
“Die deur” het met sy vrystelling groot opslae gemaak, maar Christia het nog nie die volle storie vertel nie. Sy vertel nou die res van die storie in haar nuwe enkelsnit, “Ek sien jou”.
“Ek wou al vir lank 'n liedjie vir my pa skryf. Die liriek ‘ek sien jou’ is vir my belangrik, want dis al wat ons almal eintlik wil hê – om gesien te word. Die liedjie het ’n sterk konneksie met ‘Die deur’, wat ek ook geskryf het met my pa in gedagte. Ek weet nou dat dinge kan verkeerd gaan, maar nog steeds mooi uitdraai,” deel Christia.
“Ek sien jou” is geskryf deur Christia Visser, Don Kelly, Emil Paul en Dirk van Niekerk. Dirk van Niekerk, wat Christia se treffers “Die deur” en “17 shots” vervaardig het, het ook hierdie liedjie vervaardig.
Die deur was dalk oopgelos, maar Christia maak nou die deur toe met “Ek sien jou”.
Klik hier om “Ek sien jou” op die platform van jou keuse te luister.

