Leefstyl
Stimuleer jou sintuie en leef jou uit: LitNet se ruimte vir elke leefstyl-voorkeur.
Stimulate your senses and express yourself: LitNet makes room for every lifestyle preference.
Press release: Call for Submissions for the 2025 National Playwright Competition closing soon
2024-07-24Open to unpublished playwrights who are over the age of 18 and living anywhere in South Africa, the competition calls for scripts, partial scripts or script synopses with a sample of writing in any of South Africa’s official languages.
Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: ’n onderhoud met Bibi Slippers
2024-07-24"Waar begin ’n mens? By Saartjie en die Woordfeesspan, wat basies vir ’n mens vrye teuels gee binne ’n baie breë raamwerk, naamlik: Ons wil vir kunstenaars ’n platform skep om hulle te kom uitleef en hulle kuns te deel, en ons wil vir feesgangers ’n lekker tyd gee." Bibi Slippers praat met Naomi Meyer oor die EasyEquities Skrywersfees by vanjaar se Toyota Stellenbosch Woordfees.
Persverklaring – Een keer om die son: Die musiek agter die emosie
2024-07-23Die klankbaan van ’n TV-reeks of fliek is een van die belangrike elemente om nie net die storie oor te dra nie, maar die emosie in tonele ektra oemf te gee. Toe Ivan Botha en Donnalee Roberts iemand gesoek het om die musiek vir Een keer om die son te doen, het die vervaardiger hulle van die talentvolle Almero Welgemoed vertel.
Die Vrystaat Kunstefees vier die Suid-Afrikaanse kunslandskap van stories in al sy glorie
2024-07-23"Die Vrystaat Kunstefees het duisende mense gelok, en daar was ’n tasbare gevoel van vryheid en kreatiwiteit in die lug," skryf Ignus Rademeyer. "Daar was dan nou ook drie spesifieke dames wat die fees onvergeetlik gemaak het vir my: Elzabé Zietsman, Lara Hattingh en Tollie Parton."
Persverklaring: Spesiale geleenthede vir hele gesin by Klassique
2024-07-22Klein Karoo Klassique bied vanjaar ’n spesiale geleentheid gefokus op gesinne, met Little Maestros: Classical Concerts for Families. “Ons bied met hierdie konserte ’n ontspanne omgewing waar klein oortjies leer deur Mozart, Bach en ander bekende klassieke musiek”, sê Magdalene Minnaar, bekende sopraan en violis in dié produksie.
Sewentiende Artscape Women’s Humanity Festival vra vir sterker optrede teen GBV
2024-07-22"Vroue behoort aan die voorpunt van sosiale verandering te wees en die gereedskap gegee te word om verandering teweeg te bring."
Persverklaring: Tuin van digters vind plaas in Wellington op 13 en 14 September 2024
2024-07-22Tuin van digters vind plaas in Wellington op 13 en 14 September 2024 by die Breytenbachsentrum. Ingrid Jonker is die digter wat postuum gehuldig gaan word.
Persverklaring ‒ Silwerskermfees 2024 kollig: Selah | Press release ‒ Silwerskermfees 2024 spotlight: Selah
2024-07-19Die veelbekroonde regisseur en vervaardiger, Brett Michael Innes (Sink, Fiela se kind), bring met Selah ’n ingetoë, ontstellende verkenning van postnatale depressie (PND) na die Silwerskermfees. Brett het meer van die kortprent vertel. | From the award-winning director and producer, Brett Michael Innes (Sink, Fiela se kind), comes Selah, a contained and disturbing exploration of postnatal depression (PND). Brett shared more about the film.
Persverklaring: Dié skrywers het die 2024 Stellenbosch Woordfeeskortverhaalbundel gehaal
2024-07-19Twee-en-twintig verhale is gekies vir publikasie in die negende Stellenbosch Woordfeeskortverhaalbundel. Dit sluit pennevrugte in van gedugte skrywers soos Frederik de Jager, die bekroonde joernalis Murray La Vita, en Daneel Jantjies wat laasjaar gekies is vir die Jakes Gerwel Stigting se Kommadagga-slypskool.
Persverklaring: Taalgenoot-RUK EN RYM stook alternatiewemusiekvlam
2024-07-18RUK EN RYM 2024 beloof om die alternatiewe musiekvlam wat uit dié vonkie aangesteek is, aan te blaas en vanjaar se kompetisie beloof om groter en beter te wees. Nie net is daar vanjaar ’n noordelike semifinaal by Railways Café in Centurion nie, maar ’n suidelike semifinaal volg kort daarna as deel van die Toyota Stellenbosch Woordfees se amptelike program by die Daisy Jones Bar in Stellenbosch, waar Karen Zoid die gaskunstenaar sal wees.
Winterkokon en pastavelle: avonture met lasagne
2024-07-17"En net daar, met my eie handgemaakte lasagnevelle laag op laag gepak met die geurige vleissous tussenin, het ek nog ’n keer my hart verloor."
Persverklaring: Een keer om die son se talentvolle jongspan
2024-07-16Een keer om die son spog met heelwat jonger akteurs – sommige het reeds hulle merk gemaak, ander is besig om stadig maar seker bekendheid te verwerf. Een keer om die son wys op Dinsdagaande om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144. Episodes is ook op Catch Up op DStv Stream beskikbaar.
Pieces of me: ’n teaterresensie
2024-07-15"Jy wil ook weer jou lewe se stukkies bymekaarmaak vir heelword." Pieces of me is tot 27 Julie 2024 by Baxter Studio in Kaapstad.
Persverklaring ‒ Silwerskermfees 2024 kollig: In die verloop van | Press release ‒ Silwerskermfees 2024 spotlight: In die verloop van
2024-07-15’n Groot verlies en die impak daarvan op twee mense se verhouding, is die spilpunt waarom Emma Kotze en Philip Rademeyer se kortfliek, In die verloop van, wentel. Hulle het ’n paar vrae oor die fliek beantwoord. | The impact of a terrible loss on the relationship between two people is the theme of In die verloop van, a short film by Emma Kotze and Philip Rademeyer. They answered some questions about the film.
Fly me to the moon: ’n filmresensie
2024-07-11"Hierdie fliek sorg vir een van die jaar se mees vermaaklike teruggrype na die goeie ou dae toe romantiese komedies nog snaaks en skerpsinnig was met hitte tussen die held en heldin."
Persverklaring: Die 2024 Woordfees speel, sprankel en spruit dié blomtyd uit
2024-07-11Die 2024 Toyota Stellenbosch Woordfees bot, blom en bruis dié lente uit met meer as 400 unieke produksies wat in nagenoeg 60 venues in en om Stellenbosch aangebied word. Die fees vind vanjaar van 28 September tot 6 Oktober in die Eikestad plaas.
Die Ampie Teater: ’n onderhoud met Anne-Ghrett Erasmus
2024-07-11"Na afloop van die wonderlike konsert op ons agterstoep, moes ek bedankings doen en voilà! Daar spoel die woord spontaan uit my mond: 'Welkom by die Ampie Teater.'"
Persverklaring ‒ Silwerskermfees 2024 kollig: O, Griet! Sy’s droog | Press release ‒ Silwerskermfees 2024 spotlight: O, Griet! Sy’s droog
2024-07-10Zandélle Meyer en Anje Barkhuizen, die regisseurs, gesels oor die kunswerke wat die karakters geïnspireer het, en die emosie wat kuns kan ontlok. | Zandélle Meyer and Anje Barkhuizen, the directors, talk about the artworks that inspired the characters, and how art can stir emotions.
Persverklaring: Een keer om die son ‒ Familiebande op én van die skerm
2024-07-09In vanaand se episode, episode 3 van die reeks van 12 episodes, is dit Maartmaand en word Markus (Liam Bosman) se 18de verjaardag gevier en Ruan (Jacques Bessenger) gaan terug werk toe. Amé (Donnalee Roberts) krap in Lani (Jana Kruger) se verlede en besef Joshua (Ludwig Binge) steek vir haar iets weg. Lani en Markus se ouers, Elma (Joanie Combrink) en Sebastian (Albert Maritz), se huwelik is steeds in die weegskaal al weet Sebastian glad nie hoekom nie.
Press release: Artscape steps up against gender-based violence at their 17th Women’s humanity festival
2024-07-08Artscape will also be inviting participants to play their part towards ending GBV by coming to Artscape at any time during the month of August to sign their #Step-Up for Change Pledge.
