
Kunswerke, kloksgewys: Va Kokwani, Rick Baloyi; A boat comes in, Lien Botha; Mementos, Ella Cronjé; Overlap, Yanna Prinsloo; Rooi gebou, Mosambiek, Ydi Coetsee. Sien al die kunswerke hier.
As jy nie by die Woordfees kan uitkom nie, kan jy steeds aanlyn bie of kuns kyk op die jaarlikse kunsuitstalling en -veiling van die fees, in samewerking met Strauss & Co. Werke van gevestigde en opkomende kunstenaars kan van 28 September tot 6 Oktober in die Stellenbosse stadsaal besigtig word.
Teresa Lizamore is die kurator.
Hoe werk die veiling?
- Bieërs kan aanlyn vanaf enige ligging bie. Die aanlyn veiling by straussart.co.za duur tot 7 Oktober 14:00.
- Aankope kan slegs op straussart.co.za of via Strauss & Co se sellulêre app gemaak word.
- Om te verhoed dat iemand jou voorspring, gebruik ten minste ’n uur voor sluitingstyd om die kuns waarop jy gebie het te monitor of om weer te bie.
- Klik op die “Auction Favourites”-knoppie onder "My Account" om die bogenoemde te monitor.
Volle program en meer inligting oor die kunswerke: https://woordfees.co.za/visuele-kuns-aanlyn-kunsveiling/
Sien ook:

