Persverklaring: Luna Paige se drie nuwe enkelsnitte, nasionale toer en optredes by KKNK & Suidoosterfees.

  • 0

Na die sukses van haar eerste somervrystelling, Rustyd & Herhaal(Desember 2025), het liedjieskrywer en sangeres Luna Paige die bekendstelling van haar tweede enkelsnit, Die Oral” (The Everywhere), aangekondig. Die snit, wat amptelik op 6 Februarie 2026 bekendgestel is, dien as ’n roerende lofsang vir menslike konneksie en is ’n voorloper tot haar hoogsverwagte album, #DieReisigers. Die enkelsnit is op verskeie radiostasies se speellys ingesluit en die musiekvideo verskyn gereeld op KykNET NOU.

Paige sal die derde enkelsnit “Die Lyf” teen Meimaand bekendstel. “Die Lyf” is ’n viering van selfliefde en liggaamlike gesondheid.

’n Globale inspirasie

Die inspirasie vir “Die Oral” het vorm aangeneem op ’n stoep in Porto, Portugal, tydens haar reise in 2024. Terwyl Paige die universele taal van liefkosing vanaf ’n afstand dopgehou het—families wat op die kaai skater tot tieners wat op hawemure flankeer—is sy getref deur die inherente menslike behoefte aan veiligheid en gebondenheid.

“Om ’n vreemdeling in ’n vreemde land te wees, herinner jou net weer aan hoe eenders ons almal is en hoe afhanklik ons van mekaar is,” sê Paige. “Ons verloor so maklik dit wat ons as mense bind uit die oog. Ek het die frase ‘everywhere people loving people everywhere’ neergepen, en met my terugkeer na Suid-Afrika het ‘Die Oral’ lewe gekry.”

Die produksie

Om hierdie visie na die luggolwe te bring, het Paige weer kragte saamgesnoer met die vervaardiger en musikant André Scheepers. Die duo het die oorspronklike 2025-vertoningsweergawe van haar liedjies verfyn deur met vokale melodieë en instrumentele oorwurms te eksperimenteer. Die snit “Die Oral” spog met die kenmerkende kitaarwerk van Henry Steel wat die lied se klank help vorm het. Henry het ook sy hand tot baskitaar gewend, terwyl Paige ’n stemstyl wat effens buite haar tradisionele gemaksone lê, verken het.

Die #DieReisigers-toer, KKNK 30 & Suidoosterfees 2026

Luna Paige het nog ’n paar laaste vertonings in Kwazulu-Natal en die Wes-Kaap voor haar eerste toer van die jaar by KKNK (Klein Karoo Nasionale Kunstefees) tot ’n einde kom. Paige sal op 1, 2 en 3 April 2026 by Die Windpomp optree. Hierdie jaar vier die KKNK sy 30ste bestaansjaar—’n mylpaal wat Paige beskryf as “’n groot voorreg om in mee te deel”. Paige sien uit daarna om na afloop van KKNK in die pad te val saam met die Curro Create span – op soek na die vind en vier van talentvolle sangers en liedjieskrywers onder die jeug van Suid-Afrika. Met haar terugkeer bring sy “Op reis in 30 minute” na die Suidoosterfees, waarna sy weer Juniemaand in die pad val met optredes langs die Tuinroete tot en met die Oos-Kaap. Haar vollengte album “Die Reisigers” sal in September 2026 bekendgestel word. Daarna beplan Luna om Namibia en Nederland te besoek om die vertoning en album verdere vlerke te gee.

Oorblywende toerdatums

Luna Paige op Toer met Die reisigers in 2026

  • 20 Maart 2026 | The Knoll Historic Guest Farm | Hilton | Vir besprekings: WhatsApp of SMS Charles Webster by 082 331 7271
  • 22 Maart 2026 | Seabrooke’s Theatre | Durban | Koop kaartjies HIER
  • 27 Maart 2026 | Die Swart Kombuis | Koringberg | Koop kaartjies HIER
  • 01-03 April 2026  | Die Windpomp | KKNK | Oudtshoorn | Koop kaartjies HIER
  • 2-3 Mei 2026 | Luna Paige met “Op reis in 30 minute” | Suidoosterfees | Kunstekaap / Artscape | Kaapstad | Koop kaartjies HIER

 Of sien al die datums, insluitend besprekingskakels, hier: www.lunapaige.com

Musiekskakels:

Bandcamp

Apple Music

Spotify

SoundCloud

iTunes

Deezer

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top