Leefstyl
Stimuleer jou sintuie en leef jou uit: LitNet se ruimte vir elke leefstyl-voorkeur.
Stimulate your senses and express yourself: LitNet makes room for every lifestyle preference.
My indrukke van Embeth Davidtz se Don't let's go to the dogs tonight
2025-10-09"Maar Embeth gee vir die kyker die geskenk – deur Bobo se oë, insigte in lig en donker, maar uiteindelik, in daai boheemse klompie sekondes – van hoop."
The hovering deur Petronel Baard en Louisa-Punt Fouché laat ’n mens asemhaal
2025-10-08"Die werk is maklik een van die mees paradoksale werke om te beskryf in die sin dat dit minimalisties kompleks is. Dis meervlakkig en bekruip die sintuie vanuit vele oorde, dog die skoonheid lê in die soomlose eenvoud daarvan."
Toyota Stellenbosch Woordfees 2025 press release: SboNdaba Dance returns home with In search of our humanity
2025-10-08After a triumphant national tour, SboNdaba Dance returns to the Western Cape with its acclaimed production In search of our humanity. This homecoming performance at the Toyota Stellenbosch Woordfees offers local audiences a rare chance to experience the company’s powerful artistry and storytelling. Praised for its striking choreography and evocative soundscapes, the production showcases the raw physicality of SboNdaba’s dancers.
Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-persverklaring: Wit, swart & volkleur serenades – Kruger & Tutu saam met die SA Jeugkoor, 11 Oktober
2025-10-08Die opkomende akoestiese duo Kruger & Tutu betree die verhoog saam met die amptelike Suid-Afrikaanse Jeugkoor by die Drostdy Teater op 11 Oktober om 20:00 as deel van hierdie jaar se Toyota Stellenbosch Woordfees.
Toyota Stellenbosch Woordfees 2025: Maak boerseep met Canettevallei
2025-10-08"Ingrid [de Waal] voel baie sterk oor ons kulturele erfenis en hou van boerseep as deel van ons erfenis. Daar is nie gereeld seepmaak-werkswinkels nie, so Maak boerseep met Canettevallei is ’n gulde geleentheid en uniek vir die Toyota Stellenbosch Woordfees."
Toyota Stellenbosch Woordfees 2025: ’n onderhoud met Veronica Bell
2025-10-08"Dis my begeerte dat mense nie onveranderd van ons konserte af sal wegstap nie!"
Deel jou lesersindruk met LitNet!
2025-10-08In die tyd van die Toyota Stellenbosch Woordfees, waarvan die tema vanjaar "deel" is, nooi LitNet lesers opnuut uit om hulle lesersindrukke met medelesers te deel. Skryf vir ons as jy ’n boek geniet het – en beslis ook as jy kritiek oor ’n boek wil uitspreek. Skryf oor ’n boek wat jou ongemaklik gemaak het. Skryf oor ’n boek wat jy nie kon neersit nie. Skryf oor ’n boek wat jy gelees het terwyl jy gewoonlik tyd op die sosiale media sou deurbring. Skryf oor ’n boek wat jy herontdek het. Dit hoef glad nie ’n nuwe boek te wees nie, en dit moenie ’n boek wees wat van ’n uitgewer af ontvang is nie.
Zalman in Pakistan
2025-10-08"Karachi is nie vir die first-time traveller nie. Hierdie plek is rou. Hier’s geen fasade nie."
Toyota Stellenbosch Woordfees 2025: Boek jouself in by Veldhospitaal
2025-10-08"Op die oomblik is die kunslandskap grotendeels ’n woestyn. Die kunstenaars moet stap oor die sandduine sonder enige water en aan die einde van die reis kry hulle een groot applous. En dan word hulle teruggestuur om dit weer te doen."
’n Pandok se liefde: ’n teaterresensie
2025-10-07"Hierdie produksie is vir die randfigure van die samelewing – selfs ’n spieël vir my eie lewe. ... As iemand wat grootgeword het in ’n wendy op die Kaapse Vlakte, sal ek die Departement van Onderwys aanraai om te belê in hierdie teaterstuk."
Toyota Stellenbosch Woordfees 2025: Ek is nie Danie – ’n onderhoud met Nico Scheepers en Albert Pretorius
2025-10-06"Ek dink werklik Danie [Marais] se gedigte is so blerrie roerend en mooi en toeganklik en dat ons ’n ervaring daarrondom skep wat meer is as net ’n tradisionele toneelstuk of ’n musiekvertoning of ’n poësievoordragprogram."
Spier se Routes of sound bekoor
2025-10-03"Routes of sound is die afgelope naweek vir slegs vier vertonings by Spier-wynlandgoed buite Stellenbosch aangebied. Ses musikante speel sonder orkes, sonder fênsie klank, sonder kolligte en rook. Eerlik en rou, soms só sag dat jy moet inleun om te hoor. Wiegend, peinsend en helend."
Pareltjes uit Amsterdam: Straatmusikante stuur groete
2025-10-02Oudkorrespondent Johan Allers woon al vir langer as drie dekades in Amsterdam. Nou afgetree, spring hy gereeld op sy fiets op soek na nuwe en ou pareltjes uit Amsterdam. In die volgende video ontdek hy twee straatmusikante wat groete stuur aan Suid-Afrika.
Konsertina en trekklavier is groot, 5 Oktober 2025: ’n onderhoud met Amira Willighagen
2025-10-02"Toe ek dit in my inbox sien, was ek baie opgewonde gewees, omdat die trekklavier ook ’n baie spesiale plek in my hart het. My pa het altyd saam met my in Nederland trekklavier gespeel terwyl ek opera gesing het. Dit is eintlik hoe ek begin sing het nog voor Holland’s got talent."
Persverklaring: ’n Huldeblyk, herdenkings en vermaak in RSG se tweede Radioteaterseisoen
2025-10-02RSG se tweede Radioteaterseisoen duur vanaf 2 Oktober tot 25 Desember. Luisteraars gaan bederf word met kreatiewe, oorspronklike tekste, iets uit die argief en ’n geskiedkundige heropname. Radioteater word elke Donderdagaand om 20:00 uitgesaai.
Persverklaring: Foxwoodfees 2025
2025-10-02Die Foxwoodfees vier in Oktober sy 11de jaarlikse Oktober-aanbieding van die werk van Suid-Afrikaanse kunstenaars. Die fees vind 24 Oktober tot 2 November 2025 in Johannesburg plaas.
Persverklaring: RSG Radioteater bied aan Die besoeker, Donderdag 2 Oktober om 20:00
2025-10-01Skakel in op RSG op 2 Oktober om 20:00 om na Die besoeker, ’n nuwe radiodrama deur Herman Cronjé, te luister.
Charl du Plessis tokkel die klawers op ’n ander manier
2025-10-01"Vanjaar doen hy verskeie interessante projekte by Momentum Aardklop: een saam met Nataniël, NATANIËL + CHARL: 25, en Charl du Plessis se Surf & turf."
Ek mis vir Trompie
2025-09-30In hierdie video bespreek Koos Kombuis drie boeke waarin die lewens van tieners beskryf word. Hy dink terug aan sy eie tienerjare, en nie alles was maanskyn en rose nie. Al drie die boeke is "uitstekende werke", maar hulle het hom ontstel.
Toyota Stellenbosch Woordfees 2025: ’n onderhoud met Saartjie Botha
2025-09-30"Die Woordfees word vanjaar vir die 25ste keer aangebied. Ons wou ’n tema hê wat ’n viering is, en hoe meer ons daaroor gedink het, hoe duideliker het dit geword dat viering nooit behoorlik in isolasie kan gebeur nie."
