Leefstyl

Stimuleer jou sintuie en leef jou uit: LitNet se ruimte vir elke leefstyl-voorkeur.
Stimulate your senses and express yourself: LitNet makes room for every lifestyle preference.

Aardklop 2024: Magda Louw – ’n les in kletterkunde: ’n onderhoud met Desiré Gardner

Yolanda du Toit, Desiré Manthey Gardner Aardklop 2024-09-13

"Die kykNET-storiefilm, en toe uiteindelik die reeks, hou vir seker die karakter konstant aan die lewe, want ek is óf besig om te skryf, óf besig met voorbereiding vir skiet; of ek is besig om dit uiteindelik te ontleed op die kassie. So dit voel amper of Magda heeltyd so half lewe in my agtergrond, hetsy preproduksie, huidig, of postproduksie. En daar is min dinge so lekker soos dit."

Hier.Na – ’n Silwerskermfees-film review van ’n Muslim Malay perspective

Tasneem Daniels Film 2024-09-13

"Die kifaayt klops was ’n awesome conundrum innie film gewies, en in daai geval het Hier.Na baie mooi die film aangebied as ’n dokudrama, alhoe wassie genre vannie film nie rêrag as ’n documentary bedoel nie. Djy moesie hele film klaa’ watch om te lee’ hoe wêkie kifaayt klops in function en form, en hoer’t uitgerol was in hierie storie se familie."

Sluk daai ertjies (saam met pasta, spek en room)

Karen Hart Kos en wyn 2024-09-13

"Maar noudat ek my woorde gesluk het – en daarmee saam ’n hele vurkvrag groen albastertjies – bly my gunsteling-ertjiemaal hierdie eenvoudige pastagereg. Jy kan natuurlik jou eie pasta maak, wat die gereg nóg lekkerder maak – maar as die tyd min is ..."

Skermgreep: kykNET Silwerskermfees 2024 – ’n blik op die pas afgelope fees

Leon van Nierop kykNET Portaal 2024-09-12

"Tevore is versigtig met die nuwe vryheid omgegaan. Maar vanjaar het daar ’n uitbundigheid en manhaftigheid (vrouhartigheid!) geheers waar die meeste produkte stylvol en verantwoordelik afgerond is, maar altyd gedissiplineerd met respek vir die filmmedium."

Persverklaring: Toyota Stellenbosch Woordfees 2024 – Die Wes-Kaapse hoërskool-"slam"-poësiekompetisie

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-09-11

In samewerking met Woorde open Wêrelde bring Wêreld (’n multi-dissiplinêre kunsorganisasie) ’n opwindende nuwe aanbieding na die Toyota Stellenbosch Woordfees in 2024. Dié produksie is die Wes-Kaapse hoërskool-“slam”-poësiekompetisie, en dit vind plaas op 3 Oktober om 16:00 by die Daisy Jones-venue in Stellenbosch. Die wenners sal ook die geleentheid kry om die verhoog te deel met van Suid-Afrika se beste spoken-word-digters in ’n produksie met die naam WORLDPLAY, wat direk ná die “slam”-kompetisie plaasvind in dieselfde venue.

Persverklaring: ’n Verskeidenheid kunsuitstallings open by Tuin van Digters, 13–14 September 2024

LitNet Feeste 2024-09-10

Tuin van Digters vind plaas in Wellington op 13 en 14 September 2024 by die Breytenbachsentrum in Wellington. ’n Verskeidenheid kunsuitstallings open dié naweek, met onder meer STR[A]Y deur Elizabeth Gunter, Tuinbeelde deur Gerhard van Eck en In die skeppende oomblik, ’n foto-uitstalling van Paul Alberts se skrywersportrette.

Persverklaring en uitnodiging: Voorleggings ingewag vir die 2025 kykNET-Rapport Boekpryse

LitNet Boeke en skrywers 2024-09-09

Uitgewers word hartlik uitgenooi om weer boeke voor te lê vir die 2025 kykNET-Rapport Boekpryse. Let wel: Vanjaar se spertyd vir ontvangs van boeke is vervroeg na 30 Oktober 2024 om beoordelaars meer leestyd te gun. Boeke wat na hierdie datum verskyn, moet teen 3 Januarie 2025 die sameroeper bereik.

Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: Hoe het dit skielik laat geword? – 'n onderhoud

Naomi Meyer, Olga Leonard Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-09-09

Olga Leonard praat met Naomi Meyer oor die woordkunsproduksie, Hoe het dit skielik laat geword? by die Toyota Stellenbosch Woordfees vanjaar: "Die temas wat voorkom in Olga Kirsch se werk is vandag nog relevant. Sy skryf breed oor geloof, liefde en om ’n buitestander te wees."

Bekendstelling van ATKV-toneel se nasionale Simbiose-finaal: toekomstige toneelsterre skitter binnekort

Maryke Roberts ATKV-Portaal 2024-09-09

"Die Moederstad het verlede week haar beste voetjie voorgesit met ’n wolklose sonsondergang en nag behang met sterre toe die program van die ATKV-toneel se nasionale Simbiose-finaal by Rooftop on Bree bekendgestel is. Die nasionale Simbiose-finaal vind van 23 tot 28 September in die Kunstekaap plaas, en daarna is die nasionale wenproduksie by die Toyota Stellenbosch Woordfees te sien."

Persverklaring: Shakira se nuwe enkelsnit kom by jou spook

LitNet Musiek 2024-09-06

Shakira het die musiekbedryf verras met haar eerste enkelsnit, "Disco", en lekker opslae gemaak. Nou bederf Shakira ons met ’n splinternuwe enkelsnit, "Spook"! Luister die enkelsnit hier.

Press release: Endler concert series – Stellenbosch University Symphony Orchestra conducted by Leon Bosch

LitNet Lifestyle and entertainment 2024-09-06

Music enthusiasts in the Western Cape are in for a remarkable experience as the internationally acclaimed double bassist and conductor, Leon Bosch, takes the podium in Stellenbosch on Friday, 6 September 2024.

Trial and error: Gehoorjurie beslis hier oor jong meisie se lot

Maryke Roberts Teater 2024-09-06

"Met die verloop van die hofsaak, 75 minute, ontgin die verdediging en die aanklaer die rou emosies van die betrokkenes, wat die jurie (die klein gehoor) uitdaag om hul eie vooroordele en oortuigings te konfronteer."

Persverklaring: MultiChoice-groep se kragtige plaaslike inhoud oes die meeste Safta-benoemings in

LitNet Leefstyl 2024-09-05

Die MultiChoice-groep se uitmuntende plaaslike inhoud het oor verskeie kanale en platforms heen erkenning gekry deur 176 benoemings vir die South African Film and Television Awards (Saftas). Die groot aantal benoemings getuig van die groep se volgehoue finansiële, opvoedkundige en praktiese belegging in die vertel van ons eie Afrika-verhale.

Persverklaring: Kortlyste vir vanjaar se kykNET-Rapport-resensiepryse bekend

LitNet Boeke en skrywers 2024-09-05

Die kortlyste vir dié pryse, waarmee erkenning gegee word aan uitnemende Afrikaanse resensies wat in 2023 verskyn het, is pas bekend gemaak. Nagenoeg 100 resensies wat op ’n verskeidenheid platforms verskyn het, is vanjaar ingeskryf.

Vlug ET640

Zalman Davis Menings 2024-09-04

"Dis net ná 8 die oggend en ek stap op vlug ET640, in ’n Boeing 787-8, onderweg na Addis Abeba vanaf OR Tambo Internasionale Lughawe ..."

Invitation: Art auction to raise funds for the building of the first Wêreld artist retreat

LitNet Lifestyle and entertainment 2024-09-04

Wêreld is hosting a series of art auctions, in partnership with Karen Zoid, to raise funds for the building of the first artist retreat space in the Piketberg mountains. The next Wêreld art auction will be an online as well as in-person launch event on 6 September at Kleinevalleij Estate in the Cape Winelands. Artworks by more than 70 artists, including Willem Boshoff, Pierneef, Lionel Smit, Maaike Bakker, Gordon Froud, Nina Torr, Johan Thom, Lien Botha and many more will be on display.

Drag me to church: ’n preek deur Maryna Blomerus

Maryna Blomerus Menings 2024-09-04

"En daar hang ek toe ook by ’n Tollie Parton drag show uit. Die konsertsaal sit op die rand van die dorp, aan die eindpunt van Kerkstraat wat begin daar waar dit met Hoofstraat kruis. Die Moederkerk sit reg by hierdie kruising."

Glans en glorie op 12de kykNET Silwerskermfees

Maryke Roberts kykNET Portaal 2024-09-03

"Dit kan nie méér glansryk as die Silwerskermfees nie. Die uitsig oor die see aan die voorkant van The Bay Hotel in Kampsbaai, die berg in die agtergrond, wiegende palmbome en die room van die land se fliek- en filmmakers wat vanjaar vir die 12de fees daar gekuier het. Die fees het Saterdag ’n hoogtepunt bereik, toe die land se wenners in televisie en film met die pragtige kristal-rolprentkamera-trofeë vereer is." 

Bonus-Silwerskermfees-film van Jaco Bouwer internasionaal gewild

Maryke Roberts, Jaco Bouwer Film 2024-09-03

"Bouwer se film het kritici gaande – nie net oor die rilleraspek met die toordokterondertone nie, maar ook oor sy keuse van akteurs."

Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: ’n onderhoud met Zorada Temmingh oor Hoe speel die orrel (sit-sit so)?

Naomi Meyer, Zorada Temmingh Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-09-03

"Min mense wat weet hoe ’n orrel klink, weet ook hoe die klank gebeur. In hierdie praat-en-wys gesels ek oor hoe ’n klawer se afdruk ’n pyp laat praat, oor hoe verskillende klankkleure geskep word wat die orrel amper soos ’n orkes kan laat klink, oor hoe die orrelis soos ’n seekat tekere moet gaan om betyds by al die note en knoppies uit te kom."

Top