Leefstyl

Stimuleer jou sintuie en leef jou uit: LitNet se ruimte vir elke leefstyl-voorkeur.
Stimulate your senses and express yourself: LitNet makes room for every lifestyle preference.

Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: ’n onderhoud oor Marie se laaste dag

Naomi Meyer, Mercy Kannemeyer Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-09-23

"Met moontlik sensitiewe materiaal, al is dit ’n komedie, sal ek ook nooit doelbewus skok nie. Die skokfaktor is oud en goedkoop. Daar’s slimmer maniere om stories te vertel."

Persverklaring: kykNET-Rapport-boekpryse 2024

LitNet Boeke en skrywers 2024-09-21

Die kykNET-Rapport-boekpryse, wat altesaam R1 miljoen bedra, is op Saterdagaand 21 September 2024 in Kaapstad oorhandig. Met dié pryse word jaarliks erkenning gegee aan uitnemende Afrikaanse boeke en resensies wat die vorige kalenderjaar verskyn het. Hier is al die wenners!

Commendatio: kykNET-Rapportprys vir fiksie 2024

Ryan Pedro Boeke en skrywers 2024-09-21

"Die mooiste oomblikke in die boek sleur mee, en die hartverskeurendstes sny regdeur die been, tot by die murg."

Commendatio: kykNET-Rapport Herman Binge-filmprys 2024

Beer Adriaanse Boeke en skrywers 2024-09-21

"Vuurvoël benut ’n verskeidenheid groot temas, maar waar dit werklik uitstyg, is in die aanwending van ’n deurweekte en skalkse humorsin wat, soos met enige chemiese verbinding, in baie presiese mates bygevoeg moet word om te werk. Dit is die soort materiaal waaroor ’n filmmaker droom."

Commendatio: Jan Rabie-Rapportprys 2024

Francois Smith Boeke en skrywers 2024-09-21

"Dit is nogal seldsaam dat ’n wildvreemde nuweling op die literêre toneel met soveel beheer en trefsekerheid skryf."

Commendatio: kykNET-Rapportprys vir niefiksie 2024

Lindie Koorts Boeke en skrywers 2024-09-21

"Die binneland in is ’n Nissan 1400-bakkie van ’n boek: klein, onopgesmuk, ’n bekende en betroubare werkesel, maar sy eenvoud is bedrieglik."

Commendatio’s: kykNET-Rapportpryse vir Boekresensent van die Jaar 2024

Bibi Slippers Boeke en skrywers 2024-09-21

"Nathan Trantraal se bespreking van Vlug van ’n vreemdeling, Bester Meyer se omdigtings van Magmoed Darwiesj se gedigte in Afrikaans, is ’n lig waarby die boek gelees kan word. [...] Lindie Koorts se resensie van Onder ’n bloedrooi hemel deur Annemarié van Niekerk is kragtig, weldeurdag, diepgaande en oorspronklik."

Autoplay: ’n teaterresensie

Maryke Roberts Teater 2024-09-20

"Die dansers kneus hul lywe met aanhoudende gekap, geval, gerol, rooi hale later sigbaar. Die ongenaakbaarheid van die harde verhoog teen hul sagte lywe is ’n metafoor vir die ongenaakbare aanslag van KI op die sagtheid van menswees."

approximations to a voice: ellipsis, ’n groepsuitstalling saamgestel deur Jean Dreyer – ’n resensie

Corneli Quinn Kuns 2024-09-19

"Die woord ellipsis in die titel van die uitstalling verwys dus na ’n weglating en suggereer dat ’n leemte of opening geskep word én dat iets ongesê gelaat word. Dit is egter ook ’n begin- of uitgangspunt. Die leemte of opening wat die kunsuitstalling skep, dien as ’n uitnodiging aan die galerybesoeker om sy of haar verbeeldingstogte aan te roer, om te begin luister na dit wat die metaforiese stem van die uitstalling nié sê nie, dog moontlik wel geluidloos impliseer."

Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: ’n onderhoud met Jaco van der Merwe

Jannike Bergh, Jaco van der Merwe Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-09-19

"Worldplay is een van my gunstelingprojekte. Dis basies soos ’n game show, waarin ’n handvol digters en ’n handvol musikante beurte maak om saam te improviseer. Dis amper soos Spin the bottle: ’n Digter en ’n musikant se name word getrek en dan moet hulle saam op die verhoog ’n stuk opvoer. Die collaborations is 100% unrehearsed en spontaan."

Tuin van Digters 2024: Engela Duvenage deel haar foto’s

Engela Duvenage Feeste 2024-09-18

"Saamsaam was die tema van vanjaar se Tuin van Digters-fees op Wellington, wat op 13 en 14 September 2024 by die Breytenbach Kultuursentrum aangebied is."

Lara Foot’s Othello at the Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: Dhania Kara Schultz’s review

Dhania Kara Schultz Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-09-17

"This multilayered representation of a timeline of colonisation and attempts at decolonisation make for a complex, nuanced production, subverting many of Shakespeare’s prevalent themes and bringing Othello firmly into the political landscape of the 21st century, despite its 1900s setting."

Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: Alfred & Marc – ’n onderhoud met Alfred Adriaan

Liné Loff, Alfred Adriaan Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-09-17

"Ek skryf stories wat ek snaaks vind en leef maar soos almal met kinders en ’n roetine. So in my dag tel ek die idees op en maak kort notas en so begin dit."

Slices of heaven: Open Book Festival 2024

Karina Magdalena Szczurek Books and writers 2024-09-16

"The weekend of the Open Book Festival forced me to think a lot about life and death. And about heaven. This year, the brilliant scholar, writer and feminist Pumla Dineo Gqola officially opened the festival on Thursday evening at The Book Lounge, and called it her 'slice of heaven'. For many of us regulars, that is precisely what the Open Book weekend is: a slice of literary heaven."

Elders gesien: Tuin van Digters 2024

Henk Serfontein Feeste 2024-09-16

"Ek het ook uiteindelik vir Lynthia Julius en Alwyn Roux ontmoet wat in gesprek was oor hul onderskeie digbundels. Daar was ernstige oomblikke wat direk in ons gedeelde verwonding ingegaan het, maar die gesprek het ook na baie sexy plekke gegaan wat die gehoor laat skater het van die lag."

Momentum Beleggings Aardklop 2024: ’n onderhoud met woordghoeroe en straatmusikant Nicky Grieshaber

Naomi Meyer, Nicky Grieshaber Aardklop 2024-09-16

"Ek soek nog na ’n Afrikaanse woord vir 'busk' wat 'straatmusiek maak' nie tot strate beperk nie. Die busking gaan plaasvind by wat op die feesterreinkaart as die Speelpark aangedui word. Daar gaan glo drie van ons wees wat beurte maak."

Aardklop 2024: Magda Louw – ’n les in kletterkunde: ’n onderhoud met Desiré Gardner

Yolanda du Toit, Desiré Manthey Gardner Aardklop 2024-09-13

"Die kykNET-storiefilm, en toe uiteindelik die reeks, hou vir seker die karakter konstant aan die lewe, want ek is óf besig om te skryf, óf besig met voorbereiding vir skiet; of ek is besig om dit uiteindelik te ontleed op die kassie. So dit voel amper of Magda heeltyd so half lewe in my agtergrond, hetsy preproduksie, huidig, of postproduksie. En daar is min dinge so lekker soos dit."

Hier.Na – ’n Silwerskermfees-film review van ’n Muslim Malay perspective

Tasneem Daniels Film 2024-09-13

"Die kifaayt klops was ’n awesome conundrum innie film gewies, en in daai geval het Hier.Na baie mooi die film aangebied as ’n dokudrama, alhoe wassie genre vannie film nie rêrag as ’n documentary bedoel nie. Djy moesie hele film klaa’ watch om te lee’ hoe wêkie kifaayt klops in function en form, en hoer’t uitgerol was in hierie storie se familie."

Sluk daai ertjies (saam met pasta, spek en room)

Karen Hart Kos en wyn 2024-09-13

"Maar noudat ek my woorde gesluk het – en daarmee saam ’n hele vurkvrag groen albastertjies – bly my gunsteling-ertjiemaal hierdie eenvoudige pastagereg. Jy kan natuurlik jou eie pasta maak, wat die gereg nóg lekkerder maak – maar as die tyd min is ..."

Skermgreep: kykNET Silwerskermfees 2024 – ’n blik op die pas afgelope fees

Leon van Nierop kykNET Portaal 2024-09-12

"Tevore is versigtig met die nuwe vryheid omgegaan. Maar vanjaar het daar ’n uitbundigheid en manhaftigheid (vrouhartigheid!) geheers waar die meeste produkte stylvol en verantwoordelik afgerond is, maar altyd gedissiplineerd met respek vir die filmmedium."

Top