Persverklaring: Mendelssohn se Elijah by Endlersaal in November

  • 0

Johan de Villiers (Foto: verskaf)

Mendelssohn se Elijah, onder leiding van Johan de Villiers
16 en 17 November 2024, 15:00 | Endlersaal | SU Konservatorium

Brittany Smith (sopraan)
Minette du Toit-Pearce (mezzo-sopraan)
Siphe Mdena (tenoor), Conroy Scott (bariton)
100 oud-Libertaskoorlede en orkes van 45 professionele instrumentaliste
met Petri Salonen (konsertmeester)
Zorada Temmingh (orrel)

As een van die finale aanbiedings van die 2024-Endler-konsertreeks, dirigeer Johan de Villiers op 16 en 17 November twee uitvoerings van Felix Mendelssohn se oratorium Elijah.

Brittany Smith (sopraan), Minette du Toit-Pearce (mezzo), Siphe Mdena (tenoor) en Conroy Scott (bariton) tree as soliste op, met laasgenoemde in die titelrol van Elija, waarvoor hy ná die 2018-Woordfees die trofee vir die beste vertolker in vokale klassieke musiek toegeken is.

Minette du Toit-Pearce (mezzo-sopraan) en Brittany Smith (sopraan). Foto’s: verskaf

Die koor van meer as 100 sangers bestaan meestal uit oud-lede van die Libertaskoor, maar word ook aangevul met ’n aantal talentvolle koorsangers uit die Wes-Kaap. Die orkes bestaan uit 45 professionele instrumentaliste, met konsertmeester Petri Salonen en die orrelbegeleiding word waargeneem deur Zorada Temmingh.

Die eerste uitvoering van Elijah, gedirigeer deur Mendelssohn self, het plaasgevind op 26 Augustus 1846 in Birmingham, Engeland en dit was ’n dawerende sukses. Mendelssohn se geniale musikale uitbeelding van grepe uit die profeet Elija se lewe, met tekste direk uit die twee Konings-Bybelboeke, behou tot vandag die onteenseglike status as een van die heel geliefste en mees uitgevoerde oratoria. Ná ’n naatlose ineenvloeiing van hoë drama, afgewissel met lieflike liriese oomblikke, word die oratorium uiteindelik op ’n hoogtepunt afgesluit deur die magtige slotkoor met die profetiese Jesaja-teks: “And then shall your light break forth.”

Kaartjies teen R320 elk is beskikbaar by Webtickets.

Konsert-details:

Saterdag 16 en Sondag 17 November, 15:00
Endlersaal, SU Konservatorium, Stellenbosch
Bespreek by Webtickets hier.

Vir meer inligting kontak: 

Epos:  concerts@sun.ac.za  
Tel: 021 808 2358  
Webwerf: www.endler.sun.ac.za 
Instagram: www.instagram.com/sukonservatorium 
Facebook: www.facebook.com/Stellenbosch.Konservatorium 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top