
“Unable are the loved to die. For love is immortality.” – Emily Dickinson
Ek het ’n paar aande gelede ’n jong vrou dopgehou in die dowwe lig van Nameless, ’n kroeg, terwyl sy die een ná die ander heliumballon leeg suig, met Mandoza se “Nkalakatha” wat deur die luidsprekers speel.
Ek verduidelik toe aan my vriend, Eoin, van Ierland, dat hierdie nogal ’n bevange liedjie op laerskool op Williston was.
“Where are you from?” skree-vra ek vir die vrou?
Sy neem die laaste suig van haar ballon, bestel nog een. “Germiston. You?”
“I’m from Cape Town.”
Skielik verander die musiek na iets hartseer met die lirieke:
She was in a state of mind
To seek everything she dreamed of
She thought she’d meet the love of her life
But her heart did not believe her
Sunflowers grow fast as if the sun shines on their leaves
Old enough to see it
Too young to feel it
I don’t belong here anymore.
Ek staan op en gaan sit by haar aan tafel teen die venster. Voor my op die rooi tafeldoek met prentjies van corgi’s staan ’n paar glase in ’n ry met iets wat na brandewyn-en-Coke lyk. Bo ons koppe hang verlede jaar se Kersfeesversierings – silwer balle en sneeumannetjies – nog steeds.
“How long have you been in Vietnam?” vra ek.
Sy suig nog ’n ballon leeg. En, oudergewoonte, bestel sy weer.
“A few years.”
Sy sing saam op die deuntjie van dié hartseerliedjie.
“Whose song is this?” wil ek weet.
“LNDE. Sunflowers.”
Sy vat ’n sluk van haar drankie gevolg deur nog ’n suig van die ballon.
“Are these one of those black watermelon-flavoured balloons?”
Sy knik.
“What’s your name?”
Sy mompel iets – te onduidelik om uit te maak.
Soos die aand verloop het, het die ballonne die een ná die ander aanhou kom. Ek het op nommer 40 opgehou tel.
“My husband is dying,” sê sy. Sy draai haar troupand ’n paar keer in die rondte.
Hy lê op sterwe iewers in Suid-Afrika ná ’n fratsongeluk in water, het ek uitgevind.
Dié vrou, al die pad van Germiston – ek skat haar 30 – sit hier op ’n ander vasteland en in ’n ander tydsone terwyl haar man besig is om sy laaste asem deur sy longe te neem.
“He is virtually braindead. Married for two years.” Sy neem ’n suig van haar ballon. “He went home to visit family. That was goodbye.”
Vir ’n paar oomblikke weet ek nie wat om te sê of hoe om te reageer nie. “Can’t you fly back to South Africa?”
Sy skud haar kop. Afskeid is nie nou moontlik nie.
“Can you please leave me alone and go back to your table?” vra sy.
Ek staan op en stap terug na ons tafel toe, en net voor ek my sit by Eion kon kry, hoor ek die vrou snik.
’n Paar minute verloop sonder musiek wat speel. Net die geluid van iemand wat aan iets suig, is hoorbaar.
Dan praat sy. Haar selfoon in haar hand.
“Hy is dood. They pulled the plug. The curtain has fallen.”
Lees ook:

