
Op 11 Maart 2011 het ’n verwoestende tsoenami Japan getref. ’n Onderwyseres wat Engels in Japan gee, Angelique Naudé, het die ramp eerstehands meegemaak en het haar ervarings en indrukke met die bekende joernalis Schalk Schoombie gedeel. Schalk het dit in ’n bekroonde radiodrama verwerk, en later ’n jeugdrama.
In hierdie drama word die verwoestende gebeure deur verskeie karakters se oë uitgebeeld word. Die tegniese en akoestiese aspekte daarvan was een van die mees ingewikkelde produksies vir radio tot dusver, en regisseur Leon van Nierop en sy tegniese span, waaronder Karen Gravett, het ure lank voorberei aan veral die tsoenami-byklanke, wat nog nie vantevore op radio gebruik is nie.
Leon van Nierop het die regie behartig; en Donna-Lee Roberts, Rolanda Marais en Melt Sieberhagen het die hoofrolle vertolk teenoor Stefan Vermaak, Christine Voorendyk en Ursula Vorster.
Luister saam op Donderdagaand 22 Mei om 20:00 op RSG of rsg.co.za, asook op potgooi na afloop van die uitsending en op Spotify.

