Hannon praat met Naomi Meyer oor Glam Guru wat besig is om die vere reg te skud vir ’n volgende seisoen op kykNET.
Hannon, dis amper tyd vir nog ’n seisoen van Glam Guru. Wanneer het jy besef dis vir jou ’n passie om mense goed oor hulleself te laat voel?
Ons het almal ’n verantwoordelikheid om hierdie wêreld ’n beter plek te maak en om ’n positiewe verskil in iemand se lewe te kan maak. Ek het nog altyd geglo dat wanneer iemand vir haarself of homself goed lyk, hulle soveel meer selfvertroue het om enige uitdaging makliker te oorkom. Ek pas dit beslis ook in my eie lewe toe en sorg dat ek elke dag hou van die persoon wat ek in die spieël groet, want as ek myself kan inspireer met ’n positiewe voorkoms, kan ek moontlik ook iemand anders inspireer. Ek het al van kindsbeen af almal om my mooigemaak – my maatjies, hulle ma’s en selfs onderwyseresse. Ek het toe al gesien hoe die tikkie positiewe aandag wat iemand kry wanneer hulle mooi lyk en dus beter voel oor hulself, ’n groot impak het op die oomblik. Skielik sien iemand hulself met ’n hernude potensiaal – ’n nuwe krag waarvan hulle nooit bewus was nie.
...........
Ek het al van kindsbeen af almal om my mooigemaak – my maatjies, hulle ma’s en selfs onderwyseresse. Ek het toe al gesien hoe die tikkie positiewe aandag wat iemand kry wanneer hulle mooi lyk en dus beter voel oor hulself, ’n groot impak het op die oomblik. Skielik sien iemand hulself met ’n hernude potensiaal – ’n nuwe krag waarvan hulle nooit bewus was nie.
............
Ek is dus al my hele lewe lank besig met voorkomstransfomasies, en toe kry ek die geleentheid op Glam Guru om kykers ook prakties te wys en te inspireer hoe om my wenke en voorstelle in hul eie lewe te kan implementeer.
Ek sê “goed oor hulleself te laat voel”, want ek het in een van jou video’s gehoor jy sê ’n dag wat mens nie op jou beste lyk nie, is ook ’n dag wat mens nie goed oor jouself voel nie – en dis ’n vermorsde dag. Dink jy dus voorkoms speel só ’n belangrike rol in iemand se lewe? Dat hoe jy op ’n gegewe dag lyk, sóveel bepaal van hoe mens oor jouself voel? Of hoeveel hang dit af van wat mense van ’n mens raaksien en hulle persepsies?
.........
Jou voorkoms bepaal hoe ander jou as mens ervaar en hoeveel geleenthede jy gegun word. Almal wil graag omring word deur mense wat energiek en positief lyk en praat. Jou voorkoms is iets wat jy self tot ’n groot mate kan beheer met ’n bietjie beplanning.
...........
Jou voorkoms bepaal hoe ander jou as mens ervaar en hoeveel geleenthede jy gegun word. Almal wil graag omring word deur mense wat energiek en positief lyk en praat. Jou voorkoms is iets wat jy self tot ’n groot mate kan beheer met ’n bietjie beplanning. Wanneer jy soggens in die spieël kyk, moet jy jouself altyd afvra watter tipe beeld straal jy vandag uit – ’n beeld van iemand wat positiewe geleenthede verwelkom of iemand wat bang is om enige nuwe verantwoordelikhede te oorweeg en wat liewer net wil wegkruip. Ons moet almal gereeld ’n masker dra van ’n sterk en selfversekerde persoon. Op ’n dag wanneer jy net lus is om in jou kamer weg te kruip, maar jy het ’n dag van verantwoordelikhede wat voor jou uitstrek, kan jou masker van selfvertroue jou dra. Baie suksesvolle mense sal erken dat jy soms met opset suksesvol moet lyk sodat jy in jou eie sukses kan glo. Om jouself elke dag te versorg is ’n noodsaaklikheid, want jy moet altyd gereed wees as ’n deur van positiewe geleenthede vir jou oopmaak. Mooilyk en mooimaak moet dus nie net vir spesiale geleenthede gebêre word nie, maar is deel van jou elke-dag-goedvoel-ervaring. Elke persoon het sy of haar eie skoonheidspotensiaal en dus moet jy nie verlam word deur die vooropgestelde voorkomste wat tydskrifte en die media vir ons voorstel van hoe ’n mooi en suksesvolle persoon behoort te lyk nie. Leer om jou beste eienskappe meer te beklemtoon en hoe om jou foute te verbloem, dan kan jy elke dag jóú beste weergawe wees.
..........
Baie suksesvolle mense sal erken dat jy soms met opset suksesvol moet lyk sodat jy in jou eie sukses kan glo. Om jouself elke dag te versorg is ’n noodsaaklikheid, want jy moet altyd gereed wees as ’n deur van positiewe geleenthede vir jou oopmaak. Mooilyk en mooimaak moet dus nie net vir spesiale geleenthede gebêre word nie, maar is deel van jou elke-dag-goedvoel-ervaring.
..........
Wat is ’n paar gratis skoonheidswenke vir vroue in hierdie tyd terwyl baie mense (steeds) tuis werk en nie noodwendig kantoordrag dra nie?
- Trek jou slaapklere uit en skep ’n skoonheidsroetine waar jy steeds elke dag tyd opsy sit om aandag te gee aan jou vel, ’n tikkie grimering en ’n netjiese haarstyl.
- Sorg dat jou klere jou liggaam en gelaat vlei, so al is dit ’n sweetpak, sorg dat die snit en kleur jou goed laat lyk.
- Minimale grimering sluit ’n maskara en lipkleur in, so wend dit elke dag aan sodat jy duideliker lyk en voel wanneer jy in die spieël kyk.
- Spuit ’n tikkie parfuum aan om jou te herinner dat jy elke dag as ’n geskenk en ’n spesiale geleentheid moet beskou.
- Skielik het jy al die tyd om ’n voggewende gesigmasker vir jouself aan te wend, want niemand hoef in jou witgeverfde gesig vas te kyk nie.
- Drink eerder water as koeldrank of koffie, en as jy dit uit ’n mooi glas drink, voel jy ook sommer meer spesiaal.
- Eksperimenteer met nuwe haarstileringstegnieke, want as dit nie goed uitkom nie, gaan niemand jou sien nie. Probeer outydse haarrollers of vleg jou hare voor jy gaan slaap saans, sodat jy die volgende oggend ’n nuwe karteling kan geniet.
En wat van ’n paar skoonheidswenke vir mans, in soortgelyke omstandighede?
- Noudat jy tyd het, maak tyd vir ’n weeklikse pedi- en manikuur. ’n Man kan met goedversorgde voete en hande spog.
- Probeer ’n eenvoudige velsorgroetine deel maak van jou lewe. Was jou gesig twee maal per dag en gebruik daarna ’n olievrye vogroom.
- Skaf ’n elektroniese skeermessie aan waarmee jy die hare in jou neus en ore kan beheer.
- Versorg jou skoene deur die sole en veters skoon te was asook deur politoer aan te wend.
- Skenk klere wat jy nie meer dra nie, aan minderbevoorregtes. Deur slegs klere van ’n tiptop toestand in jou kas te hê kan jy elke dag soveel beter lyk wanneer die dag begin.
Waarna kan kykers uitsien in die nuwe seisoen van Glam Guru?
Glam Guru gaan altyd oor ongelooflike voorkomstransformasies waar kandidate meestal hulsélf nie eens herken nie. Dis die wenresep van hierdie makeover-program wat nooit gaan verander nie. Die temas van hierdie reeks is egter so inspirerend en wys vroue wat ’n positiewe verskil begin maak na ’n tydperk van terugslae. Een kandidaat gee twee maal per dag 500 kinders kos uit haar woonstelkombuisie. Iemand anders het die krag gekry om weer op te staan nadat haar wederhelf haar met R26 miljoen se skuld agtergelaat het na sy afsterwe. In hierdie reeks ontmoet ons selfs ’n vrou wat weggestap het van dwelmmisbruik en nou weer ’n goeie werk gekry het en met haar kinders verenig is. Elke episode het ’n tema wat ons kykers sal inspireer en hoop gee ten opsigte van hul eie lewens en voorkoms.
Kommentaar
Asb, kies my ook eendag! Ek is 49 en wil ook mooi voel, asb! Asb, help my ook.
Sal graag meer wil uitvind aangaande oogskadukleure.
Hi. Ek is 65 en gaande oor jou program. Sal baie bly wees as ek vir jou volgende program gekies kan word. Woon in Wes-Kaap.