Leefstyl

Stimuleer jou sintuie en leef jou uit: LitNet se ruimte vir elke leefstyl-voorkeur.
Stimulate your senses and express yourself: LitNet makes room for every lifestyle preference.

Pareltjes uit Amsterdam: ART ZOO

Johan Allers Leefstyl 2025-11-28

In hierdie video besoek Johan Allers ART ZOO, ’n projek deur Jaap Sinke en Ferry van Tongeren wat onder die kollektiewe naam Darwin, Sinke & van Tongeren (dikwels afgekort as DS&vT) sake doen.

Persverklaring: Artscape Accessibility-fees 3–6 Desember

LitNet Teater 2025-11-28

Ons is verheug om Kunstekaap se Accessibility-fees, ter viering van persone met gestremdhede deur middel van kreatiewe uitdrukking, aan te kondig wat van 36 Desember plaasvind en sodoende die Internasionale dag vir persone met gestremdhede (IDPD) te herdenk.

Brief en repliek: Beeldvorming van (Suid-) Afrikaanse digters in die Lae Lande

Alwyn Roux, Yves T'Sjoen LitNet-skrywersberaad 2025-11-27

Roux se lesingnotas het die vorm van ’n reeks briewe tussen hom en Yves T’Sjoen aangeneem. Roux sou vrae en probleme opper. T’Sjoen sou daarop antwoord. In hierdie lesing, gelewer tydens die Etienne van Heerden Veldsoirée, belig Roux die gesprekke wat tussen hom, T’Sjoen, hulle studente en ’n aantal deelnemende digters gevoer is.

Die Lasarus-effek: DF Malherbe (1881–1969)

Jannie Pretorius Visueel 2025-11-26

"Daniël François Malherbe was ’n kolos in die Tweede Afrikaanse Taalbeweging. Hy is in 1881 gebore en was as skoolseun al geesdriftig oor Afrikaans, en het toe reeds ’n taalkongres in die Paarl bygewoon. Hy was ook tydgenoot van Totius en AG Visser en hulle het saam gretig vir die poskar gewag om Di Patriot en Ons Klyntji te ontvang."

Die wimperlose bruid

Elzette Buitendach Leefstyl 2025-11-26

"Dit het my heeltemal onderstebo gegooi. Om ’n troue te beplan, voel skielik soos bergklim in pantoffels."

Elke bruid dra ’n droom in haar hart

Jodine Jacobs Leefstyl 2025-11-26

"Ons het daardie dag geleer dat liefde nie net bou op mooi oomblikke nie, maar op die moeilike oomblikke waar jy kies om saam te bly staan."

Die Lasarus-effek: Anna M Louw (1912–2003)

Jannie Pretorius Visueel 2025-11-26

"Anna M Louw is een van Afrikaans se belangrikste prosaïste, ’n 'eenloper' wat geweier het om deel van enige literêre beweging te wees."

Elders gesien: Clinton V du Plessis se "Gebed" deur KI gesing

LitNet LitNetKanaal op YouTube 2025-11-26

LitNet het toestemming gekry om hierdie video van die gedig "Gebed" te deel. Die gedig het in Clinton V du Plessis se bundel Verslag verskyn. Wat dink ons lesers van hierdie eindproduk? Deel asseblief julle sienings oor hierdie soort gebruik van KI, en ook oor die musiek.

Persverklaring: Vervolgverhaalveteraan bied feestydvermaak op RSG

LitNet Leefstyl 2025-11-25

Kersversierings van hoop deur Joe Kleinhans is ’n oorspronklike middagvervolgverhaal.

SteedsDink met LitNet Akademies: Jaco Beyers oor sy akademiese navorsing

Jaco Beyers LitNetKanaal op YouTube 2025-11-25

In hierdie video gesels Jaco Beyers (Godsdiensstudies, Universiteit van Pretoria) oor onder meer digitale nalatenskap, genadedood, sekularisasie en sinkretisme. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is. 

Kollig op akademikus Jaco Beyers: die verband tussen teorie en praktyk

Jaco Beyers LitNetKanaal op YouTube 2025-11-25

In hierdie video gesels Jaco Beyers (Godsdiensstudies, Universiteit van Pretoria) oor sy studies, sy ervaring as dominee, die verband tussen teorie en praktyk, en toekomstige navorsing. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is.

Ons "spesiale ete"

Mieke Rossouw Leefstyl 2025-11-25

"Dit was mooi. Dit was intiem. Dit was ’n ander tipe sprokie. Een wat nog nooit vertel is nie."

101 nagte

Christien Nesser Leefstyl 2025-11-25

"En so is ek op die vliegtuig en hy terug koshuis toe: die eerste getroude man in Sonop se koshuis. My pa se grappie: Ander studente bly saam sonder ’n trouring. Maar julle twee ...?"

Pareltjes uit Amsterdam: wildeveldjes met tulpen

Johan Allers Leefstyl 2025-11-21

Oudkorrespondent Johan Allers woon al vir langer as drie dekades in Amsterdam. Nou afgetree, spring hy gereeld op sy fiets op soek na nuwe en ou pareltjes uit Amsterdam. In hierdie video besoek hy ’n groep vrywilligers wat tulpe plant in ’n openbare park.

’n Aand van lag met Koebaai ou Koba in die Baai

Izak de Vries Teater 2025-11-21

"Ek moes terugdink aan my jeug vanaand. Koebaai ou Koba is ’n klug, en hierdie ensemble het alles uitgehaal om ’n klug daarvan te maak."

Toyota Stellenbosch Woordfees 2025: Boklied – ’n psigedeliese padkaart na binne

Dianne Du Toit Albertze Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-11-20

"Ek het die heropvoering van Boklied by die Toyota Stellenbosch Woordfees bygewoon met ’n klein groep gehoorlede, wat al minder geraak het met elke pouse." Dianne du Toit Albertze skryf indrukke oor hierdie stuk wat vanjaar weer by die Woordfees op die planke was.

Frederik van Zyl Slabbert (1940–2010) en die kwessie van Afrikaneridentiteit

Albert Grundlingh LitNet-skrywersberaad 2025-11-20

"Hy het besef dat Afrikaans, as gevolg van apartheid, aansienlike politieke bagasie dra, maar dit was nie voldoende rede om die taal oorboord te gooi nie. Dit was volgens hom eerder ’n uitdaging om ’n taal met soveel bekoring en uitdrukkingsvermoë te herbedink en op tersiêre vlak te laat herleef in ’n tyd van onvastheid en oorgang."

Die donker kant van die taal: Afrikaanse doods- en swartmetaal

Burgert A Senekal LitNet-skrywersberaad 2025-11-20

Hierdie lesing is op Vrydag 25 Julie 2025 te Cradock/Nxuba gelewer tydens die jaarlikse Etienne van Heerden Veldsoirée as deel van die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad. In sy bydrae som Burgert Senekal twee veel langer akademiese artikels op wat in LitNet Akademies gepubliseer is. Wees gewaarsku dat die video kru woorde bevat.

Toyota Stellenbosch Woordfees 2025: Ek is ook nie Danie

Dianne Du Toit Albertze Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-11-20

"Dan is daar ook die alleenheid wat volg – van skrywer-wees, hopeless romantic of net lone wolf – daardie isolasie en verlatenheid wat hier doeltreffend en roerend tot lewe kom." Dianne du Toit Albertze bied ’n retrospektiewe blik op Ek is nie Danie, wat vanjaar vier Woordtrofees ingepalm het.

Die Lasarus-effek: Topsy Smith (1914–1985)

Jannie Pretorius Visueel 2025-11-19

"Hoe aangenaam om Topsy Smith, wat ongeveer 200 boeke die lig laat sien het, uiteindelik in die oë te kan kyk en sy vriendelike glimlag te kan ervaar. Hy is natuurlik veral bekend vir sy jeugboeke, in die besonder die Trompie- en Saartjie-reekse, laasgenoemde onder die skuilnaam Bettie Naudé."

Top