Zalman Davis

Zalman Davis is 'n digter, skrywer en stigter van Minimal Press.

Die jaar van die slang

Zalman Davis Reis 2025-02-05

"Ons sit by ’n vuurherd. Ek en drie H’mong-vroue. Voor ons prut ’n groot pot sous met verskillende groente vir later se hotpot-ete. Agter, in die kombuis, staan twee mans met groot messe. Hope varkvleis lê in blokkies opgekap. Buite is dit onmenslik koud, maar die perskebome bot." 

Chinese Nuwejaar

Zalman Davis Reis 2025-01-29

"Laatmiddag stap ek deur die smal strate. Oral loop buffels, hoenders met kuikens, kinders en makoue rond. Die vallei is toe onder die mis. By elke huisie trek daar rook uit tot bo die berg. Dit reën saggies."

Boere by Thabazimbi en ander verhale: In gesprek met die uitgewer

Surene Esterhuizen, Zalman Davis Boeke en skrywers 2025-01-29

"Kortverhaalbundels maak nie geld nie, maar die literêre waarde daarvan is soveel groter, en ek dink dis nodig om ’n platform vir opkomende skrywers te skep waar hulle blootstelling vir hul werk kan kry."

Burning beds

Zalman Davis Reis 2025-01-10

"Die vroue gooi nog vullis op die vuur. Een vee oor haar kop, haar oë skeefgetrek van die rook. Dan gooi sy polistireen op. Doelgerig."

Lost in translation

Zalman Davis Reis 2024-12-23

"Die man, met ’n kaalkop soos ’n biljartbal, maak ’n groot fout: Hy dink Google Translate kan romanse red. Sy selfoon lê op die tafel. Die skerm vol vetvlekke van sy vingers. Met die konsentrasie van iemand wat ’n bom probeer ontlont, begin hy tik."

Solomon gaan Parys toe

Zalman Davis Fiksiekompetisies 2024-12-12

"My wingmen wil slaap. Ek sit my bier op die bedkassie en klim in die bed, klere en al. All Star-tekkies in die lug."

Die dag toe ek die Here en ’n hond ontmoet het

Zalman Davis Reis 2024-11-15

"Die reusagtige gebou staan enkele meters voor my. ’n Katolieke kerk. In Boeddhistiese Viëtnam. Ek stop, haal my helm af. Amper enkeldiep stap ek met my swart Lazada-stewels deur die modder om by die kerkdeur uit te kom. Dis toe ek ’n gegrom hoor."

Op helium

Zalman Davis Reis 2024-10-18

"Ek het ’n paar aande gelede ’n jong vrou dopgehou in die dowwe lig van Nameless, ’n kroeg, terwyl sy die een ná die ander heliumballon leeg suig, met Mandoza se 'Nkalakatha' wat deur die luidsprekers speel."

Die Diana Ferrus-prys: ’n onderhoud met Zalman Davis

Naomi Meyer, Zalman Davis Boeke en skrywers 2024-10-04

"Die Diana Ferrus-prys word toegeken vir die beste poësiebydrae, en dis gestig om Afrikaanse streekstale te bevorder – of dan nou die sogenaamde Huisafrikaans. Ons glo dat die prys ’n baanbrekerinisiatief is wat poog om die ryk diversiteit van Afrikaans te bevorder en van dialekte wat dikwels misgekyk word. Ons skep ’n ruimte waarin digters hul uniekheid kan vier."

Vlug ET640

Zalman Davis Menings 2024-09-04

"Dis net ná 8 die oggend en ek stap op vlug ET640, in ’n Boeing 787-8, onderweg na Addis Abeba vanaf OR Tambo Internasionale Lughawe ..."

Odd Bins & Breyten

Zalman Davis Menings 2024-08-13

"Ná ’n dag in Pretoria bevind ek my op Tinder, die dating toep vir al die so-called decent mense. Op my kamerbalkon sit ek in my kort, pienk slaapbroekie en kyk uit op die Uniegebou wat ’n paar kilometer ver is. As jy mooi kyk, sien jy die Nelson Mandela-standbeeld in die middagson blink.  Swipe links, swipe regs. Match."

Die jong man van Oekraïne, ’n ware verhaal

Zalman Davis Menings 2024-06-24

"Ek kyk af vloer toe. Ek kan die man se oë op my voel. Ek krap in die sak vir nog ’n bier. G’n mens kan in sulke geselskap wees sonder drank nie."

Elders gesien: ’n Jaar gelede is ek uit Suid-Afrika uit

Zalman Davis Elders gesien 2023-12-13

"Ek weet nie vir hoe lank hierdie reis nog gaan voortduur nie, maar kom saam."

Seen elsewhere: Rest in peace, Simone Cilliers Jonker

Zalman Davis Elders gesien 2023-02-01

"In 2019 you said: 'Ek mis my ma se arms om my.' I hope you are sitting on Ingrid’s lap, the two of you singing 'Toemaar, die donker man'."

’n Onderhoud met Zalman Davis, die jongste uitgewer in die land

Carla van der Spuy, Zalman Davis Onderhoude 2020-01-28

"Jy moet maar ietwat dikvellig wees en deursettingsvermoë aan die dag lê."

Top