Leefstyl
Stimuleer jou sintuie en leef jou uit: LitNet se ruimte vir elke leefstyl-voorkeur.
Stimulate your senses and express yourself: LitNet makes room for every lifestyle preference.
Om Gertjie se beautiful woorde in Beaufort-Wes daar te laat
2025-05-21"Sy doelbewuste posisionering as randfiguur in die Afrikaanse industrie dien ons blykbaar nie en vir die ons-is-nie-almal-so-nie clan is dit moeilik om met ’n afwesige profeet tevrede te wees."
Reënboogrant op TV: ’n onderhoud met twee van die reeks se draaiboekskrywers, Desiré Gardner en Mercy Kannemeyer
2025-05-21"Ek het absoluut verlief geraak op die materiaal, binne die eerste paar hoofstukke. Ek wou meer weet van Shani en die res van die interessante mense wat soms die mees onverwagse besluite neem en keuses maak. En ek wou daardie gevoel van 'net nog een bladsy' op die skerm deurbring."
Persverklaring: Netwerk24-kykNET-Rapport-pryse nou nog groter
2025-05-21Die ondersteuning van Afrikaanse skrywers kry ’n hupstoot met ’n verhoging in die prysgeld van die kykNET-Rapport-boekpryse, voortaan bekend as die Netwerk24-kykNET-Rapport-pryse.
Persverklaring: RSG Radioteater se argief – My Japan, Donderdagaand 22 Mei om 20:00
2025-05-20Angelique Naudé, ’n Engels-onderwyser in Japan, het die 2011-tsoenami eerstehands meegemaak en haar ervarings met die bekende joernalis Schalk Schoombie gedeel. Schalk het dit in ’n bekroonde radiodrama verwerk; Leon van Nierop het die regie behartig; en Donna-Lee Roberts, Rolanda Marais en Melt Sieberhagen het die hoofrolle vertolk. Luister saam op Donderdagaand 22 Mei om 20:00 op RSG.
Persverklaring: Première van Prinsloo se hemelvaartsoratorium ’n geskiedkundige gebeurtenis
2025-05-20Die gevierde komponis-dirigent Franco Prinsloo en sy bekroonde kamerkoor, die Vox Chamber Choir, maak binnekort musiekgeskiedenis met die première van sy hemelvaartsoratorium, Kroon van wonders. Die première vind plaas op 29 Mei 2025 en die opvolgkonsert op 1 Junie 2025.
Persverklaring: Marianne Thamm dryf spot met politiek by Hermanus Fynarts, 6–16 Junie
2025-05-19As jy ook vuisvoos is van ons land se politiek durf jy nie Marianne Thamm se komiese eenvrou-vertoning Round of applause reloaded by die Hermanus FynArts Festival misloop nie. Kom lag Junie maand lekker saam met ons vir ons land se absurditeite, en gaan huis toe met nuwe insig en hoop. Want, soos Thamm sê, sy het meer hoop vir Suid-Afrika as vir enige ander land.
Persverklaring: Kanna-wenners van KKNK 2025 aangekondig
2025-05-19Vanjaar se Kanna-wenners van die KKNK, geborg deur Absa, is op Donderdag 15 Mei aangekondig.
Pareltjes uit Amsterdam: ’n outydse tram
2025-05-18’n Tikkie nostalgie, ’n stukkie erfenis: In die volgende video in hierdie weeklikse reeks reis Johan terug in tyd. Hy besoek die Electrische Museumtramlijn Amsterdam.
Skrywers, boekliefhebbers, navorsers en musikante op pad na die Karoo
2025-05-16LitNet en sy vennote kondig graag aan dat daar ’n suksesvolle aansoeker was vir die 2025-inwoonskrywerskap in Cradock/Nxuba, en dat ’n lang lys skrywers, boekliefhebbers, navorsers en musikante op pad is na die Etienne van Heerden Veldsoirée wat van 25 tot 27 Julie 2025 in Cradock/Nxuba plaasvind.
Press release: Echoes of heritage at the Hermanus FynArts Festival 2025 – 6 to 16 June
2025-05-15The Hermanus FynArts Festival is a fusion of arts festival and winter school. "Heritage" is this year’s theme, weaving together a full programme of music, theatre, ballet, workshops, culinary demonstrations, food, wine, exhibitions and discussions. From jazz and Ghoema rhythms to stand-up comedy and storytelling, celebrate the richness and complexity of South African history, art, cultural identity and transformation.
Press release: Wake up with the Daily Maverick at Hermanus FynArts Festival, 9–13 June 2025
2025-05-14Hermanus FynArts is proud to announce a dynamic new addition to the FynArts Festival: Wake up with Daily Maverick, a compelling morning talk series taking place from 9–13 June 2025. Don’t miss this thought-provoking series, designed for those who believe in the power of information, debate, and democracy.
Persverklaring: Illustrasiekursus by die Breytenbach Galery op Wellington begin 21 Junie 2025
2025-05-14Gemotiveer deur die feit dat daar ruimte is vir heelwat meer illustreerders, veral in SA, wat die boek, storie en boekmaakproses ken, word die tweede omvattende en onafhanklike illustrasiekursus hierdie jaar in Suid-Afrika aangebied. Die kursus begin Saterdag 21 Junie 2025, duur 18 maande en bied aan kunstenaars die unieke geleentheid om aan die hand van gespesialiseerde hulp hul illustrasiedrome te bewaarheid.
Radio 786 se Barakat-program: ’n onderhoud met Fatima Allie
2025-05-13Die LitNet-insetsel is deel van Radio 786 se maandelikse Barakat-program. Barakat, met Fatima Allie, word aangebied in samewerking met die Afrikaanse Taalraad en LitNet. Tasneem Daniels gesels met haar oor onder meer Junie (Jeugmaand) se program.
Hedda Gabler: ’n teaterresensie
2025-05-13"Die stuk is meer as 135 jaar gelede geskryf, maar ongeag die tydvak waarin jy dit sou sien of eerder beleef, die verveelde, wilde vrou is nie tydsgebonde nie; ook laat ’n verlore liefde en verraad van die hart hom nie in ’n boksie sit nie, maak nie saak waar vroueregte op die wêreldranglys is nie."
Laurika Rauch – haar nalatenskap vir Afrikaans en Afrikaanse musiek
2025-05-13"Laurika se genuanseerde vertolkings meet druppel vir druppel betekenis af. Sy glo musikaliteit lê in frasering, want dit kom uit die hart, die longe, die bekken. Musiek moet jou op alle vlakke aangryp."
Pareltjes uit Amsterdam: Koningsdag 2025
2025-05-11Oudkorrespondent Johan Allers woon al vir langer as drie dekades in Amsterdam. Nou afgetree, spring hy gereeld op sy fiets op soek na nuwe en ou pareltjes uit Amsterdam. In die volgende video in hierdie weeklikse reeks besoek hy die besige strate van Amsterdam op Koningsdag 2025.
Toorkombuis: Afrikaans is my kombuistaal
2025-05-09"Ek droom en dink en skryf Afrikaans. Ek leef Afrikaans. Ek kook Afrikaans ... die taal sing in my kombuis. Ystervarkies en repelsteeltjies, murgpampoentjies en soetrissie, borriepatat, spruitkool, boerpampoen en pampoenkoekies, wonderpeper en fenegriek ..."
Die wenner van die Nagtegaal-tekspryswenner: ’n onderhoud met Dianne du Toit Albertze
2025-05-08"Dit was veronderstel om my tweede roman te wees, maar die karakters wou net eenvoudig nie alleenlik op papier lewe nie. En toe ontmoet ek vir Tinarie by laasjaar se teksmark en ons begin skryf e-briewe vir mekaar en kort voor lank het ek ’n muse gekry."
Die stories van Afrikaans op kykNET: ’n onderhoud met die kunstenaar Jotam Schoeman
2025-05-08"Elke tekening is met die hand geskep."
Die stories van Afrikaans op kykNET: ’n onderhoud met Danie Marais
2025-05-08"Ek dink nie enigiemand is verplig om baie oor Afrikaans na te dink as jy die program kyk nie, maar ek hoop dat dit kykers lus sal maak om dit te doen. Dit sal wonderlik wees as die reeks kan help om die persepsies van Afrikaans en die gesindheid teenoor die taal positief te verander."
