
FilosofieKafee, 1 November 2024
Tema: Wie weet waar die Willelinge woon?
Spreker: Louise du Toit
Vir ons gesprek sal Louise kortliks ondersoek instel na die idee van wild soos vervat in wildheid, wildwees, wildernis. Die betekenis van die konsep, gewoonlik gekontrasteer met idees soos makheid, bruikbaarheid, gebreek of ingebreek wees, gekultiveer, gedomestikeer, beskaaf en “ge-potty train”, is op sigself al interessant. Maar dan is daar ook die singewende idees daaragter: ons dink tog meestal daar bestaan so iets soos “suiwer” wilde dinge (“willelinge”!), maar dis nogal moeilik om hulle aan te dui. Of is wildheid eerder teenwoordig oral waar daar lewe is? Maar hoe onderskei ons dan in verskillende lewensvorme tussen hulle wilde en hulle mak kante? Hoe mak is die mens?
“Ek beoog om aansluiting te vind by Frans de Waal (Primates and philosophers), Mark Rowlands (The philosopher and the wolf), Richard Louv (Last child in the woods) en Aldo Leopold (A sand county almanac and sketches here and there).
“My ma het gegló aan vakansie hou, soos aan min ander dinge. Op die dag wat die skool sluit, moet die kar gepak word en die volgende oggend 3uur vertrek ons met die kombi, skaaphond en vier kinders op vakansie. Kinders word sommer so slaap-slaap in die kar gelaai en word eers wakker as die son oor die Karoo opkom. Somervakansies was by die Breërivermond en wintervakansies was kamp in Kimberley se bosveld. Duisende ure van my grootwordjare het ek die getye, sandbanke, visse, krewels, seegrasse en krappe van die riviermonding en die kliprandjies, kittels, en dongas van die bosveld vry verken. Ek dink my vesels, harsings en alles, is híérvan gemaak.”
Louise du Toit is Professor in Filosofie by die filosofiedepartement op Stellenbosch
- PLEK: Die ATKV-Bôrdienghuis Teater, Breytenbach Sentrum, Wellington
- DATUM: Vrydagaand 1 November 2024
- TYD: Vanaf 6nm
- TOEGANG: R150pp sluit ’n glasie welkomsdrankie in.
- Pizza, soetgoed en koffie/tee is ekstra beskikbaar.
Iedereen welkom!
Twee gratis kaartjies vir studente of nuwelinge!
Bespreek asb spoedig by Lamé 0828951139 of oopgesprek@filosofiekafee.co.za en betaal met dié verw no W01/11 én jou naam direk by dié portaal: http://pay.yoco.com/filosofiekafee.

