Leefstyl
Stimuleer jou sintuie en leef jou uit: LitNet se ruimte vir elke leefstyl-voorkeur.
Stimulate your senses and express yourself: LitNet makes room for every lifestyle preference.
Persverklaring: Toyota Stellenbosch Woordfees 2024 – Die Wes-Kaapse hoërskool-"slam"-poësiekompetisie
2024-09-11In samewerking met Woorde open Wêrelde bring Wêreld (’n multi-dissiplinêre kunsorganisasie) ’n opwindende nuwe aanbieding na die Toyota Stellenbosch Woordfees in 2024. Dié produksie is die Wes-Kaapse hoërskool-“slam”-poësiekompetisie, en dit vind plaas op 3 Oktober om 16:00 by die Daisy Jones-venue in Stellenbosch. Die wenners sal ook die geleentheid kry om die verhoog te deel met van Suid-Afrika se beste spoken-word-digters in ’n produksie met die naam WORLDPLAY, wat direk ná die “slam”-kompetisie plaasvind in dieselfde venue.
Persverklaring: ’n Verskeidenheid kunsuitstallings open by Tuin van Digters, 13–14 September 2024
2024-09-10Tuin van Digters vind plaas in Wellington op 13 en 14 September 2024 by die Breytenbachsentrum in Wellington. ’n Verskeidenheid kunsuitstallings open dié naweek, met onder meer STR[A]Y deur Elizabeth Gunter, Tuinbeelde deur Gerhard van Eck en In die skeppende oomblik, ’n foto-uitstalling van Paul Alberts se skrywersportrette.
Persverklaring en uitnodiging: Voorleggings ingewag vir die 2025 kykNET-Rapport Boekpryse
2024-09-09Uitgewers word hartlik uitgenooi om weer boeke voor te lê vir die 2025 kykNET-Rapport Boekpryse. Let wel: Vanjaar se spertyd vir ontvangs van boeke is vervroeg na 30 Oktober 2024 om beoordelaars meer leestyd te gun. Boeke wat na hierdie datum verskyn, moet teen 3 Januarie 2025 die sameroeper bereik.
Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: Hoe het dit skielik laat geword? – 'n onderhoud
2024-09-09Olga Leonard praat met Naomi Meyer oor die woordkunsproduksie, Hoe het dit skielik laat geword? by die Toyota Stellenbosch Woordfees vanjaar: "Die temas wat voorkom in Olga Kirsch se werk is vandag nog relevant. Sy skryf breed oor geloof, liefde en om ’n buitestander te wees."
Bekendstelling van ATKV-toneel se nasionale Simbiose-finaal: toekomstige toneelsterre skitter binnekort
2024-09-09"Die Moederstad het verlede week haar beste voetjie voorgesit met ’n wolklose sonsondergang en nag behang met sterre toe die program van die ATKV-toneel se nasionale Simbiose-finaal by Rooftop on Bree bekendgestel is. Die nasionale Simbiose-finaal vind van 23 tot 28 September in die Kunstekaap plaas, en daarna is die nasionale wenproduksie by die Toyota Stellenbosch Woordfees te sien."
Persverklaring: Shakira se nuwe enkelsnit kom by jou spook
2024-09-06Shakira het die musiekbedryf verras met haar eerste enkelsnit, "Disco", en lekker opslae gemaak. Nou bederf Shakira ons met ’n splinternuwe enkelsnit, "Spook"! Luister die enkelsnit hier.
Press release: Endler concert series – Stellenbosch University Symphony Orchestra conducted by Leon Bosch
2024-09-06Music enthusiasts in the Western Cape are in for a remarkable experience as the internationally acclaimed double bassist and conductor, Leon Bosch, takes the podium in Stellenbosch on Friday, 6 September 2024.
Trial and error: Gehoorjurie beslis hier oor jong meisie se lot
2024-09-06"Met die verloop van die hofsaak, 75 minute, ontgin die verdediging en die aanklaer die rou emosies van die betrokkenes, wat die jurie (die klein gehoor) uitdaag om hul eie vooroordele en oortuigings te konfronteer."
Persverklaring: MultiChoice-groep se kragtige plaaslike inhoud oes die meeste Safta-benoemings in
2024-09-05Die MultiChoice-groep se uitmuntende plaaslike inhoud het oor verskeie kanale en platforms heen erkenning gekry deur 176 benoemings vir die South African Film and Television Awards (Saftas). Die groot aantal benoemings getuig van die groep se volgehoue finansiële, opvoedkundige en praktiese belegging in die vertel van ons eie Afrika-verhale.
Persverklaring: Kortlyste vir vanjaar se kykNET-Rapport-resensiepryse bekend
2024-09-05Die kortlyste vir dié pryse, waarmee erkenning gegee word aan uitnemende Afrikaanse resensies wat in 2023 verskyn het, is pas bekend gemaak. Nagenoeg 100 resensies wat op ’n verskeidenheid platforms verskyn het, is vanjaar ingeskryf.
Vlug ET640
2024-09-04"Dis net ná 8 die oggend en ek stap op vlug ET640, in ’n Boeing 787-8, onderweg na Addis Abeba vanaf OR Tambo Internasionale Lughawe ..."
Invitation: Art auction to raise funds for the building of the first Wêreld artist retreat
2024-09-04Wêreld is hosting a series of art auctions, in partnership with Karen Zoid, to raise funds for the building of the first artist retreat space in the Piketberg mountains. The next Wêreld art auction will be an online as well as in-person launch event on 6 September at Kleinevalleij Estate in the Cape Winelands. Artworks by more than 70 artists, including Willem Boshoff, Pierneef, Lionel Smit, Maaike Bakker, Gordon Froud, Nina Torr, Johan Thom, Lien Botha and many more will be on display.
Drag me to church: ’n preek deur Maryna Blomerus
2024-09-04"En daar hang ek toe ook by ’n Tollie Parton drag show uit. Die konsertsaal sit op die rand van die dorp, aan die eindpunt van Kerkstraat wat begin daar waar dit met Hoofstraat kruis. Die Moederkerk sit reg by hierdie kruising."
Glans en glorie op 12de kykNET Silwerskermfees
2024-09-03"Dit kan nie méér glansryk as die Silwerskermfees nie. Die uitsig oor die see aan die voorkant van The Bay Hotel in Kampsbaai, die berg in die agtergrond, wiegende palmbome en die room van die land se fliek- en filmmakers wat vanjaar vir die 12de fees daar gekuier het. Die fees het Saterdag ’n hoogtepunt bereik, toe die land se wenners in televisie en film met die pragtige kristal-rolprentkamera-trofeë vereer is."
Bonus-Silwerskermfees-film van Jaco Bouwer internasionaal gewild
2024-09-03"Bouwer se film het kritici gaande – nie net oor die rilleraspek met die toordokterondertone nie, maar ook oor sy keuse van akteurs."
Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: ’n onderhoud met Zorada Temmingh oor Hoe speel die orrel (sit-sit so)?
2024-09-03"Min mense wat weet hoe ’n orrel klink, weet ook hoe die klank gebeur. In hierdie praat-en-wys gesels ek oor hoe ’n klawer se afdruk ’n pyp laat praat, oor hoe verskillende klankkleure geskep word wat die orrel amper soos ’n orkes kan laat klink, oor hoe die orrelis soos ’n seekat tekere moet gaan om betyds by al die note en knoppies uit te kom."
Persverklaring: Suid-Afrika se ryke oes aan talent skitter by kykNET Silwerskermtoekennings vir film en TV
2024-09-02Vanjaar is die gesogte Silwerskermbeeldjies weer uitgedeel aan akteurs, aanbieders en persoonlikhede wat tussen 1 April 2023 en 31 Maart 2024 vir uitmuntende vermaak op die kykNET-kanale gesorg het.
Die program van die Etienne van Heerden Veldsoirée 2024 en die eerste voordragte van die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad
2024-08-29Liefhebbers van die Afrikaanse letterkunde sou hulle op Vrydag 20 September in Cradock wou bevind. Die Etienne van Heerden Veldsoirée begin daar om 10:45. Nathan Trantraal sal, as deel van die Veldsoirée, net na 11:00 die eerste voordrag van die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad lewer. En om 09:00 begin die ATKV-Skryfskool.
Persverklaring – Silwerskermfees TV nominasies: die beste reaksies
2024-08-28kykNET Silwerskermfees 2024: ’n tweetalige onderhoud met Quanita Adams, skrywer-regisseur van Hier.Na
2024-08-28"It is never entirely one's own movie. It's such a collaborative process to make it. And maybe because I am an actor first, I am so accustomed to having things be fluid, and change, that I loved the way the story evolved when people – crew, or cast – brought their own contributions. It's magic. Alchemy."
