
Ons verhaal het op TikTok begin.
Ek en my man het op 13 Augustus 2025 getrou!
Dit was soos elke normale dag. Ek is werk toe. My geliefde is terug vanaf sy werk oorsee vir twee maande.
Hy het my die middag kom oplaai en ons is toe getroud.
Sommer binne-in die kraamafdeling by Binnelandse Sake waar die babatjies geregistreer word. Toe ek daar kom, wag die pastoor reeds vir ons. Alles was net so perfek.
Of dit nou daar was, of enige ander plek, dit was spesiaal.
Ons het ons beloftes uitgeruil en daarna weggestap as meneer en mevrou Schwartz.
Ons het ’n bottel sjampanje gaan koop, ’n wegneemete en by die see ons troue gevier!
Ek sal dit altyd koester.
Ons het toe die Saterdag gaan foto’s neem.
Ons fotograwe, Richardt en Charles, was fenomenaal. Hulle het elke oomblik vir ons vasgevang.
Ons storie is nog lank nie klaar geskryf nie.

