kykNET Portaal

Persverklaring: Vyf dinge wat jy móét weet van Jy is my seun
2023-03-20Dié nuwe titel vervang die gewilde Kind van die noodlot wat ná 148 episodes Donderdag 16 Maart tot ’n einde gekom het.
Persverklaring: Belinda en ’n paar nuwe gesigte gaan oplui dat dit klap!
2023-03-18Wanneer die kykNET-komedie Lui maar op, Belinda vroeg in April weer na die kassie terugkeer, gaan kykers vir Chris van Niekerk in die rol van Frans, die geliefde karakter in die reeks, sien. Eric Nobbs, wat voorheen die rol van Frans vertolk het, het tydens die produksie van die reeks op 23 Oktober 2022 gesterf.
LitNet en hoofvennoot Suidoosterfees se Stemme-projek wen Blou Fiësta!
2023-03-10Stemme, LitNet se monoloogprojek wat in samewerking met die Suidoosterfees (hoofvennoot), KKNK en NATi aangebied is, het die Blou Fiësta by die kykNET Fiësta-toekennings gewen. Melt Myburgh, wat die projek namens LitNet bestuur het, het die toekenning in ontvangs geneem. Hierdie geleentheid het op 9 Maart 2023 by die Waterfront in Kaapstad plaasgevind.
Persverklaring: Blink nuwe Turkse telenovela vir kykNET&kie – Jy is my seun
2023-03-09Telenovelas uit Turkye het kykers die afgelope tyd oorrompel en hulle kan nie genoeg kry van dié reekse met hulle beeldskone vroue, aantreklike mans, Turkse landskappe, intriges en drama nie. En goeie nuus is dat daar ’n splinternuwe telenovela, Jy is my seun, op 20 Maart begin wat beloof om kykers nes die vorige wegholsuksesreekse te boei.
Persverklaring: Twee kultuurlegendes vereer by 13de kykNET Fiëstas
2023-03-08Die skrywer, digter en aktivis Diana Ferrus en die musiekmaestro Hubert van der Spuy word vanjaar by die 13de kykNET Fiëstas vir hulle lewensbydraes tot die kunste vereer. Vanjaar se Fiëstas-toekenningsgeleentheid word op 9 Maart in Kaapstad gehou.
Persverklaring: Romantiese fliek spesiaal vir Valentynsdag op kykNET
2023-02-09Nie net ’n liefdesbrief aan Kaapstad nie, maar ook ’n liefdesbrief aan almal – selfs dié wat al deur die meul is – wat nog in liefde glo.
Mooiweer en warm ’n bruisende rivier op pad see toe
2023-02-09"Wanneer dit vloei (in vlooimarktonele en by die dam) is Mooiweer en warm ’n lekkerte; ’n bruisende rivier op pad see toe. Wanneer dit opdam en sloer (in melodramatiese binnetonele), begin die krake wys."
Persverklaring: En die benoemdes vir die 13de kykNET Fiëstas is ...
2023-02-03Die wêreld het stadig maar seker weer in 2022 uit sy dop gekruip en die kunste in Suid-Afrika het weer eens gewys dat niks ons veerkragtige kunstenaars sal keer om werk van wêreldgehalte te vervaardig nie.
Persverklaring: ’n Bus uit Oekraïne Maandag 9 Januarie uitgesaai
2023-01-05Maandag 9 Januarie 20:30 kan kykers vir die aangrypende dokumentêre program, ’n Bus uit Oekraïne, op kykNET (DStv-kanaal 144) inskakel. Die fokus is die merkwaardige verhaal van die Suid-Afrikaner, Johan Oldenburg, wat 52 Oekraïniese vlugtelinge gered en vervoer het na Nederland.
Persverklaring: Dolf van Niekerk op kykNET gehuldig
2023-01-05Dolf van Niekerk is op Oujaarsdag in die ouderdom van 93 oorlede. As huldeblyk saai kykNET op Sondag 8 Januarie 20:30 ’n Stroom Op-episode uit wat handel oor sy lewe en die bydrae wat hy tot die Suid-Afrikaanse literêre wêreld gelewer het.
Persverklaring | press release: Evita in Excelsior
2022-12-29Suid-Afrika se bekendste wit vrou kry die eer wat haar toekom in Evita in Excelsior, wat Dinsdag 10 Januarie om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) begin. | South Africa’s best-known white woman receives the honour and tribute she deserves with Evita in Excelsior which starts Tuesday 10 January at 20:00 on kykNET (DStv Channel 144).
Persverklaring: Desember is propvol kykgenot op die kykNET-kanale
2022-12-05Van ’n Afrikaanse Kersblyspel wat spesiaal vir hierdie feesseisoen vervaardig is, tot die première van ’n speelfilm oor ’n groep kinders wat op die Suid-Afrikaanse platteland by die rykes wil steel om vir die armes te gee. Gooi ’n sopie of twee humor, musiek en rugby in, dan het jy die perfekte kykgenot hierdie feesseisoen.
Persverklaring: Magda Louw begin 2 Januarie 2023 op kykNET
2022-11-29Desiré Gardner (veral bekend vir sepierol in Suidooster) is skrywer en hoofkarakter. Hannes van Wyk speel teenoor haar. Die reeks is die uitvloeisel van gelyknaminge kykNET-storiefilm.
Persverklaring: 2023 kykNET-Rapport Boekpryse.
2022-10-27Uitgewers word hartlik uitgenooi om weer boeke voor te lê vir die 2023 kykNET-Rapport Boekpryse. Al die nodige inligting, sowel as die inskrywingsvorm, is hier beskikbaar.
kykNET-Rapport-boekpryse 2022: Afrikaanse skrywers en resensente bekroon met R1 miljoen
2022-09-24Die Covid-pandemie en grendeltyd het skitterende gevolge vir die Afrikaanse boek ingehou, te oordeel aan die kreatiwiteit, diepte en reikwydte van titels wat vanjaar meegeding het om die kykNET-Rapportpryse. Die wenners betrek van ’n herverbeelding van die plaasroman tot die skeibrekers van die Dorslandtrek tot charismatiese lekepredikers tot vroue in opstand teen die patriargie.
kykNET-Rapport Herman Binge-filmprys 2022: Die getuienis deur Francois Smith
2022-09-24"Die boek verras die leser van begin tot end; dit voer gelowige én ongelowige mee ..."
kykNET-Rapportprys vir fiksie 2022: Vier susters deur Gerda Taljaard
2022-09-24"Natuurlik gaan dit ook om die oorlog tussen man en vrou, en die letsels wat dit laat. In hierdie opsig blink die roman uit as een wat nie net breed kyk nie, maar ook diep kyk."
Jan Rabie-Rapportprys 2022: Kompoun deur Ronelda Kamfer
2022-09-24"In Ronelda Kamfer se debuutroman Kompoun is ’n taalvirtuoos aan die slag; ’n meester wat die Afrikaanse taal soos ’n outydse viool bespeel."
kykNET-Rapportprys vir niefiksie 2022: Van Humpata tot Upingtonia deur Nicol Stassen
2022-09-24"Net soms verskyn daar ’n boek wat heeltemal ongewoon en uitsonderlik is. Nicol Stassen se Van Humpata tot Upingtonia is só ’n kultuurprestasie."
kykNET-Rapport-boekresensent van die jaar 2022: Commendatio's
2022-09-24"In Izak de Vries se bespreking van Francois Smith se tweede roman word ’n velerlei ander skrywers en boeke betrek om leeskringe te help om hulleself ten opsigte van dié boek te oriënteer."
