Ons troue was ’n plaastroue

  • 0

My familie kuier, natuurlik met voggies in die hand, altyd ’n hond uit ’n bos met enige samekoms. 

Ons troue was ’n plaastroue in alle opsigte. Boeremusiek het gespeel vir die ouer garde, daar is gedans op “Sylvia’s mother” van ene Dr Hook.

Toe die hoenders begin kraai vir die kooi, en dié wat moeg en oud en oorvol geëet was van die aand se pampoenkoekies en skaapboud gaan inkruip het, het ons jonger gaste die dansbaan oorgeneem.

Waaroor wil ek vertel? Terwyl ons nog “YMCA”, sien ons ’n pers wa inry by die venue.

En die letters: Martin’s Funeral Services!

My liewe oom het te diep in die suurdruiwesapbottel geloer en familie, of vriende, het hom in ’n lykswa kom haal!

Lewend in die lykswa.

Lees ook:

Wen met ’n vertelling oor jou troue!

My troudag

’n Dag vol hoop en liefde

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top