lees en te luister
2024-10-23"Vanaf interpreteer met jou hele lyf moet ons gaan na preek en praat vanuit daardie lyf. En nee, hiermee word nie ’n soort emosionaliteit bedoel nie. Soos Danie Marais in Ek en jy bestaan nie dig: 'Wit trane is net sout / in ou wonde.'"
Persverklaring: Liza Nel verf die dorp "Rooi"
2024-10-23Rose is rooi, die kleur van liefde is rooi, en so is Liza Nel se nuwe enkelsnit ook "Rooi"! Luister dit nou op die platform van jou keuse.
An interview with Franka Kirby, one of Suidoosterfees’s NATi Rising Stars
2024-10-22"I can’t thank the leaders of the NATi programme enough for this opportunity they have presented to us."
Persverklaring: Jo Black vertel die storie van "Die brug"
2024-10-22Jo Black kán ’n storie vertel, en as hy begin sing, gee hy dieselfde storie vlerke. Hierdie keer vertel Jo Black die storie van "Die brug", en die enkelsnit is nou beskikbaar. Luister dit nou op die platform van jou keuse.
Persverklaring: STR(A)Y deur Elizabeth Gunter – ’n rondleiding deur die kunstenaar
2024-10-21’n Rondleiding van die kunsuitstalling STR(A)Y deur Elizabeth Gunter vind plaas in die teenwoordigheid van die kunstenaar op Saterdag 26 Oktober om 11:00 by die Breytenbach Sentrum in Wellington.
Persverklaring: RUK EN RYM-wenners lei nuwe, klankryke hoofstuk in
2024-10-21Die Taalgenoot-RUK EN RYM-finaal op Saterdag 12 Oktober was ’n alternatiewe smeltkroes vol vonkende talent. Volgens Jaco van der Merwe, die projek se kreatiewe regisseur was dit "baie bemoedigend om die feit bevestig te hê dat Afrikaanse musiek nié ’n genre is nie, maar dat Afrikaans as ’n taal gebruik word om op baie verskillende maniere uitdrukking te gee".
Elke naweek nogge funeral – ’n dialoog met Jitsvinger
2024-10-18"Die song beoog om die silent genocide oppie Cape Flats na die lig te bring veral tydens die political rallies wat praat van job creation en beter public service terwyl families elke naweek ’n jong familielid na die dood moet afstaan as gevolg van die ongoing gang violence." Tasneem Daniels gesels met Jitsvinger.
Op helium
2024-10-18"Ek het ’n paar aande gelede ’n jong vrou dopgehou in die dowwe lig van Nameless, ’n kroeg, terwyl sy die een ná die ander heliumballon leeg suig, met Mandoza se 'Nkalakatha' wat deur die luidsprekers speel."
’n Onderhoud met Nelandi Boshoff, een van Suidoosterfees se NATi Jong Sterre
2024-10-17"Die proses tot dusver het al my verwagtinge oortref. Én die mense wat jy ontmoet! Jy maak vriende en konneksies vir die res van jou lewe. Maar behalwe dit alles, op die ou einde kan hierdie proses jou lewe net verryk."
Heartstopper seisoen 3 is ’n treffer: ’n kykersindruk
2024-10-17"’n Vriend van my het op ’n dag Heartstopper daarvan beskuldig dat dit soetsappig is. Ek sien eintlik niks fout daarmee nie. Ek dink ons het almal heeltemal genoeg gehad van die tragiese gay karakter wat nooit meer kry as ’n moontlikheid aan die einde van die film of reeks nie."
’n Onderhoud met Mikyall Harris, een van Suidoosterfees se NATi Jong Sterre
2024-10-16Mikyall Harris gesels met Izak de Vries oor sy toneelstuk, Vannie wal, af, en NATi se Jong Sterre-program: "Hierdie program bied jou die geleentheid om ’n beter mens, skrywer en kunstenaar te word en jy leer waardevolle vaardighede en denkpatrone wat jy vir die res van jou loopbaan saam met jou sal dra."
’n Onderhoud met Diano October, een van Suidoosterfees se NATi Jong Sterre
2024-10-16Diano October gesels met Izak de Vries oor sy toneelstuk, Bella van’ie bôl, asook NATi se Jong Sterre-program: "Om dit op te som in ’n sin, ek leer by Lee-Ann hoe om lank te swem sonder om vinnig moeg te word."
Persverklaring: Húlle is benoem vir 2024 Woordtrofees
2024-10-16Die spele is nie heeltemal verby nie – die podium wink. Die benoemings vir vanjaar se Woordtrofees-toekennings is pas bekend gemaak, met ’n nuwe prys wat na die legendariese joernalis Martie Meiring vernoem word. Die wenners, wat elkeen ’n oorkonde en ’n bedrag geld sal ontvang, word op 28 Oktober by ’n toekenningsgeleentheid op Stellenbosch aangekondig.
Persverklaring: Gratis teater stel Suidoosterfees NATi Jong Sterre bekend
2024-10-16Teaterliefhebbers kan Vrydag 18 Oktober die hele dag lank gratis teater beleef en Suid-Afrika se nuwe dramaturge se werk aanskou.
