Hannon: ’n onderhoud oor Glam Guru se nuwe seisoen op kykNET
2022-04-06"Ek het al van kindsbeen af almal om my mooigemaak – my maatjies, hulle ma's en selfs onderwyseresse. Ek het toe al gesien hoe die tikkie positiewe aandag wat iemand kry wanneer hulle mooi lyk en dus beter voel oor hulself, 'n groot impak het op die oomblik. Skielik sien iemand hulself met 'n hernude potensiaal – 'n nuwe krag waarvan hulle nooit bewus was nie."
