Leefstyl
Stimuleer jou sintuie en leef jou uit: LitNet se ruimte vir elke leefstyl-voorkeur.
Stimulate your senses and express yourself: LitNet makes room for every lifestyle preference.
Toyota Stellenbosch Woordfees 2025: ’n onderhoud oor Zoid Psalms
2025-09-02"Een van Karen [Zoid] se sêgoed is dat alle musiek spiritueel is. Sy maak dit voelbaar."
Persverklaring: Teksmark vier tien jaar van nuwe teatertekste
2025-09-02Teksmark, die KKNK se teksontwikkelingsprojek, vier op Donderdag 4 en Vrydag 5 September ’n dekade van unieke stories. Gehore wat Teksmark in die Baxter Studio by die Baxter-teatersentrum bywoon, kan uitsien na kreatiewe teksidees van Nicola Hanekom, Saartjie Botha, Willem Anker, Tertius Kapp, Veronique Jephtas, Nico Scheepers, Jason Jacobs en Devon Delmar, Carla Smith, Amee Lekas en Wilken Calitz.
Suid-Afrikaanse filmmakers wys hul slag by 13de kykNET Silwerskermfees: ’n feesoorsig
2025-08-29"Natuurlik kon daar net ’n handjievol wenners wees, maar vir vier glansdae by The Bay Hotel in Kampsbaai het die land se voorste akteurs, regisseurs, kinematograwe en vervaardigers hul oomblikke van glorie op die blou tapyt geniet."
The paradox of the biographer
2025-08-28"Grab a mug of coffee and settle down in your most comfortable chair, blanket on your knees and cat on your lap. I’m now going to tell you the unbelievable story of Athol Fugard and the Serpent Players – theatre against apartheid."
Uitnodiging: Merang en sang, ’n fees vir Afrikaans as inklusiewe taal
2025-08-28Die Departement Afrikaans en Algemene Literatuurwetenskap (UNISA) nooi jou hartlik uit na ’n spesiale aand van poësie, gesprek en musiek.
Pareltjes uit Amsterdam: ’n Kunstenaarskollektief in die bos
2025-08-28Oudkorrespondent Johan Allers woon al vir langer as drie dekades in Amsterdam. Nou afgetree, spring hy gereeld op sy fiets op soek na nuwe en ou pareltjes uit Amsterdam. In die volgende video in hierdie weeklikse reeks vertel Johan meer oor ’n kunstenaarskollektief in die bos.
Toyota Stellenbosch Woordfees 2025 en die EasyEquities-skrywersfees: ’n onderhoud met Bibi Slippers
2025-08-28Lees wat vertel Bibi Slippers oor belangrike items, soos hierdie een, op die skrywersfees se program: "Ek dink dis belangrik om ’n oop gesprek te voer oor die finansiële lewens van skrywers, want ons kan nie bekostig dat skrywers ophou skryf omdat hulle dit nie kan bekostig om skrywers te wees nie."
Khaki fever is louwarm
2025-08-27"In vandag se klimaat sal ’n Suid-Afrikaanse gehoor ’n goeie komedie verwelkom. Khaki fever se platvloerse humor en verbeeldinglose storie onderskat ons intelligensie."
Persverklaring: Hoërskool Dramafees-wenners in Kaapstad aangekondig
2025-08-27Die Hoërskool Dramafees, aangebied deur Artscape en Suidoosterfees van 18 tot 22 Augustus 2025, is met groot sukses afgesluit. Tien skole het gedurende die feesweek in Kaapstad meegeding en produksies van uitstaande gehalte gelewer.
Kultuuroorlog teen kommunikasie: Wat ons wil, kan, moet, mag, en nie durf sê nie.
2025-08-21"Die akademie se rol is om uiteenlopende idees met intellektuele eerlikheid én empatie te ondersoek en te bespreek – selfs (en veral) wanneer dit ongemaklik is. Die ware toets van ’n gesonde demokrasie lê nie in die afwesigheid van konflik nie, maar in die vermoë om opbouend en vrylik oplossings vir konflik te vind."
Welgemoed-kunstefees 2025: ’n onderhoud met Marieta Nel
2025-08-21"Die fees het vanjaar ’n groot musiekkomponent, maar boeke is ook ’n hoogtepunt. Antjie Krog is Saterdag 23 Augustus om 10h00 in gesprek met Iris Bester oor haar outobiografiese roman, Binnerym van bloed. Antjie het die hele land vol gereis om oor Binnerym te praat. Wat hierdie praatjie anders maak, is die speel van die televisiedokumentêr wat Iris 42 jaar terug oor Dot Serfontein gemaak het en Iris se toeligting daarvan."
kykNET Silwerskermfees 2025: Hen – ’n onderhoud
2025-08-21"Ons het baie vroeg besluit om Hen in swart en wit te verfilm. Kleur sou te veel verduidelik, te veel versag. Weg is die warm rooi van bloed of sonlig wat die veld mooi maak. Jy’t bloot tekstuur, beweging en stilte. Dit dwing ’n mens om nader te kyk."
"Die hele wêreld is op Erfdeel vandag."
2025-08-20"Dis net die verstoteling wat nog glo dat verlossing nie in onsself lê nie. Net die uitgeworpenes wat glo in die nodigheid van ’n sinjaalswenk en ’n aweregse Gees sodat ons ander voetstoots kan liefhê."
What Guy Butler saw
2025-08-20"He made a late and untheatrical entrance and stood there catching his breath as he faced us first-year drama students, expectantly clutching our brand-new copies of Brooks and Heilman’s Understanding drama."
Persverklaring: Artscape en Suidoosterfees vier Pieter-Dirk Uys se tagtigste met twee toneelstukke in September
2025-08-19Van 10 tot 20 September 2025 kan gehore No Space on Long Street, onder regie van Basil Appollis en met Terence Bridgett in die hoofrol, geniet, gevolg deur African Times, onder regie van Thoko Ntshinga en met Nosiphiwo Ndabeni, Olwethu Qavile, Busisiwe Mrubata en Sunny Yoon op die verhoog.
Gay, Kaaps én Moslem op die planke: ’n resensie van Please, don’t call me moffie
2025-08-19"Charles noem dat dit vir elke jong, gay Kaapse kind ’n manier is om hulleself in ander raak te sien en te voel dat hulle minder alleen in die wêreld is."
Skermgreep: Bring her back en Weapons – twee filmresensies
2025-08-19"Dis tyd dat regisseurs van grillers, wat deesdae lokettreffers is, besin. Ons moet ’n tree terugstaan en besluit wat is masochisties, gevaarlik en orgasties genotvol, en wanneer ’n bedrewe film soos 1980 se The shining jou nagmerries heerlik teister."
kykNET Silwerskermfees 2025: My f*k Marlize – ’n onderhoud
2025-08-18"Ons het doelbewus elemente van vermaak ingesluit, maar altyd met die Horns se essensie in gedagte. Die film moes voel soos ’n tuisvideo – eerlik en intiem."
Invitation to audition for the Karoo Youth Choir
2025-08-18"We are still looking for singers, therefore the recruitment goes on."
Persverklaring: Tuin van Digters 2025
2025-08-16Liefhebbers van die Afrikaanse digkuns kan uitsien na verskeie ander digtersgesprekke, musikante wat toonsettings van gedigte sing, voorlesings deur opkomende digters van hul gedigte en praguitstallings in die twee galerye.
