kykNET Portaal

Hupstoot of remskoen: kykNET se Storiefilms
2022-09-20"In te veel van die prente hoor jy ’n lakoniese klaviertjie agterlangs tokkel, ’n ekonomiese klankbaanopsie wat egter ’n eendersheid aan die flieks verleen." – Schalk Schoombie bekyk Storiefilms, kykNET se reeks Afrikaanse kortformaatrolprente, met ’n kritiese oog.
Fraksie op kykNET: ’n onderhoud met Louis Pretorius
2022-09-09"Ons ideale kyker is iemand wat nie bang is om uitgedaag te word nie. Om van die karakters te hou ten spyte van hulle feilbaarheid. Hulle is almal menslik, en almal probeer hard. Die kyker wat bereid is om in die spieël te kyk en bereid is om sy eie donker kant te sien, sal die reeks geniet."
kykNET-Rapport Boekresensent van die Jaar 2022: Kortlyste bekend
2022-08-24LitNet maak skoonskip by vanjaar se kykNET-Rapport Boekresensent van die Jaar vir langer resensies. Al drie genomineerde langer resensies op hierdie lys kom uit die LitNet-stal. Hier is al die inligting, asook die nominasies vir die ander resensies wat in die boekeblaaie verskyn het.
Persverklaring: kykNET-Rapport-boekpryse 2022: Kortlyste bekend
2022-08-14Vroueskrywers maak skoonskip op die twee fiksiekortlyste vir vanjaar se kykNET-Rapport-boekpryse. Onder hulle is die bekroonde digter Ronelda Kamfer wie se debuutroman Kompoun vir beide die kykNET-Rapportprys vir romans en die Jan Rabie-Rapportprys vir eerste of tweede prosawerke benoem is.
Skrywersfees 2022 op Woordfees TV: Volledige program
2022-07-13Die Woordfees TV-fees sal vanaf 15 tot 28 Julie op DStv-kanaal 150, en in Namibië ook op GOtv-kanaal 27, op die lug wees. Laai die volledige boekefeesprogram hier af.
Die vertreksaal ook op Woordfees TV: ’n onderhoud met Dana Snyman
2022-07-13"Ek dink soos ’n mens ouer word, besef jy toenemend dat jy aanhoudend moet vrede maak met verlies, van kleins af al. Jy verloor jou eerste hondjie, dalk ’n oupa of ’n ouma, later jou onskuld en so aan totdat die werklikheid van jou eie dood al hoe groter begin word."
’n Gesprek met al die Marte in Dinge van ’n kind
2022-06-13Mart word deur drie aktrises vertolk: Melissa Myburgh speel die jong Mart, Cintaine Schutte is Mart in 1992, en Susanne Beyers is Mart in die hede.
kykNET & kie se oorgeklankte Turkse telenovelas: ’n onderhoud met Waldimar Pelser
2022-05-18"Suksesvolle telenovelas spreek universele menslike temas soos verlies, romanse, familieverhoudings en ons plek in die samelewing en die wêreld op so ’n manier aan dat dit enersyds ontvlugting bied, ja, maar andersyds waarhede oor ons gedeelde menswees beskryf en selfs bevraagteken."
Dinge van ’n kind (kykNET-reeks) na aanleiding van ’n braaibroodjie
2022-05-06"Hier is baie om oor opgewonde te wees."
Hannon: ’n onderhoud oor Glam Guru se nuwe seisoen op kykNET
2022-04-06"Ek het al van kindsbeen af almal om my mooigemaak – my maatjies, hulle ma's en selfs onderwyseresse. Ek het toe al gesien hoe die tikkie positiewe aandag wat iemand kry wanneer hulle mooi lyk en dus beter voel oor hulself, 'n groot impak het op die oomblik. Skielik sien iemand hulself met 'n hernude potensiaal – 'n nuwe krag waarvan hulle nooit bewus was nie."
Persverklaring: Suidoosterfees se sterre presteer by kykNET Fiëstas
2022-03-29Stephren Saayman, een van die Suidoosterfees se NATi Jong Sterre, het pas ’n kykNET Fiësta ontvang as beste opkomende kunstenaar vir sy spel in die verhoogdrama Mannetjie. Die drama het verlede jaar by die fees gedebuteer.
Fiëstas-persverklaring: Die wenners en vereerdes
2022-03-282021 was steeds nie ’n feesjaar soos waaraan ons gewoond is nie, maar kreatiewe Suid-Afrikaners en feesmakers het nogtans nie teruggestaan nie. Dit is daarom besluit om wel vir ’n tiende keer Fiësta-toekennings uit te deel aan nie net uitblinkers in vier kategorieë nie, maar ook vier legendes en drie kunstenaars wat die afgelope tyd ’n duidelik merk in die kunste in Suid-Afrika gemaak het.
kykNET Silwerskermfees 2022: Apokaliptiese kortfilm Die beskermer ook diep persoonlike reis
2022-03-23"Tink leer uiteindelik dat die ontbrekende stuk om ’n familiebeskermer te wees, nog altyd binne-in haar was. Sy leer om daardie letsels nie uit te vee nie, maar om dit te omarm."
Afrikaaps is vanjaar ’n sterk element by kykNET Silwerskermfees
2022-03-22Maryke Roberts skryf oor vanjaar se kykNET Silwerskermfees wat van Woensdag tot Saterdag by The Bay Hotel in Kampsbaai gehou en ook aanlyn aangebied word. Verskeie kortfilms waarin die dialoog heeltemal of gedeeltelik in Afrikaaps is, speel hier: onder meer Aan/Af, Baber, Bergie, Net ons, My beskermer, Nagvoël en Verstikking.
kykNET Silwerskermfees-onderhoud: Gaia dalk dié kultusfilm van Suid-Afrika?
2022-03-18"Een van die films wat vanjaar by die hibriede fees, wat van 23 tot 26 Maart in Kampsbaai en op die Silwerskermfees-webwerf vertoon gaan word, is Gaia, wat in die kategorie vir beste speelfilm meeding. Dit het al verskeie toekennings regoor die wêreld ingepalm. Dis die eerste ekologiese grufilm in Afrikaans en het die Forbes Top 10-lys as beste riller vir 2021 gehaal."
“Mense moet hulle seatbelts saambring” – Etienne Fourie oor Stiekyt
2022-03-03"'’n Fliek is net so goed soos die mense wat daaraan werk, en Stiekyt is geseën met mense wat nie net talentvol is nie, maar ook toegewyd.' As mense wíl, glo hy vas, dan kan berge versit word. 'En hierdie span wóú.'" – Etienne Fourie vertel van Stiekyt wat binnekort by die Silwerskermfees draai.
Persverklaring: kykNET hou unieke 10de Silwerskermfees in Maart 2022
2022-01-25Rolprentmakers, filmstudente, en fliekvlooie van oraloor moet beslis hul 2022-kalenders oophou vanaf 23 tot 26 Maart. Dís die nuwe datums vir kykNET se spesiale 10de Silwerskermfees wat dié keer ’n byderwetse, hibriede baadjie aantrek.
’n Onderhoud met Retief Scholtz, hoofskrywer van Suidooster op kykNET
2022-01-19"[E]k dink altyd aan ’n ma wat hoor haar kind huil, of twee verliefdes wat die eerste keer vir mekaar sê hoe hulle oor mekaar voel, of wat deur jou kop gaan wanneer jy jou vinger met ’n hamer raak slaan. Daai gevoelens is dieselfde vir ons almal, maak nie saak wie ons is of waar ons vandaan kom nie. Dis waar ek my woorde gaan haal. As skrywer klim jy in jou karakter se hart – dis jou werk."
Alles Malan 2 op kykNET: ’n onderhoud met René van Rooyen
2021-12-01"[Ons] wou baie graag ’n verhaal vertel wat die hele gesin, van oud tot jonk, saam voor die televisie sit. Iets alledaags, waarmee die algemene kyker hulself kon vereenselwig en hul families raaksien."
Nêrens, Noord-Kaap: ’n Juweel in Suid-Afrika se TV-kroon
2021-10-21"’n Reeks soos hierdie kan egter nie gebeur sonder ’n uitsonderlike draaiboek nie, en dit het Nico Scheepers meesterlik reggekry."
