Leefstyl

Stimuleer jou sintuie en leef jou uit: LitNet se ruimte vir elke leefstyl-voorkeur.
Stimulate your senses and express yourself: LitNet makes room for every lifestyle preference.

Toorkombuis: Goud-in-die-mond – roomys vir die feestyd-blues

Karen Hart Kos en wyn 2024-11-12

"Wees gewaarsku: Dis verslawend. Dis die soort roomys waarvan jy selfs diep in die winter bly droom."

Voces Cordis: ’n onderhoud met André van der Merwe

Naomi Meyer, André van der Merwe Musiek 2024-11-11

"In Suid-Afrika het ons wonderlike diversiteit met verskillende kultuurkomponente. Dit bring ’n opwinding wat aansteeklik is!" Lees wat André van der Merwe oor die Voces Cordis-koor vertel – en vind uit wanneer hulle laaste konsert vir die jaar plaasvind.

Persverklaring: Nuwe kurator van visuele kuns vir KKNK

LitNet KKNK 2024-11-08

Die bekroonde visuele kunstenaar en kurator Liza Grobler is die KKNK se nuwe kurator van visuele kuns. In 2023 was sy die KKNK se feeskunstenaar en haar uitstalling, Inkommers, laatkommers & laatlammers, asook haar Droom-installasie in samewerking met die Oudtshoorn ReWOLusie, het aan haar die Kanna vir beste visuele kunsaanbieding besorg.

Persverklaring: Die Wasgoedlyn hou makietie met woorde en musiek by die Koelkamers in Paternoster

LitNet Musiek 2024-11-06

Kom geniet ’n naweek met woorde en musiek by die Koelkamers op Paternoster van 15 tot 17 November 2024: met musiekkonserte deur Anton Goosen, Koos Kombuis, Frazer en Deniel Barry, Churchil Naudé, Jolyn Phillips, Bacchus Nel, Riku en Jackie Lätti en ’n bloemlesing en boekgesprek met Marthie Momberg, Koos Kombuis, Riku Lätti en Churchil Naudé.

Persverklaring | Ian Roberts: Is dit jý? Avonture voor en agter die skerms – kom vind uit by NALN

LitNet Leefstyl 2024-11-06

Kom kuier saam! Ian Roberts gesels oor sy outobiografie en maak musiek saam met Barry Steenkamp en Ruben Samuels op 16 November 2024 om 10:00 by NALN.

Madibaland @ Bookbedonnerd 2024: Geliefdes, kom laat ons lees

Clinton V du Plessis Boeke en skrywers 2024-11-06

"Lank lewe die saliges, dié wat lees, die Bookbedonnerd-familie, want aan hulle behoort die biblioteeksaal op Richmond en die verbeelde Melkweg besaai met verse en stories."

Intimiteit op Afrikaanse TV skuif grense

Annette Havenga TV 2024-11-04

"Intieme tonele en sekstonele is slegs toneelspel, maar dit is die hele produksiespan se werk om dit eg te vertoon. Die onus om dit so gemaklik moontlik te maak vir die hele span rus op die skouers van die intimiteitskoördineerder."

Die sepiewêreld is armer sonder Danie Odendaal

Leon van Nierop In memoriam 2024-11-01

"Danie het presies verstaan hoe om die regte akteur vir ’n rol te kry, praatbare, gemaklike, dikwels spitsvondige dialoog vir daardie akteur te skryf (of te laat skryf), en die karakters deurgrondelik deel van die volkskultuur te maak. Afrikaanse televisie sou soveel armer gewees het sonder Sewende laan."

Persverklaring: Uitnodiging om Kersgeskenke aan kinders in die Oos-Kaap te skenk

LitNet Boeke en skrywers 2024-10-30

Aangesien hierdie leerders uit geïsoleerde omgewings kom met beperkte toegang tot die kunste, bring die Jakes Gerwel Stigting, in samewerking met die Suidoosterfees, ook kinderopvoerings na die skole en bied vakansieprogramme aan met woordspeletjies, kospakkies, gesigverf en meer.

Persverklaring: Christia Visser stel opvolg van "Die deur" bekend: "Ek sien jou"

LitNet Musiek 2024-10-30

"Die deur" het met sy vrystelling groot opslae gemaak, maar Christia het nog nie die volle storie vertel nie. Sy vertel nou die res van die storie in haar nuwe enkelsnit, "Ek sien jou". Luister dit nou op die platform van jou keuse.

Persverklaring: Wie weet waar die Willelinge woon?

LitNet Leefstyl 2024-10-29

FilosofieKafee, 1 November 2024, by die ATKV-Bôrdienghuis Teater, Breytenbach Sentrum, Wellington.

The island returns to New Brighton

Izak de Vries Lifestyle and entertainment 2024-10-29

"Antigone’s speech is always a sad moment, and King Creon’s cruelty a stark reminder that rulers need to have limits to their powers."

Persverklaring: Woordtrofees-wenners 2024

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-10-29

Die wenners van die 2024 Woordtrofees is op 28 Oktober tydens ’n toekenningsgeleentheid by die Nooitgedacht-wynlandgoed bekroon. Benewens die topboekverkopers by die EasyEquities Skrywersfees in die genres fiksie, poësie, niefiksie en leefstyl, is ’n aantal spesiale pryse toegeken, onder andere die nuwe Martie Retief Meiring-toekenning, die In verbondenheid-toekenning asook die WOW-trofees vir skool en opvoeder van die jaar.

Persverklaring – Kunsuitstalling: ’n Versameling afgediende muses open 6 November 2024 in Pretoria

LitNet Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2024-10-28

Die amptelike opening van ’n Versameling afgediende muses, ’n kunsuitstalling met werke deur Bastiaan van Stenis en Ruhan Janse van Vuuren en saamgestel deur Jan van der Merwe, vind plaas op Woensdag 6 November 2024 by die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns in Pretoria.

Persverklaring: Saturnus verhelder Taalmonument

LitNet Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal 2024-10-28

Inwoners en besoekers sal die skitterende sterrehemel – spesifiek die planeet Saturnus – van nader leer ken tydens die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) se Sterrekykpiekniek op Paarlberg op Saterdag 2 November 2024. Dit beloof om ’n feestelike aand in die beeldskone omgewing te wees; boonop is ’n pragtige sonsondergang en ’n gratis besoek aan die ikoniese beeldhouwerk ingesluit, én is die aand ten bate van ’n goeie saak.

Uitnodiging: Blink gedigte – toonsettings deur Chris du Plessis | Ampie Teater, Wellington, 2 November 2024

LitNet Musiek 2024-10-28

Blink gedigte – toonsettings deur Chris du Plessis vind op Saterdag 2 November om 19:00 plaas by die Ampie Teater, Breytenbach Sentrum, Wellington.

Los uit! deur Sjaka Septembir: ’n teaterresensie

Jeani Heyns Teater 2024-10-28

"In Sjaka September se debuutnarrespel slaag hy meesterlik daarin om gek te skeer met die kinderlike drang om reëls te oortree en te wil vat en gryp as grootmense uitdruklik sê: 'Los uit!'"

Persverklaring: Mendelssohn se Elijah by Endlersaal in November

LitNet Musiek 2024-10-25

As een van die finale aanbiedings van die 2024-Endler-konsertreeks, dirigeer Johan de Villiers op 16 en 17 November twee uitvoerings van Felix Mendelssohn se oratorium Elijah. Brittany Smith (sopraan), Minette du Toit-Pearce (mezzo), Siphe Mdena (tenoor) en Conroy Scott (bariton) tree as soliste op, met laasgenoemde in die titelrol van Elija, waarvoor hy ná die 2018-Woordfees die trofee vir die beste vertolker in vokale klassieke musiek toegeken is.

Persverklaring: Die landwye Taboektoer met Bacchus Nel, Riku Lätti en Jackie Lätti – 25 Oktober tot 17 November

LitNet Musiek 2024-10-24

Die Taboektoer met Riku en Jackie Lätti (Wes-Kaap) en Bacchus Nel (Gauteng) begin 25 Oktober in die noorde van die land met ’n reeks konserte en boekgesprekke in Pretoria, Johannesburg, Potchefstroom, Parys, Bloemfontein, Nieu-Bethesda en St Francis. Die toer eindig by Die Koelkamers in Paternoster met ’n stewige Wasgoedlyn-program, van 15 tot 17 November.

Foto’s: NATi Jong Sterre skitter met voorlesings by New Voices

Jeremeo Le Cordeur Suidoosterfees 2024-10-24

BASA (Business and Arts South Africa) maak mediadekking van die geleentheid moontlik. Jeremeo le Cordeur deel hier sy treffendste foto’s van elke NATi Jong Sterre-produksie wat in 2025 by die Suidoosterfees gaan debuteer.

Top