Leefstyl

Stimuleer jou sintuie en leef jou uit: LitNet se ruimte vir elke leefstyl-voorkeur.
Stimulate your senses and express yourself: LitNet makes room for every lifestyle preference.

Lucky bastard

Anthony Akerman, André Hattingh LitNet-skrywersberaad 2025-12-11

He grew up in a good household near Durban. At a delicate age, he learned that he was adopted. It shook his sense of identity, as he no longer was the boy he had been brought up to be. In his recently completed memoir, Lucky bastard, Anthony Akerman focuses primarily on how his life was shaped by the knowledge of his adoption.

My leaves stay green: a soupçon

André Hattingh Etienne van Heerden Veldsoirée 2025-12-11

One of the songs from her 2013 album Change your world is called “My leaves stay green”. This song was written during her journey through chemotherapy. It is also the title of her recently published book of “poetree”, a collection of pop-up poems inspired by trees that she shared on Facebook during the COVID lockdown.

Kaapse Krismis – van die Kaapse Vlakte tot in Namakwaland

Naomi Meyer, Danneline Ramsden, Melissa Moses Teater 2025-12-11

"Alhoewel die storie afspeel in die Kaap, wou ons seker maak om Namakwaland daarmee te verbind. Dié dat ons dit toe in die teks weef met die wegsteek van Jesus, sodat Herodes hom nie kon kwaad aandoen nie. In ons storie vlug Josef en Maria met Jesus na Danneline se tuisdorp, Komaggas."

Skermgreep: Train dreams, ’n filmresensie

Leon van Nierop Film 2025-12-10

"Train dreams is nie die soort rolprent waarna jy kyk indien jy met jou afstandbeheerder kaperjol oor plakkate en name nie. Jy moet gereed wees daarvoor, jou brein toelaat om alles, selfs die fynste detail, in te neem sodat jou siel deur die rolprent gestreel kan word."

Persverklaring: RSG Radioteater, Misverstand deur Anene Loots op Donderdagaand 11 Desember om 20:00

LitNet Leefstyl 2025-12-10

Elna probeer haar wankelrige huwelik red deur vir haar man, Bert, ’n verrassingspartytjie te reël om sy 60ste te vier. Bert raak agterdogtig en kom tot sy eie gevolgtrekkings.

Bestekopname aan die einde van 2025: Cornelia Casaleggio praat oor die Wynlande Filharmoniese Orkes

Naomi Meyer, Cornelia Casaleggio Musiek 2025-12-10

"Die kunste en besigheid is vervleg."

Die Lasarus-effek: PJ Schoeman (1903–1988)

Jannie Pretorius Visueel 2025-12-10

"Pieter Johannes (Piet) Schoeman was een van Suid-Afrika se belangrikste natuur- en kultuurskrywers, wat intieme konneksies tussen die Afrikaanse letterkunde, veldbelewenis en volke­kunde gevestig het. Hy is in ’n nagmaalwa naby Utrecht in Natal gebore en word groot in ’n wêreld waar die veld, die Drakensberge, die Bosveld en die Zoeloekultuur sy vormingsjare diep beïnvloed."

Die Lasarus-effek: Andries Albertus Pienaar (Sangiro) (1894–1979)

Jannie Pretorius Visueel 2025-12-09

"Sy vormingsjare in Duits-Oos-Afrika (wat dele van die huidige Tanzanië, Rwanda en Burundi beslaan het), aan die voet van Kilimandjaro, het ’n lewenslange liefde vir diere en die tropiese landskap gevestig. Die plaaslike bevolking het hom die bynaam Sangiro, wat 'hasie' beteken, gegee omdat hy so vinnig kon hardloop – ’n naam wat hy later as skrywersnaam sou gebruik."

Toorkombuis: ’n traaifel vir vrede

Karen Hart Kos en wyn 2025-12-09

"Kersfees is om die draai. En hierdie jaar, het ek besluit, preek ek nie teen die oordaad van kreunende feestafels nie. My bydrae is ’n lekker dekadente koekstruif, soos die grênd mense sal sê. Maar in die volksmond bly ’n traaifel ’n traaifel."

SteedsDink met LitNet Akademies: Asambese Mkumatela oor haar akademiese navorsing

Asambese Mkumatela LitNetKanaal op YouTube 2025-12-04

Afrikaans is Asambese Mkumatela (US-Taalsentrum) se derde taal. In hierdie video gesels sy oor onder meer haar navorsing oor riglyne vir die ontwerp van ʼn taakgebaseerde sillabus met gefokuste pedagogiese vertaaltake vir Afrikaansvreemdetaalstudente, en Suid-Afrika as ’n meertalige land. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is.

Kollig op akademikus Asambese Mkumatela: meertaligheid in Suid-Afrika

Asambese Mkumatela LitNetKanaal op YouTube 2025-12-04

Afrikaans is Asambese Mkumatela (US-Taalsentrum) se derde taal. Sy vertel meer oor onder andere haar ervarings as student by die Universiteit Stellenbosch en meertaligheid in Suid-Afrika. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is.

Kinkels in die kabel

René Brits Leefstyl 2025-12-03

"My broer het my verras met my droommotor, ’n spierwit Rolls-Royce. Alles was net perfek en alles het perfek uitgewerk. Natuurlik moes daar egter ook kinkels in die kabel wees!"

Boas’e kom in Mei

Nelanie van Schalkwyk Leefstyl 2025-12-03

"In geloof het ek ’n boekie nader getrek en elke week ’n brief geskryf vir my koning wat sou kom. Die Boas wat ek nog nie ken nie, maar my begeerte was reeds na hom."

Die potensiële konflikkoek

Rita le Grange Leefstyl 2025-12-03

"Ek kan sien sy het iets dringend op die hart. Sy fluister geheimsinnig dat die koek toe nie lyk soos ek gevra het nie."

Die Lasarus-effek: Deneys Reitz (1882–1944)

Jannie Pretorius Visueel 2025-12-03

"Deneys Reitz se Commando: A journal of the Boer War, wat in 1929 gepubliseer is (in 1930 in Afrikaans), word wêreldwyd as een van die indringendste en lewendigste ooggetuieverslae van die Anglo-Boereoorlog (1899–1902) beskou."

Audi alteram partem – hoor die ander party

Anschen Conradie, Izak de Vries LitNet-skrywersberaad 2025-12-03

Anschen Conradie het Saterdag 29 November 2025, as ’n spesiale Koker-toekenning, ’n erepenning van die Afrikaanse Taalraad ontvang. In Julie 2025 het Conradie opgetree by die Etienne van Heerden Veldsoiree as deel van die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad, waar Izak de Vries en lede van die gehoor haar uitgevra het oor haar liefde vir boeke en haar enorme bydrae tot die bemarking van lees.

 

Persverklaring: RSG Radioteater, Vlugvoos deur Ronel Mostert op Donderdagaand 4 Desember om 20:00

LitNet Leefstyl 2025-12-03

In RSG Radioteater op 4 Desember word daar na ’n moordenaar gesoek en die logiese verdagte is die jong weduwee. Maar in Vlugvoos, deur Ronel Mostert, is alles nie soos wat dit op die oog af lyk nie.

Die Lasarus-effek: Thomas Ochse Honiball (1905–1990)

Jannie Pretorius Visueel 2025-12-03

"TO Honiball was ’n baanbreker en ’n reus in die Afrikaanse kultuur en kuns, en was veral bekend vir sy ikoniese strokiesprente. Hy is in Cradock, Oos-Kaap, gebore, en sy liefde vir tekenkuns het reeds toe hy ’n jong seun was, in Stellenbosch begin, waar hy op vaal, plat koshuisgrond met ’n stok sketse gemaak het."

Ses dinge djy’t by It’s boogie time ge’miss!

Tasneem Daniels Teater 2025-12-02

"By It’s boogie time is Ree Cornelius my niewe boogie champion, want hy’t ’n leqqa 'Copacabana'-opening number vi ôs gesing, met back-up dancers wat Lolla, Tony en Rico impersonate met yellow feathers en do the cha-cha en alles oppie stage!"

Vannie wal, af: ’n teaterresensie

Dianne Du Toit Albertze Teater 2025-12-02

"Tog weet mens een ding as jy die stuk klaar beleef het, Harris is hier om te bly. Ons spoel saam weg op die Eersterivier na dieper water, na stiller grond. Vannie wal, af los ons met die vraag: Wat bly oor van ons sonder die liefde?"

Top