Teen die donker van Thanh Xuân se horison sit ’n jong man. Sy boep hang onder sy T-hemp uit. Hy haal ’n Kent-sigaret uit die pakkie wat langs hom lê.
“Would you like one?” vra hy en steek ’n sigaret na my toe uit.
Ek knik. Ek het lank gelede opgehou rook, maar wanneer ek drink, sal ek dan en wan dié sonde geniet.
Ek druk my regterhand diep in die Circle K-plastieksak wat langs my voete lê. My vingers klem moeiteloos om ’n Bia Hanoi-bier. Met die ander hand steek ek die sigaret aan.
“Where are you from?” probeer ek geselskap maak.
Die man, wat nie ouer as 21 kan wees nie, teug aan sy sigaret. “I’m from the Ukraine. You must be somewhere from Africa, right? Maybe South Africa. You have a different accent."
Langs hom lê sy bulldog. Dié slaap deur die reëndruppels wat op sy kop val.
“Yes, I’m from South Africa. I’m Kai,” sê ek.
Hy stel homself voor, maar ek kan nie uitmaak wat hy sê nie.
“What brings you to Vietnam and Hanoi?” vra ek.
Hy haal sy skouers op, loer oor die muur van die dakstoep en tuur die nag in.
Stilte.
“Do you know about the war in Ukraine? I ... I ...” – hy soek na woorde – “I escaped my country. I did not want to be recruited for the war.”
Ek leun vorentoe en vat ’n sluk van my bier.
“Currently, my father is in the hotspot of the war. It is still continuing.”
“It must be tough having family in such a situation,” sê ek. “We don’t know anything other than what we read in the newspapers, and here you have first-hand experience. You were there and your family is still there. And no one can do anything about it.”
Hy skud sy kop; sy gesig emosieloos.
“You say no one can do anything about it?” Hy grynslag. “When I received my second salary as an English teacher I sent my father money home so he can buy a gun. It was my promise to him that I will help.”
Ek vryf versigtig oor Bulldog se steekhaarmaag.
Iewers jaag ’n ambulans verby. Die nag word stiller.
“You know," sê hy en teug aan die sigaret. “Fucking Russians invaded my aunt’s home just a few months ago. They bombed their car; they killed my uncle. My thirteen-year-old niece had to run for her life. They shot her until she hit the ground. Face down. Luckily, she did not die. She waited for the Russians to leave before looking for help. To me, this is so personal.”
Ek kyk af vloer toe. Ek kan die man se oë op my voel. Ek krap in die sak vir nog ’n bier. G’n mens kan in sulke geselskap wees sonder drank nie.
“Has your father bought that gun yet?”
Hy knik. “My father has started doing what he had to do to protect our family and country.”
Hy strek sy hand uit na die foon wat voor hom lê en tik vinnig ’n wagwoord in.
“I’m not sure if I must show you, but do you want to see a video of my father?”
Sonder om te huiwer sê ek dadelik ja. Ek hou mos van doodslag en geweld. Ek was immers ’n misdaadverslaggewer by ’n klein plaaslike koerant in Noordwes.
Op die donker verligte selfoonskerm staan ’n man in kamoefleerdrag. In die bak van sy hand is ’n sigaret – so verberg sodat die vyand nie die gloeiende rooi kooltjie moet sien nie. Ná ’n paar sekondes gaan lê die man plat op die grond met sy geweer netjies teen sy regterskouer.
Skoot.
Skoot.
Skoot.
Hy staan vinnig op en hardloop na waar die teiken is.
’n Man, sekerlik iewers in sy twintigs, nes sy seun, lê op ’n hoop. Inmekaar gesak. Tussen sy bene lê ’n wapen. Bloed borrel by sy mond uit.
Skoot.
Dié een tussen die oë. Die Oekraïner se pa mompel iets in sy taal.
“What did your father tell the Russian?” vra ek en gee die foon terug.
“He said, ‘Lord, the Great, protect our beloved. Let us grow.’ It’s like an anthem for our people by Mykola Lysenko.”
Tussen die teug van ’n sigaret en ’n sluk bier staan die man langs my op. Hy loer oor die muur van die dakstoep.
Kalm en optimisties sê hy: “By the time this war is over, my father and our people would’ve reached the gates of Moscow. We will conquer. For freedom. For peace. For our future and for our family.”
“Pray for Ukraine, Kai. Pray. Pray for us, just like people do for Gaza,” sê hy en verdwyn na die hysbak.
Dan draai hy hom.
“Slava bohu.”
Glorie aan God.
Kommentaar
Jissie. Soos vir Ukraïne so vir Gaza so vir "All of Us". Glorie aan God(?).
Dankie Kai, dankie dat jy die jong man met die boepens se storie so eerlik gedeel het. I don't know, I just. don't. know.