
Ek en my man is nou al gelukkig verby die sewe-sakke-sout-tydperk, maar ons giggel steeds oor die volgende gebeurtenis: Ek is ’n onderwyseres, en net voordat ek en my man die dansvloer geopen het, het hy vir my ’n stempel as ’n geskenk gegee wat sê “M Burger”, aangesien ek mos nou mevrou Burger gaan wees.

Die mense het te lekker gekuier en teen die einde van die aand het die meeste van die gaste die troue geëindig met ’n “M Burger”-stempelmerk iewers op hulle lywe. Ek self is teen die voorkop gestempel deur my man se nefie, so hard dat ek moes wittebrood gaan hou met ’n blou kol op my voorkop.
Almal sê dit sekerlik van hulle eie troues, maar ons troue was een was die beste dae van my leeftyd en die hele stempelaffêre is steeds iets waaroor ons vriende en familie lag.



Kommentaar
Ons het vir almal vertel ons gaan slaap op 'n ander dorp dié aand. Ons volkspelematers ry toe kastig vroeg terug Pretoria toe, maar eintik om ons 'n streep te trek op die dorp waar hulle gedink het ons gaan slaap. Ons besluit toe ons slaap sommer in ons troudorp in die hotel. Volkspelers het tot ligdag vir ons gewag wat nooit opgedaag het nie. My ouers verras vir oggendkoffie, ontbyt en padkos. Ons lag nou nog (na 60 jaar se huwelik) dat ons te slim was vir al die agies.