Persverklaring: Nuwe kurator van visuele kuns vir KKNK

  • 0

Die bekroonde visuele kunstenaar en kurator Liza Grobler is die KKNK se nuwe kurator van visuele kuns.

Grobler woon reeds meer as drie jaar op Oudtshoorn en is welbekend met die KKNK se gehore en aktiwiteite. In 2023 was sy die KKNK se feeskunstenaar en haar uitstalling, Inkommers, laatkommers & laatlammers, asook haar Droom-installasie in samewerking met die Oudtshoorn ReWOLusie, het aan haar die Kanna vir beste visuele kunsaanbieding besorg. Sy was ook in 2022 die eerste kurator van visuele kuns tydens Klein Karoo Klassique.

Sy neem die leisels oor by Dineke Orton, wat dié rol vir die KKNK vanaf 2020 tot 2024 vertolk het.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top