
Stef Bos (foto: verskaf)
Dit was die pa van TV-maker Johan Badenhorst wat hom vertel het: “Die lewe moet ’n wals wees en nie ’n mars nie.”
Toe Stef Bos dit hoor - terwyl hy koffie drink met Johan - het hy geweet: Dit is ’n song, dit is ’n manier van kyk, dit is ’n manier van lewe. Dit is ’n antwoord in hierdie wêreld waarin die mens homsélf dikwels kwytraak. In oorlogsberigte, social media and kunsmatige intelligensie. Op soek na die geheel waarvan ons ’n deel is.
En so kom Stef Bos na Die Boer in Durbanville: Om te sing en te vertel van die lewe wat ’n wals moet wees.
Datum: 16 en 17 Januarie 2026 om 20:30 en Sondagmiddag 18 Januarie 2026 om 14:00
- Kaartjies kos R300 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com


Kommentaar
Al drie vertonings is reeds propvol.