Zalman in Pakistan
2025-10-08"Karachi is nie vir die first-time traveller nie. Hierdie plek is rou. Hier’s geen fasade nie."
Die vrou met die trollie
2025-06-12"Sy staan die meeste oggende aan die einde van Phạm Văn Đồng-pad, naby ’n elektriese paal met ’n plastieksak daaraan vasgebind. ’n Bejaarde vrou. Sy dra altyd dieselfde koniese hoed, dieselfde wit handskoene en beweeg met dieselfde skewe stap. Sy loop vinnig, maar sonder om te jaag. Haar trollie, bymekaargehou met tou en geroeste draad, rol voor haar uit en maak ’n skuurgeluid met elke stoot."
’n Mohammedaan en sy vark
2025-04-25"Op die skinkbord is ’n rooi hoop rys. En bo-op sit ’n heelgekookte hoender met ’n rooi roos in sy bek. 'What the ... ?' vra Mohammed in lettergrepe."
I live in the slums by Can Xue: a reader’s impression
2025-03-10"Can Xue’s writing operates on the logic of dreams, and as such, the experience of reading I live in the slums is one of continuous disorientation."
Die jaar van die slang
2025-02-05"Ons sit by ’n vuurherd. Ek en drie H’mong-vroue. Voor ons prut ’n groot pot sous met verskillende groente vir later se hotpot-ete. Agter, in die kombuis, staan twee mans met groot messe. Hope varkvleis lê in blokkies opgekap. Buite is dit onmenslik koud, maar die perskebome bot."
Chinese Nuwejaar
2025-01-29"Laatmiddag stap ek deur die smal strate. Oral loop buffels, hoenders met kuikens, kinders en makoue rond. Die vallei is toe onder die mis. By elke huisie trek daar rook uit tot bo die berg. Dit reën saggies."
Boere by Thabazimbi en ander verhale: In gesprek met die uitgewer
2025-01-29"Kortverhaalbundels maak nie geld nie, maar die literêre waarde daarvan is soveel groter, en ek dink dis nodig om ’n platform vir opkomende skrywers te skep waar hulle blootstelling vir hul werk kan kry."
Burning beds
2025-01-10"Die vroue gooi nog vullis op die vuur. Een vee oor haar kop, haar oë skeefgetrek van die rook. Dan gooi sy polistireen op. Doelgerig."
Lost in translation
2024-12-23"Die man, met ’n kaalkop soos ’n biljartbal, maak ’n groot fout: Hy dink Google Translate kan romanse red. Sy selfoon lê op die tafel. Die skerm vol vetvlekke van sy vingers. Met die konsentrasie van iemand wat ’n bom probeer ontlont, begin hy tik."
Solomon gaan Parys toe
2024-12-12"My wingmen wil slaap. Ek sit my bier op die bedkassie en klim in die bed, klere en al. All Star-tekkies in die lug."
Die dag toe ek die Here en ’n hond ontmoet het
2024-11-15"Die reusagtige gebou staan enkele meters voor my. ’n Katolieke kerk. In Boeddhistiese Viëtnam. Ek stop, haal my helm af. Amper enkeldiep stap ek met my swart Lazada-stewels deur die modder om by die kerkdeur uit te kom. Dis toe ek ’n gegrom hoor."
Op helium
2024-10-18"Ek het ’n paar aande gelede ’n jong vrou dopgehou in die dowwe lig van Nameless, ’n kroeg, terwyl sy die een ná die ander heliumballon leeg suig, met Mandoza se 'Nkalakatha' wat deur die luidsprekers speel."
Die Diana Ferrus-prys: ’n onderhoud met Zalman Davis
2024-10-04"Die Diana Ferrus-prys word toegeken vir die beste poësiebydrae, en dis gestig om Afrikaanse streekstale te bevorder – of dan nou die sogenaamde Huisafrikaans. Ons glo dat die prys ’n baanbrekerinisiatief is wat poog om die ryk diversiteit van Afrikaans te bevorder en van dialekte wat dikwels misgekyk word. Ons skep ’n ruimte waarin digters hul uniekheid kan vier."
Vlug ET640
2024-09-04"Dis net ná 8 die oggend en ek stap op vlug ET640, in ’n Boeing 787-8, onderweg na Addis Abeba vanaf OR Tambo Internasionale Lughawe ..."
Odd Bins & Breyten
2024-08-13"Ná ’n dag in Pretoria bevind ek my op Tinder, die dating toep vir al die so-called decent mense. Op my kamerbalkon sit ek in my kort, pienk slaapbroekie en kyk uit op die Uniegebou wat ’n paar kilometer ver is. As jy mooi kyk, sien jy die Nelson Mandela-standbeeld in die middagson blink. Swipe links, swipe regs. Match."

