Wil jy kaartjies wen? Impetus-teatertoneelgroep bring Koebaai ou Koba na die planke

  • 0

Die Impetus-teatertoneelgroep nooi gehore uit om hul lagspiere gereed te kry vir die skreeusnaakse klug Koebaai ou Koba wat van 20 tot 22 November by Impetus Teater opgevoer word.

Hierdie komiese toneelstuk, geskryf deur Nico Luwes en Elandi Theron, speel af in ’n ouetehuis waar chaos uitbreek wanneer die verkeerde pille deur die verkeerde mense gedrink word ... en sommige inwoners eenvoudig weier om dood te gaan!

Met spitsvondige humor, onverwagte kinkels en kleurvolle karakters beloof Koebaai ou Koba om ’n aand vol lag en lewenslus te bied.

Die stuk staan onder regie van Frans van der Merwe, Johanna Swart en Ruth Schlemmer.

Kaartjiebesonderhede:

Koop jou kaartjies by: tiny.cc/koba

Die stuk word op hierdie datums opgevoer:

  • 20 November om 19:00
  • 21 November om 19:00
  • 22 November om 15:00

Plek: Impetus Teater, Circularweg 29, Charlo, Port Elizabeth

Kom sê saam met ons Koebaai ou Koba en hallo vir ’n aand vol pure vermaak!

Jy kan dalkies twee kaartjies wen!

Die teater gee twee kaartjies weg aan ’n gelukkige LitNet-leser. Jy en ’n metgesel sal dan een van hierdie geleenthede gratis kan bywoon.

Hoe om in te skryf:
  • Stuur ’n  e-pos na izak@litnet.co.za. Skryf “Koebaai” in die onderwerp.
  • In die e-pos, vertel ons of jy op 20 November om 19:00, op 21 November om 19:00, of op 22 November 2025 om 15:00 die stuk sou wou sien. Voeg asseblief jou telefoonnommer by.
  • Inskrywings sluit op Donderdag 20 November om 11:00.

Vir die fynskrif, sien hieronder.

Fynskrif:
  • Die antwoorde sal vir ’n gelukkige trekking in aanmerking kom.
  • Een wenner sal lukraak gekies word.
  • Sy/hy/hulle sal toegelaat word om die kaartjies by die teater af te haal voor die aanvang van die vertoning.
  • Deur in te skryf, laat jy LitNet toe om jou naam en kontakbesonderhede met die teater te deel.
  • Geen korrespondensie sal oor die uitkomste van die kompetisie gevoer word nie.
  • Wenners moet voorsiening maak vir hul eie vervoer na en van die geleentheid.
  • LitNet en sy borge neem geen verantwoordelikheid vir beserings of verlies tydens, voor of na die geleentheid nie.
  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top