
https://woordfees.co.za/en/program/premiere-winner/
Hoe swaar om te dra aan jou voorgeslagte se bagasie. Om ’n kroon te dra, om ’n man te wees, of ’n vrou. Om te moet word wat van jou verwag word. Al beteken dit juis die verwagting om (’n koninklike baba) te verwag.
Die toneelstuk speel af in die 1700’s, maar hoe meer dinge verander, hoe meer bly dit dieselfde.
In hierdie pryswennerstudenteproduksie word verwagtinge op hul kop gekeer. Deur die loop van die kort toneelstuk wonder mens telkens hoe dit sal eindig. Elkeen van my raaiskote was verkeerd.
..........
In hierdie pryswennerstudenteproduksie word verwagtinge op hul kop gekeer. Deur die loop van die kort toneelstuk wonder mens telkens hoe dit sal eindig. Elkeen van my raaiskote was verkeerd.
............
Was die jong koning wat so gebuk gaan onder sy moeder se eise en stories in sy kop ingeprent dalk al die tyd reg oor wie sy vrou was? Of die waarde van grond, waarvan die lof besing word. Is dit regtig so waardevol, oplaas?
Dis maklik om hierdie teaterstuk ’n studenteproduksie te noem, maar dis nog iets waar verwagtinge op die kop gekeer word. Elkeen van die akteurs, sowel as die skrywer en regisseur, is volwaardig reeds akteur.
Die stuk is bekroon as beste toneelstuk by die Première-teaterfees vroeër vanjaar. Die skrywer van die teks is Nichola Viviers, en sy is ook die regisseur. Die akteurs is Jeanne-Marié Koekemoer, Heinrich Wentzel en Angelique Filter. Twee van die akteurs is van hul skooldae reeds, gedurende die inperkingstyd, vir hul werk vereer. (Lees ’n onderhoud met Jeanne-Marié Koekemoer en ’n onderhoud met Nichola Viviers.) Angelique Filter het ook onlangs ’n toekenning ontvanng vir ’n ander produksie waarby sy betrokke was (kyk na hierdie persverklaring).
Na die produksie stap ek in die voorportaal van die Adam Small-teater verby foto’s van Tinarie van Wyk-Loots, ’n teaterlegende in die dorp. Oor ’n klein rukkie, is my gevoel, sal die foto’s van die studente op die verhoog vanaand ook daar te sien wees.
Lees ook:
Persverklaring: Verskeie bekroonde produksies by KKNK te sien
Lara Foot’s Othello at the Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: Angelique Filter’s review