
Rose is rooi, die kleur van liefde is rooi, en so is Liza Nel se nuwe enkelsnit ook “Rooi”!
Liza het met haar vorige enkelsnit, “My bok”, gesing oor haar man, Ricus Nel. Hierdie keer sing sy oor die kleur rooi en sy beskryf die liefde as “hoe ouer, hoe beter”, net soos rooiwyn.
“Liefde is ’n taal wat almal praat en waarmee almal kan vereenselwig – hetsy dit goed of sleg is. In ‘Rooi’ word liefde vergelyk met verskillende drankies, maar die rooiwyn is die ware liefde. Want soos rooiwyn, word liefde net beter met tyd,” deel Liza die betekenis van die metafoor.
Die nuwe liedjie is geskryf deur Emil Paul en om jou tot op die dansvloer te lok het Murray Lubbe gesorg vir die produksie.
Klik hier om “Rooi” op die platform van jou keuse te luister.


Kommentaar
Wat 'n fenomenale bydrae tot die Afrikaanse kultuurskat. Die lirieke is van hoogstaande literêre gehalte.