Persverklaring: Jo Black vertel die storie van "Die brug"

  • 0

Jo Black kán ’n storie vertel, en as hy begin sing, gee hy dieselfde storie vlerke. Hierdie keer vertel Jo Black die storie van “Die brug” en die enkelsnit is nou beskikbaar.

“‘Die brug’ is vir my ’n simbool om twee onbereikbare punte te verbind. As ons nie om, onder of deur iets kan gaan nie, gaan ons bo-oor. ’n Brug word nie net van een kant af gebou nie, maar van twee punte af. Kom ons bou saam aan die brug, aan ons verhoudings, om mekaar te help, mekaar te dra en mekaar die pad te wys,” vertel Jo oor “Die brug”.

Die liedjie is geskryf deur Jo Black en Don Kelly en vervaardig deur Murray Lubbe. Jy gaan meer as een keer na hom wil luister. Hoe harder, hoe beter.

Klik hier om “Die brug” op die platform van jou keuse te luister.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top