
Elvis Blue is op pad na die Impetus-teater in Gqeberha. Op 13 Maart 2026 om 19:00 sal die Baai hom kan sien en hoor.
Moenie hierdie vertoning misloop nie! Bespreek vroegtydig!
Kaartjies kos R250 per persoon en is te koop by Quicket.
Met drie platinum- en twee goue albums, sowel as ’n lang lys top 10-treffers op sy kerfstok, is Elvis Blue ’n huishoudelike naam in Suid-Afrika. Hy word allerweë beskou as een van daardie seldsame kunstenaars wat met gemak en relevansie tussen die Engelse en Afrikaanse musiekgenres kan beweeg.
Jy kan dalkies twee kaartjies wen!
Die Impetus-teater gee twee kaartjies aan ’n gelukkige LitNet-leser. Jy en ’n metgesel sal hierdie geleenthede gratis kan bywoon.
Hoe om in te skryf:
- Stuur ’n e-pos na izak@litnet.co.za. Skryf “Elvis Blue” in die onderwerp.
- Voeg asseblief jou telefoonnommer by in die e-pos self.
- Inskrywings sluit op Dinsdag 10 Maart 2026 om 23:00.
Vir die fynskrif, sien hieronder.
Fynskrif:
- Die inskrywings sal vir ’n gelukkige trekking in aanmerking kom.
- Een wenner sal lukraak gekies word.
- Sy/hy/hulle sal toegelaat word om die kaartjies by die teater af te haal voor die aanvang van die vertoning.
- Deur in te skryf, laat jy LitNet toe om jou naam en kontakbesonderhede met die teater te deel.
- Geen korrespondensie sal oor die uitkomste van die kompetisie gevoer word nie.
- Wenners moet voorsiening maak vir hul eie vervoer na en van die geleentheid.
- LitNet en sy borge neem geen verantwoordelikheid vir beserings of verlies tydens, voor of na die geleentheid nie.

