Oudkorrespondent Johan Allers woon al vir langer as drie dekades in Amsterdam. Nou afgetree, spring hy gereeld op sy fiets op soek na nuwe en ou pareltjes uit Amsterdam.
’n Tikkie nostalgie, ’n stukkie erfenis: In die volgende video in hierdie weeklikse reeks reis Johan terug in tyd. Hy besoek die Electrische Museumtramlijn Amsterdam.
- YouTube-skakel na onderstaande video: https://youtu.be/8AD_2VPa6eA


Kommentaar
Wat 'n pragtige, netjiese, skoon land - soveel trots en vriendelikheid. Die parate jong kondukteur doen sy werk met soveel trots en status. Hierdie pareltjie bring 'n knop in my keel waaraan ek hard moes sluk. Dankie hiervoor.
Ek sal dit vir hom sê, dankie.