Strauss & Co-kunsuitstalling
Oude Leeskamer, 28 September – 6 Oktober 2024
Stellenbosch Toyota Woordfees is om die draai! Strauss & Co sal weer die Oude Leeskamer-ruimtes benut met ’n uitstalling wat hoogtepunte van hul komende eerste regstreekse virtuele veiling sal deel. Die uitstalling sal werke insluit van die opwindende internasionale veiling wat in Kaapstad sal plaasvind op 23 Oktober 2024. Die veiling sluit in, onder andere, gesogte werke deur Pablo Picasso, Auguste Renoir en Marc Chagall.
Strauss & Co bied ’n voorskou van uitsonderlike modernistiese en kontemporêre kuns wat opgeveil sal word op 12 November 2024 by die virtuele regstreekse veiling in Johannesburg.
Die uitstalling is daagliks oop van 10:00 tot 17:00.
Klik hier om die program te vergroot.
Sien ook:
Toyota Stellenbosch Woordfees en Strauss & Co se jaarlikse Woordfeesveiling-uitstalling
Kurator: Teresa Lizamore, Stellenbosch-stadsaal, 28 September – 6 Oktober, 2024
Vanjaar se jaarlikse kunsuitstalling en -veiling van die Toyota Stellenbosch Woordfees, in samewerking met Strauss & Co, is ’n geskeduleerde aanlyn veiling. Teresa Lizamore is die kurator van die uitstalling en kunswerke sal vir die duur van die fees in die Stellenbosse stadsaal ten toon gestel word. Die kunswerke op die veiling sluit werke in van gevestigde én opkomende kunstenaars. Bieërs kan op hul persoonlike toestel aanlyn in die stadsaal bie óf van enige ander ligging af.
Die uitstalling is daagliks oop van 10:00 tot 18:00.
Persverklaring: Die Toyota Stellenbosch Woordfees-kunsveiling is nou oop