Die 2025 Toyota Stellenbosch Woordfeesprogram is op 19 Junie 2025 by die Lanzerac-wynlandgoed in Stellenbosch bekendgestel. Die tema van vanjaar se fees is "Deel". Hier word foto’s van Lasché van Heerden (namens die Woordfees) en Naomi Meyer gedeel.

Met almal se aankoms deel die venue die vrug van sy oes met die gaste. (Foto: Lasché van Heerden)

Kom binne. Wees deel. (Foto: Naomi Meyer)

Foto: Lasché van Heerden

Deel in die vreugde: Die Toyota Stellenbosch Woordfees se program vir 2025 is op 19 Junie 2025 by Lanzerac bekendgestel. (Foto: Naomi Meyer)

Fiona van Kerwel, seremoniemeester by die geleentheid, en die bestuurder van WOW (Woorde open wêrelde): “In die gees van vanjaar se Woordfees-tema, Deel, moedig WOW ook deelnemers aan om woorde, kennis en kreatiwiteit met mekaar te deel en so nuwe wêreld oop te maak.” (Foto: Naomi Meyer)

Die gaste kon in ’n feestelike maaltyd deel en is deur die Woordfees getrakteer. (Foto: Naomi Meyer)

Danie Fölscher, voorsitter: Stellenbosch Woordfeesdireksie en -advieskomitee: “Kom deel en wees deel.” (Foto: Naomi Meyer)

Gaste by die geleentheid deel ’n paar grappe. (Foto: Lasché van Heerden)

Saartjie Botha, direkteur: Toyota Stellenbosch Woordfees: “Die Woordfees is ’n gedeelde ervaring. Deel met hulle wat nie hier is nie. Deel met diegene wat uitgesluit voel. Ons is nie besig met wiskunde, om te deel en te verklein nie. Die Woordfees se deel maak meer, maak heel en vermenigvuldig – uitkoms, geleenthede en genade.” (Foto: Lasché van Heerden)

Wanneer Saartjie Botha van die Woordfeesprogram vertel, is daar ’n tasbare gevoel dat die gehoor wil deel in elke item op die program. (Foto: Lasché van Heerden)

Soetgoed waarin almal kon deel. (Foto: Lasché van Heerden)

Soos Saartjie gesê het, beteken om te deel om te vermenigvuldig. Nog soetgoed vir die soettand. (Foto: Lasché van Heerden)

Die Woordfeesboekie is waardevol soos kleingoud. Mens moet tot heeltemal aan die einde van die funksie wag voordat dit uitgedeel word (een boekie per gas). (Foto: Lasché van Heerden)

Musiek en kuns is gedeelde belangstellings onder die gaste. (Foto: Lasché van Heerden)
Die program is bekendgestel. Doen jou deel. Koop ’n kaartjie.
Laai die Woordfeesprogram in PDF-formaat af.
Lees ook:
Persverklaring: Toyota Stellenbosch Woordfees 2025 – programbekendstelling

