Odd Bins & Breyten

“Ná ’n dag in Pretoria bevind ek my op Tinder, die dating toep vir al die so-called decent mense. Op my kamerbalkon sit ek in my kort, pienk slaapbroekie en kyk uit op die Uniegebou wat ’n paar kilometer ver is. As jy mooi kyk, sien jy die Nelson Mandela-standbeeld in die middagson blink.  Swipe links, swipe regs. Match.”